Eindtyd Studie


Eindtydstudies is uiters belangrik vir die Eindtydkerk. ons moet weet wat kom en wanneer dit sal eindig . wat sal die volgende Groot gebeurtenis in Eskatologie wees wat beteken Studie van die eindtyd Bybelprofesieë. Pastoor Dirk ons ​​Eskatologie-onderwyser het verskeie artikels en boeke wat hierdie onderwerp verwant. Gratis vir jou om af te laai, te druk en veilig te hou vir toekomstige verwysing: Die beste is om die Eindtyd Meesterplan van God op jou vingerpunte te ken om te weet wat op ons wag, maar meer die wêreld om ons!

Pastoor Dirk het verskeie eboek beskikbaar oor die Onderwerp , Ons heg dan 2 hierby aan , Beide Beskikbaar in English EN Afrikaans

Pastoor Dirk , Hoe ver is ons in die Eindtyd in en wat is volgende ?

alle skrif uit die 33 en 53 vertalings

A – as ons kyk na die 7’s van Openbaring
die 7 Seels , die 7 Trompette , die 7 Donders en die 7 Plae,

Wag ons tans vir die 6de seel om oopgemaak te word , en ons wag tans vir die 5de Trompet om te blaas .

Die eerste 5 Seels is al oopgemaak , en die eerste 4 Trompette het al geblaas . Die 7 Donders vind eers plaas by die 7de Trompet en die 7 Plae eers na die 666 merk van die dier ingestel is deur die Antichrist.

Kom ons kyk na die 5 seels wat oopgemaak is alreeds, seel is vrystelling van Geloof of geeste

1st Seel – Wit Perd – was die Romeinse Katholike Kerk of geloof . wat net na Jesus se opstanding begin hardloop het , Openb 6 en Sag 6 .

Openb 6:1 En ek het gesien toe die Lam een van die seëls oopmaak; en ek het een van die vier lewende wesens hoor sê, soos die geluid van ‘n donderslag: Kom kyk!
6:2 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit perd. En hy wat daarop sit, het ‘n boog; en aan hom is ‘n kroon gegee, en hy het uitgegaan as ‘n oorwinnaar en om te oorwin.

Sag 6:1 En ek het weer my oë opgeslaan en gekyk—daar was vier strydwaens wat tussen die twee berge uit te voorskyn kom, en die berge was berge van koper.
6:2 Voor die eerste wa was bruin perde, en voor die tweede wa swart perde,
6:3 en voor die derde wa wit perde, en voor die vierde wa bont perde, sterkes.
6:4 Daarop het ek aangehef en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer?
6:5 En die engel het geantwoord en vir my gesê: Dit is die vier winde van die hemel wat uitgaan nadat hulle hul gestel het by die Here van die ganse aarde.

die 2de Seel – Rooi Perd – was die Kommunisiese Geloof of stelsel wat ingekom het , soos Rooi Rusland , Rooi China , Openb 6 en Sag 6

Openb 6:3 En toe Hy die tweede seël oopgemaak het, hoor ek die tweede lewende wese sê: Kom kyk!
6:4 En ‘n ander perd, ‘n vuurrooie, het uitgekom, en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en ‘n groot swaard is aan hom gegee.

die 3de Seel – Swart Perd – was die Kapitalistiese stelsel of geloof wat in gebring is , Europa en Amerika ens . Openb 6 en Sag 6

Opnb 6:5 En toe Hy die derde seël oopgemaak het, hoor ek die derde lewende wese sê: Kom kyk! En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n swart perd; en hy wat daarop sit, het ‘n skaal in sy hand.
6:6 En ek het ‘n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: ‘n Rantsoen koring vir ‘n penning en drie rantsoene gars vir ‘n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie.

die 4de Seel – Vaal Perd eintlik Lig Groen – is die Muslim/Islam Geloof . of ISIS wat in 2011 begin dood maak het .

Openb 6:7 En toe Hy die vierde seël oopgemaak het, hoor ek die stem van die vierde lewende wese sê: Kom kyk!
8 En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde.

die 5de Seel is n Christen verdrukking wat reg oor die Wereld begin het in 2012 , in die Ooste en Middeooste en ooral in die wereld . moenie verwar word met die groot verdrukking wat eers plaas vind na die instelling van die 666 nie. Open 6 en 13

Openb 6:9 En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.
10 En hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
11 En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog ‘n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees.

Ons wag tans vir die 6de seel om oopgemaak te word , wat die Wederkoms van Jesus is . Dit vind plaas tydens die wraak van God na die 6de Plaag en net voor die 7de Trompet . Matt 24 en Openb 6

Openb 6:12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed;
13 en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval;
14 en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit;
15 en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,
16 en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam;
17 want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?

Ook die woorde wat Jesus Gebruik het

Mat 24:29 En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word.
Mat 24:30 En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid.
Mat 24:31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan.

1 Kor 15:51 Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,
15:52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

Die 7de seel is die Slag van Armageddon Openb 16 .

Openb 16:15 Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.
16:16 En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.

Kom ons kyk na die 4 trompette wat reeds geblaas het , Trompette is Oorloe .

1st Trompet = 1st Wereld Oorlog , Openb 8

:7 En die eerste engel het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. En ‘n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand. In die 1st Wereld oorlog was daar n reel as jy grond verloor , Kap die Bome af en brand die gras.

2de Trompet = 2de Wereld Oorlog , Openb 8

:8 En die tweede engel het geblaas, en iets soos ‘n groot berg wat brand met vuur, is in die see gegooi. En ‘n derde van die see het bloed geword,
Rev 8:9 en ‘n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en ‘n derde van die skepe het vergaan. Die atoom bom in Hiroshima het gelyk soos n Berg wat brand wat in die see gegoei is , en 1/3 van alle skepe in die wereld is gesink in die oorlog.

3rd Trompet = Die begin van die Atoom Bom tydperk , die Atoom ongeluk in Rusland , Chernobyl .Openb 8, Chernobyl beteken Wormwood / Wilde als in Russies.

10 En die derde engel het geblaas, en ‘n groot ster wat soos ‘n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op ‘n derde van die riviere en op die waterfonteine.
11 En die naam van die ster word genoem Alsem; en ‘n derde van die waters het als geword, en baie mense het gesterwe van die water, omdat dit bitter geword het.

4de trompet = Die begin van die koue oorlog , die Val van die Berlyn muur in Duitsland , Openb 8

12 En die vierde engel het geblaas, en ‘n derde van die son is getref en ‘n derde van die maan en ‘n derde van die sterre, sodat ‘n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so.

Die Waarskuwing Kom vir die volgende 3 Trompette

Openb 8:13 En ek het gesien en gehoor ‘n engel wat in die middel van die hemel vlieg, wat met ‘n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!

Ons wag tans vir die 5de Trompet , ‘n Super Vulkaan wat gaan omplof en ‘n derde van die aarde gaan toegoei met as , dit gebeur +- 1 Jaar na die 666 geimplementeer is en kondig die Wraak van God aan! Openb 7 , 9 en 16 .

Openb 7:3 en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie.

Openb 9:2 En hy het die put van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van ‘n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.
9:3 En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het.
9:4 En aan hulle is gesê dat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie.
9:5 En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van ‘n skerpioen wanneer hy ‘n mens steek.
9:6 En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug.

Openb 16:1 En ek het ‘n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit.

Die 6de Trompet oorlog of die 3de Wereld oorlog vind plaas na die 3 Plaag van God se wraak , alle nasies veg vir die laaste geblikte kosse en gebotteled water , wyn en Olie op aarde . Openb 9

Openb 9:14 en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.
9:15 Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om ‘n derde van die mense dood te maak.
9:16 En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; en ek het hulle getal gehoor.

Die 7de Trompet kondig die Wegraping en net daarna die Slag van Armaggedon aan Openb 10 en 16

Wat is Volgende ?

Die Gog en Magog Oorlog , ‘n Atoom Bom afgevuur teen Israel vanaf Syria met die weermagte van Rusland , Iran , Turkey , Lebanon , Libye , Syria , Hezbollah ens . God klap die atoom bom terug en vernietig Lebanon , Syria dele van Iraq , Iran en Turkey en tot so veras rusland . Ezeg 38 en 39

Eze 39:8 Kyk, dit kom en gebeur, spreek die Here HERE. Dit is die dag waarvan Ek gespreek het.
Eze 39:9 En die inwoners van die stede van Israel sal uitgaan en vuur maak en stook met die wapens: klein en groot skilde, met boë en pyle en knopkieries en spiese; en hulle sal daarmee vuur maak sewe jaar lank;

Daarna kom die Joodse Messiah (Nie Jesus nie ) op die voorgrond en teken ‘n 7 jaars vredes verdrag tussen die Israelies en die Wereld , Daniel 9

Dan 9:27 En hy sal een week lank (7 jaar) met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

Daarna gee die Joodse Messiah vir Israel toestemming om hul 3rd Tempel te bou , en van die dag wanneer die tempel ingehuldig word 7 Jaar Later vind die Wederkoms , die Wegraping en die Slag van Armageddon plaas , Die 6de seel , 7 de Trompet , 7de seel , 7de Plaag en die 7 Donders waar God met die Mens in n hoorbare stem die sonde van die wereld aanspreek . Openb 11, 12 en 16

Openb 11:1 En ‘n riet soos ‘n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.
11:2 Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee en veertig maande lank vertrap.
11:3 En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend twee honderd en sestig dae lank sal profeteer.

Openb 12:17 En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar (Joode) en die getuienis van Jesus Christus hou (Christene).

Openb 16:15 Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.
16 En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.
17 En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en ‘n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!
18 En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het ‘n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie so ‘n geweldige groot aardbewing.
19 En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van sy toorn.
20 En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie;
21 en groot hael, omtrent ‘n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat sy plaag ontsettend groot was.

LAAI U GRATIS EBOOKS HIER AF

IN AFRIKAANS