Personeel Opleiding

Waarom ‘n Huis Kerk Cell Groep

‘n Mens se hele lewe word bepaal deur verhoudinge en dit vorm die basis van ‘n SEL GROEP.  Die beste voorbeeld hiervan is ‘n huisgesin, en is dan ook die manier deur God daargestel vir die eerste aardse familie.  Omdat die huisgesin die eerste teiken was wat die Satan gebruik het om aan te val naamlik Adam, Eva, Kain en Abel het God ons ‘n nuwe voorbeeld gegee van Jesus en sy twaalf dissipels wat die eerste hemelse familie gevorm het. Die volmaakte familie of Sel groep sal “Jesus” hê as die lewe van die sel (Die sogenaamde D.N.A. wat die wetenskap aangee as die faktor wat die lewe gee in enige lewende organisme)  D.N.A. = “Deoxyribo Nucleic Acid”.  “JESUS is die  D.N.A. die bloudruk, die bron van lewe, die genetiese kode wat die sel wys hoe om te groei”.

Die volmaakte verhouding tussen God en mense word in Mark. 12 : 28-34 gegee as die grootste van alle gebooie naamlik dat God EEN is en dat die mens God sal liefhê  met sy hele hart, siel, verstand en krag en sy naaste sal liefhê soos homself. Hieraan hang die hele wet en die profete volgens Matt. 22:40.

Waarom die “EKKLESIA” HUIS KERK / Sel groep?

      Dit was die eerste sel groep wat deur Jesus gestig was: Matt 16:18 waar “Gemeente” uit die Griekse “Ekklesia” vertaal is en dit beteken: “Uitverkorenes van God”.

      Op Pinksterdag het hierdie eerste “Ekklesia” of “Gemeente” dan ook ontstaan en het dit verder gegroei soos God daagliks by die “Ekklesia” gevoeg het volgens

      Hand. 2 : 47. Vandag word Sel groepe hoofsaaklik in die lewe geroep om in ‘n steeds groeiende behoefte in die lewe van baie gelowiges te voorsien naamlik die praktiese uitlewing van die waarhede van die Bybel. Die Ekklesia Sel groep is gebaseer op  die volgende beginsels:

  1. Studie volgens behoefte

          Ekklesia sel groepe se studies word deur die gelowige groep self bepaal op grond van vrae wat gevra word. Die studies is informeel gemaklik omdat daar voortdurende persoonlike mededeling en interaksie is. Elkeen word betrek, en doen mee, waardestelsels word opgebou, geloof word versterk en ‘n atmosfeer van “ek wil nie net ontvang nie maar ook gee” word aangekweek. Ware aanbidding tot die Here is die uiteindelike sentrale fokuspunt van die samekomste.  Alhoewel kennis van die Bybel primêr is, is dit uiteindelik nie “hoeveel ek weet nie.”  maar wel “hoeveel ek omgee.”

  • Nie ‘n vooraf opgestelde kursus nie

      Dit is nie algemene vrae en antwoorde van ‘n Bybel Kursus wat volgens ‘n vooropgestelde program werk nie, want daarvan is daar oorgenoeg in byna al die Kerke. Die klem op die Ekklesia Sel groep val op die behoefte en vrae van die gelowige groep  self en met die Bybel as antwoord daarop. Die Bybel word dus weer die kern bron van studie en inligting en op grond daarvan kan uitgereik word na ‘n wêreld wat soekend is na God se antwoorde vir hulle behoeftes.

  • Nie “my kerk en my werke”

Die meeste gelowiges voel gerus dat hulle op die regte pad wandel wat die ewige lewe as beloning vir hulle waarborg verkry deur “my Kerk” en “ my goeie werke”. Vir die meeste mense beteken dit om een of twee maal ‘n week ‘n Kerk by te woon en verder ‘n voorbeeldige lewe te probeer lei.  DIT IS PASSIEWE GODSDIENS. Ongelukkig is dit glad nie die Bybelse voorskrif nie.

Die  Ekklesia  Sel  groepe  is  egter  daarop  ingestel  om  by  Gelowiges  ‘n AKTIEWE, MEELEWENDE en MEDEDELENDE  GODSDIENSTIGE lewenspatroon te kweek, soos deur die Bybel voorgehou word. Eers dan word die Bybel ‘n lewende WOORD waar kern waarhede duidelik na vore kom, en kan eeue-oue waardes weer herontdek word.

4.0    Die wêreld se etiese waardes kwyn

          In  ‘n  wêreld waar  etiese  waardes  daagliks  wegkwyn  voel baie  mense  sonder hoop  en verwagting en as te ware soos verstote weeskinders. Daarom kan die belofte van onse Here Jesus “Ek sal julle nie as Wese agterlaat nie” opnuut ‘n nuwe, vol lewe waarborg. Ekklesia groepe glo aan hierdie leiding deur die Heilige Gees.

4.0    Die wêreld se etiese waardes kwyn

          In  ‘n  wêreld waar  etiese  waardes  daagliks  wegkwyn  voel baie  mense  sonder hoop  en verwagting en as te ware soos verstote weeskinders. Daarom kan die belofte van onse Here Jesus “Ek sal julle nie as Wese agterlaat nie” opnuut ‘n nuwe, vol lewe waarborg. Ekklesia groepe glo aan hierdie leiding deur die Heilige Gees.

5.0    Rus jou toe vir ‘n Bybelse Lewenswyse

          As die opwindende lewenswyse, en uitkyk asook daaglikse geloofs toepassing van die vroeë gemeentes weer die lewe vul van vandag se gelowiges dan  kan nuwe vriendekringe ontstaan waar mense omgee vir mekaar en die geselskap nie beperk is tot die nuutste nuus, politiek, sport en T.V. programme nie.

Wat die Ekklesia Sel groepe nie is nie :

Geen  Sel Kerk nie want hulle werk nie  as ‘n  Sel groep  van of vir ‘n  Kerk nie.

Geen Staats geregistreerde Kerk nie.

Geen Liefdadigheidsorganisasie nie.

Geen Politiek Gemotiveerde Beweging nie.

Geen Menseregte Organisasie nie.

Wat die Ekklesia Sel groepe wel is :

Gestig : In ongeveer die Jaar 33  op  Pinksterdag  Hand. 2:36-40. Konstitusie: Die Bybel

Lidmaatskap: Gratis.

Plek van Samekoms: Van huis tot huis. Hand. 2: 46 (b) Doel: Om te werk vir Jesus.

Alles in die lewe word saamgestel uit selle en hierdie selle bestaan in ‘n sekere verhouding tot mekaar.

Saam vorm hulle ‘n geheel maar fisies is elke sel nie direk in kontak met al die ander nie.

Jesus het twaalf dissipels gehad en die bevel gegee dat dissipels van mense gemaak moet word.  Volgens hierdie  voorbeeld sal die regte verhouding om dissipels te maak dus twaalf wees.  Daarom moet ‘n sel groep sodra hy meer as twaalf persone is begin om te verdeel in ‘n volgende sel groep.                               

As dit nie verdeel word nie stagneer die sel groep en is net op ‘n eiesoortige voortbestaan toegewys met geen verdere groei nie.

UITNODIGING NA HUIS KERK

      U word hartlik uitgenooi om ‘n Sel groep by te woon.

      By die huis van:                                                                                                                                     

      Adres:                                                                                                                                                       

      Datum:                                                      

Tyd:                              

Tel:                                       

Lesing 2

1.0 Doel van ‘n Sel byeenkoms

      Heb. 10:24 ‘En laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor;

      Heb. 10:25 en laat ons, ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom’.

      Binne in konvensionele kerkverband is dit onmoontlik vir lede om op mekaar ag te gee.  Dus kan hierdie teks in vandag se passiewe godsdiensstelsel in formele kerke nie uitgeleef  word nie, behalwe in ‘n klein groepie of in selle.                                         Omdat die vroeëre gemeentes hoofsaaklik in huise bymekaar gekom het,  was dit vir hulle moontlik om mekaar te ondersteun en te bou.

2.0 Plek van ‘n Sel byeenkoms

      ‘Van huis tot huis’.  Dit is alleenlik in ‘n huis waar ‘n mens meer intiem bewus kan raak van mense se behoeftes en gebreke.  Omdat selle juis daartoe gerig is  om mekaar te ondersteun is dit van primêre belang dat die werklike toedrag van elk se posisie daagliks besef moet word.

      Gal. 6:2 ‘Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus’.

      Die woord mekaar kom 57 keer voor in die sendbriewe van die Apostels en dit beklemtoon die verhouding van gelowiges van die een teenoor die ander.

      Daarom is dit verkieslik om sel byeenkomste beurtelings by lede se huis te hou. As ‘n spesifieke saal of plek gereeld gebruik kan word is dit dalk gemakliker maar dan moet lede ‘n baie spesiale poging aanwend om mekaar aan huis te besoek ten minste een keer per week. Dit kan dalk volgens ‘n rooster gedoen word sodat niemand per abuis oorgeslaan word nie.

3.0 Vorm van ‘n Sel byeenkoms

      Aangesien die vorm van ‘n sel byeenkoms uiteindelik die sukses of ineenstorting van elke sel groep uiteindelik gaan bepaal is dit noodsaaklik om baie breedvoerig hieroor te besin.  Die belangrikste oogmerke is om voorsiening te maak vir die vier verhoudings soos in lesing 1 uiteengesit naamlik:  Die verhouding tussen  God en mens,  mens tot God,  mens tot mens en mens tot wêreld.  Om ‘n praktiese kronologiese voorstel te gee vir die moontlike  verloop van ‘n tipiese huis sel diens gee ons die volgende indeling.

3.1 Inleiding

      Om die algemene, alledaagse gesprekke en begroetings, wanneer almal opgedaag het by die diens, te halt en oor te gaan tot die werklike doel sal die sel leier of assistent (as hy afgevaardig is of word) op staan en aankondig dat die sel byeekoms gaan begin.

Hy sal almal verwelkom, veral enige nuwe besoekers by name, indien onbekend sal hy navraag doen. Verder sal hy veral die gasheer en gasvrou bedank vir die gebruik van hulle huis.  Dan sal hy open met ‘n gebed.  As hierdie soort van formele, dog vriendelike en gasvrye opening nie gedoen word nie sal die hele byeenkoms geneig wees om voort te sleur en naderhand in ‘n gewone kuiery ontaard.

3.2 Bekendstelling en Ontluiking (Mens tot mens verhouding)

Hierdie fase is die mens tot mens fase en behoort op ‘n baie ontspanne wyse geïmplementeer te word.  Dit is baie belangrik dat elke lid ‘n kans op deelname gegee sal word.  Indien iemand te skaam is om iets te sê, moet hy of sy met ‘n vraag betrek word.  Die vrae moet nie ongemaklik of moeilik wees om te antwoord nie en ook nie net ‘n ja  of  nee of  een korrekte  antwoord  hê  nie. Vrae soos: ‘Hoe voel jy omtrent ………………’  ‘Wat dink jy oor …………………………….’          ‘Hoe sal jy ……………………….’  of ‘Vertel ons van …………………………….’  kan gebruik word om ‘n persoon aan te moedig om te begin praat.  Die sel leier kan self die voorbeeld stel,  as daar ‘n spesifieke tema aangeraak gaan word,  deur dit te antwoord.  Sy manier sal heel waarskynlik gevolg word.  As hy kort en saaklik is sal almal so wees en as hy langdradig en uitbreidende is sal ander hom volg.  Hier is dit die verantwoordelikheid van die leier om vooraf die tema vas te gestel het. Besprekings moet kort gehou word. Dit is noodsaaklik dat almal beurtelings deelneem.      Die leier kan byvoorbeeld sê: ‘Kom ons begin vanaand by Sarie en dan gaan ons kloks gewyse elkeen aan’. Sy voorstel moet duidelik en maklik wees.  Die gedagte is om persone te betrek, maar nogtans gemaklik te laat voel.

Moet nie te veel verwag van hierdie ontluikings of opwarmings fase nie,  maar moet dit ook nie oorslaan nie.  Duur van fase  +  20 min.

3.2 Lofprysing en Aanbidding (Mens tot God)

God woon in die lofprysing van Sy volk.

      Psalm 22:4 ‘Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!’.

      Die lede word genooi om saam te sing.  As iemand met musiek kan begelei is dit

‘n goeie idee. Aangesien daar nie baie huise is wat musiekinstrumente soos klaviere en  orrels het nie  is dit  ‘n  goeie  idee  om  draagbare instrumente te gebruik soos kitare, trekklavier of slaginstrumente. Moedig lede altyd aan om musiek te beoefen (veral kinders) want dit mag later van groot waarde wees vir ander sel groepe in die toekoms.

Tye van sang en musiek kan afgewissel word deur gebede byvoorbeeld ‘n ketting gebed, of gebede vir ‘n spesifieke persoon of saak. Maak gebruik by uitstek om te bid vir lede of familie van lede wat siek is of probleme ondervind. Hier kan ook die salwing van siekes gedoen word.

      Jakobus 5:14 ‘Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het’. Hierdie is by uitstek geleenthede om die lede te leer om deur gebede op die Here te vertrou.

‘n Tema vir ‘n ketting gebed of om die Here te verheerlik kan ook genoem word. ‘n Tyd van stilte terwyl almal sag bid sê ‘n minuut of twee (uiters) kan baie seëninge afgee,  net soos om in stilte ‘n bietjie op die Here te wag.

Gesamentlike aanroep van die Here terwyl een of twee hardop voorgaan en ander saamstem of selfs wanneer die hele groep tesame hardop bid kan soms ‘n geweldige geseënde atmosfeer veroorsaak.

Aangesien God dikwels deur Sy Heilige Gees in sulke aanbiddings momente deur tale of uitleg van tale tot mense spreek moet lede gereed en biddend wees tydens sulke heerlike oomblikke. Laat die skrif dat niemand hiervan weerhou word om in tale te spreek nie hier baie duidelik geld.      I  Kor.  14:39 ‘Daarom,  broeders,  beywer  julle  om te  profeteer  en  moenie verhinder dat daar in tale gespreek word nie’.

Met die keuse van liedere kan die leier by tye ‘n tema uitwerk en die liedere dan so opnoem.  Gee voldoende tyd  en geleentheid na die sing van ‘aanbiddingsliedere’ vir lede om oor te gaan tot spontane aanbidding en lofprysing. Tye wanneer die Heilige Gees optree in gemoedere van lede is kosbare oomblikke en moet altyd benut word.  Wanneer die Heilige Gees werk is enige wonder of openbaring moontlik en ons as mens kan maar met ‘n wonderbare toewyding meedoen.

3.3 Bybelstudie (God tot mens)

      Met Bybelstudie het die groep ‘n onuitspreeklike bron van inligting tot hulle beskikking.

3.3.1  In  die  algemeen  word  Bybelstudie  deur  die  meeste  Sel  kerke  beperk  tot ontleding en verklaring van die vorige Sondag se gepredikte woord of boodskap. Dit is nie ‘n voorskrif wat ons wil volg nie.  Ons mening is dat die salwing van die boodskap nie ‘n saak van uitleg en filosofiese verklaring  agterna is nie.  Sulke teoretiese ontledings is gewoonlik nie baie waardevol nie en laat baie ruimte vir wanopvattings en meer as die oorspronklike bedoelde betekenis van die boodskap.

3.3.2  Ons benadering is dat die enigste werklike belangrike besprekingspunt vir sulke sel groepe  die vrae is wat vir die lede of groep belangrik is.  So ‘n vraag word dan gesamentlik oor besluit en dit is dan die vraag wat deur elkeen ondersoek word in die week .  Elkeen word dan ‘n geleentheid gegee om sy of haar mening te huldig.  Hier is dit dan die verantwoordelikheid van die sel leier om die saak op te som en die nodige skrifte te gee om die antwoord uit die Skrif te bevestig.

3.3.3  Indien daar nie ‘n spesifieke vraag is wat beantwoord moet word nie,  dan het die leier ‘n hele horde van onderwerpe om uit te kies wat voorgelê kan word omdat besprekings gewoonlik nie op ‘n basis van die Kerk, of ‘n besondere Genootskap  se dogma berus nie,  maar daar in diepte van ‘Wat sê die Skrif?’  ‘n verklaring gesoek word.  Dit het tot gevolg dat die temas van bespreking vooraf deur  lede en veral die leier en sy assistent baie deeglik bestudeer moet word. Uit ondervinding het hierdie benadering al ‘n hele interessante reeks van studies tot gevolg gehad het en daar is dan ook baie van hierdie temas op aanvraag beskikbaar vir agtergrond studie.

3.3.4  Die benadering tot studie op grond van vrae uit die sel groep se eie geledere is ‘n baie goeie manier om belangstelling te wek en te behou vir bywoning van die sel byeenkomste. Daar is gevind dat sulke vrae  gewoonlik baie entoesiasme en nuuskierigheid, gepaard met persoonlike motivering, by die groep uitlok.

3.4 Uitreiking (Mens tot Wêreld)

Omdat die vrae wat behandel gaan word vooraf  bekend is,  is dit vir groeps lede maklik om iemand met wie hulle bekend is uit te nooi om die volgende sel groep by te woon.

3.4.1  Die bevel van die Here aan sy Apostels was om dissipels van Jesus te gaan maak en hulle te leer. Die klem van sel groepe van Ekklesia val op hierdie belangrike beginsel en nie daarop om lidmate vir ‘n kerk te werf nie.

3.4.2  Die sel groep lede,  afgesien van hulle kennis wat hulle verkry, doen ook verder prakties ervaring op deur die wesentlike uitlewing van hulle geloof. Daardeur word hulle toegerus om hulle eie getuienisse uit te dra, en om die Evangelie van redding en verlossing in Jesus se Naam aan ‘n verloorgaande, en daagliks meer, Kerklose mensdom te verkondig.

3.4.3  Dit wat lede geleer het tydens die sel groep se byeenkoms stimuleer hulle om ook  aan  ander  die  Evangelie  van  redding  te  wil  uitdra. Sel  leiers  moet voortdurend hierdie belangrike saak uitlig en beklemtoon.

4.0 Afsluiting

Die sel groep word afgesluit met gebed nadat daar gesamentlik besluit is oor die plek, datum en tyd vir die volgende byeenkoms sowel as die vraag wat behandel gaan word.

 Sel leiers moet veral versigtig wees om nie voortdurend net sy eie tema en besluit oor vergaderings  te  gee  nie,   maar  om  almal  te  betrek,  anders  sal  sommige  lede  dalk belangstelling verloor.  Dit gaan hier om die groep se belangstelling en entoesiasme.

Lesing 3

1.0 Die belangrikheid van Groeps leiers

Om te veel waarde te heg aan groep leiers as die nodigste element in die sukses van sel byeenkomste en groei klink aanvanklik asof dit ‘n oordrywing kan wees.  Per slot van sake is dit tog die werk van die Here deur Sy Heilige Gees en nie die pogings van die mens wat beklemtoon moet word nie.  Maar as ons kyk na die Bybel dan is dit juis presies hoe God nog altyd  werk. Deur  mense  en  meer  spesifiek  deur  ‘n  mens  wie  God  daartoe  opwek  en voorberei.  Dan verder is dit ook nie altyd die persoon wie ons sien as die mees waardige, geskikte en bes voorbereide nie, maar dikwels juis die een wat werklikwaar ‘n ongeveinsste liefde vir God se Woord het,  wie bruikbaar is vir God se werk.

1.1 Hedendaagse Kriteria vir ‘n Leier

 In die moderne wêreld  word ons van kleins af geleer dat die persoon wie die beste presteer  uiteindelik  die  verste  gaan  kom.Sekerlik  is  dit  waar  wat  baie  van  die sportwêreld en sakewêreld aanbetref.  Verder is dit baie definitief ook so dat ‘n persoon met goeie opleiding, vaardigheid en afrigting gewoonlik ook goed presteer en sukses kan bereik in die wêreldse beroepe van sport tot politiek.

Met geloof werk dit baie keer anders.  Hier is dit dikwels die persoon met somtyds nie die beste kwaliteite nie, wie deur die Here geroep word. Dink aan Moses met sy spraakgebrek, die Apostels met hulle karige opleiding as vistermanne, die Apostel Paulus  met sy krankheid.  Tog het die Here hierdie mense afgesonder vir ‘n spesiale taak.  Dikwels  was die geroepenes ook nie sonder verskonings en gewillig uit hulle eie nie. Maar God het hulle geroep, geplaas, blootgestel, getoets, ontwikkel en magtig gebruik.

2.0 Geestelike Leiers

‘n Groot fout wat ons soms maak as ons besin oor wie ‘n geestelike leier kan wees is om dikwels te meet aan tegniese reëls, vereistes en kwalifikasies.     Meer belangrik as enigiets anders is ‘n persoon se gevoel en benadering tot mense gekoppel aan sy roeping om siele te bereik en te help op hulle lewenspad.

Moontlike leiers moet getoets word oor hoeveel tyd en aandag hulle aan mense wil afstaan. Mense  is  waarom  die  evangelie  gaan. Maar  ons  met  waak  dat  Humanisme, wat  ook mensgerig en gemotiveerd is nie die oorhand kry nie.  Daar moet ‘n baie sterk balans met die Woord of die Bybel wees . Daardeur kon Thomas antwoord en sê vir Hom: My Here en my God!’.

Ander mag baie suksesvol wees in baie opsigte maar hulle groep lede sal dan nooit die  Ware Evangelie in die Naam van Jesus Christus aan ‘n verloor gaande wêreld kan uitdra nie.  Om bruikbaar vir die ‘ware’ Evangelie van redding in die Naam van Jesus Christus te wees moet ‘n leier dus eerstens weet wie die Here is wie se boodskap hy gaan uitdra. Tweedens kennis uit die Woord om nie ‘n valse leer uit te dra nie.

      II Kor. 11:4 ‘Want as iemand kom en ‘n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ‘n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ‘n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval’.

      Gal. 1:9 ‘Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle ‘n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom ‘n vervloeking wees!’.

En derdens moet hy omgee vir mense.  Al hierdie eienskappe tesaam sal ‘n motivering wees. Maar daarby moet gevoeg word die dryfveer is die belangrikheid van God se werk.  Dit moet nie eers in aanvang neem nadat hy self eers tien ander take gedoen het wat vir homself belangriker is nie.

3.0 Die 80-20 Konsep

Suksesvolle sel leiers sal gou agterkom dat slegs 20% van hulle tyd vir sel bedrywighede ingeneem sal word deur sel byeenkomste.  Die ander 80% van sy tyd sal bestee word aan beplanning, studie, temas en programme terwyl ekstra tyd bestee moet word aan groep lede self,  dalk meer as die helfte hiervan sal verg.

4.0 Teenwoordig wees by

      Om teenwoordig te wees by beteken dat tyd gewy sal moet word om fisies daar te wees by lede.  Hierdie is nie net vir sekere funksies nie,  maar spesifiek tydens nie funksies nie.

      Dit is alleenlik by sulke tye wat mense mekaar beter leer ken. Hierdie is die tyd om te kommunikeer en waar te neem.  Dit beteken dat daar met opregtheid en eerlikheid gespreek sal word,  nie om eise te stel en verwagting af te forseer nie.  Die atmosfeer moet ontspanne en ongekompliseerd gehou word,  ‘n tyd dalk om te luister en mee te leef.  Gee lede kans en tyd om te ontluik. Probeer die innerlike mens te leer ken en te aanvaar. Dit is ‘n tyd om definitief nie reëls, regulasies, moets en moenies veral op geestelike vlak af te forseer nie. Gebruik geleenthede om te onderrig alleenlik op ‘n praktiese en mededeelsame wyse, nie deur preek of lang onderrig sessies deur vir ure die alleen spreker te wees nie.

      Hierdie teenwoordigheid is so belangrik dat sommige groepe selfs ‘n vasgestelde skedule van besoektye as deel van hulle groepe lewe daarstel. Dit klink dalk baie wetties en vol reëls, maar daar is ‘n belangrike byvoordeel daarin dat as van die groep lede nie werklik ernstig is oor die groep nie, hulle sulke onoffisiële bymekaar kuier nie die moeite werd sal ag nie.  Sulke lede kan dan na herhaaldelike versuim gesê word “dat dit voorkom asof hulle dalk te veel ander bedrywighede het” en gevra word “of hulle dan nie maar liewer wil onttrek nie,  totdat hulle miskien meer tyd vir die groep kan inrig?”. Dit is ‘n baie belangrike faktor dat so ‘n groep nie skade ly deurdat belangelose lede, wie ‘n atmosfeer van algemene laksheid en belangeloosheid het, se gesindheid nie toe te laat om deur te werk na ander groep lede toe nie.  Hierin moet die leier ‘n belangrike rol speel deur self die voorbeeld van ‘daar by te wees’ te stel vir die ander.

5.0 Deel wees van

      Opregte ‘deel wees van’ kan alleenlik eers plaasvind as die leier ‘daar is by’,   met ander woorde redelik gereeld teenwoordig is by. Hierdie is ‘n konsep wat mense,  veral die leier sal moet aanleer.  Vandag se lewe maak dat mense van kleins af geleer word om jou eie ding te doen,  onafhanklik te wees en niemand nodig het nie.         

      Omdat ons so selfsugtig groot gemaak word en die klem geplaas word op individuele en soms self groepe se prestasie en veroweringe is dit baie moeilik om te aanvaar dat jy deel moet wees en inskakel by andere om jou,  dat jy in werklikheid deel is van ‘n groter groep, of sel of meer skriftuurlik die liggaam van Christus die gemeente of Ekklesia.

      Uit ‘n selfsugtige oogpunt word baie keer verkeerdelik die opinie gevorm dat jy nie te betrokke by ander moet wees nie.  Ons lei baie keer uit eie ondervinding af dat andere gou 80% van ons verwag en self net 20% wil gee.

      Dit is alleenlik eers as ons doelbewus ons perspektief hieroor verander dat ons kan besef dat Jesus bereid was om sy alles te gee,  selfs as Hy onskuldig nog veroordeel is en tog nog bereid was om te vergewe.  Die lewenspad van die mens is nie maar net ‘n eie poging om deur die lewe te gaan nie,  maar die volheid en  tevredenheid word eers meer volkome ervaar met die besef dat hoe meer saam met jou betrokke is hoe makliker word  dit.

      Die lewe is nie ‘n wedywering teen jou lewens genote (familie, geestelike familie, vriende, kollegas, kennisse en ander mense nie) maar juis saam met hulle.  Die stryd teen die tyd, die liggaamlike oorlewing en die geestelike oorwinnings is ‘n gesamentlike worstelstryd.  Deur nie ‘n onafhanklike, altyd sterk en altyd onfeilbare beeld te wil dra nie,  sal leiers dikwels die stryd en worsteling teen hulle eie innerlike vrae en behoeftes afweer en ontlont.  Paulus het hierdie lewensfeit ervaar omdat hy dikwels bely het dat as hy ‘swak’ is. is hy ‘sterk’.

      Die ‘sterkman’ ideologie van die wêreld het menige leier al laat struikel en faal omdat die eis uiteindelik te veel word. Dikwels het hierdie ‘wenner’ prinsiep die gevolg dat ‘n leier ‘n verhewe posisie  inneem  en  probeer  handhaaf. Vandaar  het  die  idee  van  die  menslik verhewe posisie van die Pous, Dominee, Prediker en Pastoor ontstaan en dit is juis wat die Here haat,  die sogenaamde leer van die Nikolaïete  (dit is die leer van verering en verheffing van geestelike leiers) van Openbaring.

      Open. 2:6 ‘Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat.

6.0 ‘Lief wees vir’

      Dit is eers as ons die ‘teenwoordigheid by’ en ‘deel wees van’ begin toepas en uitleef dat ons die werklike ‘lief wees vir’ kan ontwikkel.  Alhoewel ons kan omgee en kan meevoel saam met ander is die egte ‘lief wees vir’ alleenlik moontlik as ons by en deel is met ander in die lewens stryd.

     Werklik ‘lief wees vir’ vind alleenlik plaas as ‘n mens mekaar eers leer ken het,  verstaan en begrip ontwikkel en gedeel het in mekaar se behoeftes, node en leedwese.  Daarom dan die groot grootste gebod van almal vervat in:

      I Kor. 13:13 ‘En nou bly geloof, hoop, liefde – hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde’.

      Om ‘lief te wees vir’ is werklik Godsdiens en deur dit te doen kom ‘n mens agter dat die toepas van ‘beginsels’ en die openbaring van ‘waarheid’ nie alleen genoegsaam is om die Evangelie van verlossing net te ‘vertel’ nie, maar om dit ook te ‘lewe’.  Dikwels is gelowiges se lewens leeg en kom dit oneg voor vir buite staanders as die gebalanseerde beginsel van ‘lewe wat jy preek’ nie gedemonstreer word nie.

      Daarom en daarin feil baie ‘goeie’ en ‘opregte’ Christene om die wêreld en ander medegelowiges se vertroue en geloofwaardigheid te wen en te behou vir die saak van die Here.

      Leiers van sel groepe moet deeglik bewus wees van die belangrikheid van ‘lief  te wees vir’ in hulle lewens, veral ten opsigte van hulle sel groep.  As hierdie faset in die groep bestaan en uitgebou word sal dit outomaties uitkring na buite en die lewe van ander beïnvloed na ander in die groep se kontak wêreld.

7.0 Entoesiasties Wees oor

      Om  ‘entoesiasties  te  wees’ is  om  ander  te  motiveer  deur  vertroue  in  hulle  vermoëns, toewyding, verlangens, werke en motiewe.  Hierin speel veral die sel leier ‘n baie belangrike rol. Om werklik doeltreffend hier op te tree moet die sel leiers so gou as moontlik die potensiaal in elke lid probeer ontdek en ontgin.

      Hierdie aspek is een wat moeilik is in ‘n normale ‘Kerk’ omgewing want hier word gewoonlik net die van nature uitlewende (‘outgoing’) lid gebruik vir sekondêre kursief leiers bedieninge. Omdat die ‘introvert’ tipe  lid se eienskappe nie geïdentifiseer word en daarna uitgebou word nie,  gaan baie belangrike lede van die gemeente hier verlore vir die werk van die Here.

      Die sel leier sal baie gou ontdek dat as hy hom toespits om elke lid aktief te stimuleer om sy eie talent uit te leef,  hy ‘n nuutgevonde saadjie kan laat ontkiem  wat spoedig kan ontwikkel in ‘n plant wat vele en goeie vrugte kan dra.  Dit is ‘n element van die lewe dat elke persoon wil voel dat hy ook belangrik is en indien hierdie element ontgin word sal dit grootliks bydra tot die sukses van die sel groep.

8.0 Sel leiers se eie self

      Dit is belangrik dat ons in die vereistes vir sel leiers nie net aandag sal gee aan wat gedoen moet word en hoe opgetree moet word nie maar ook na die behoefte van die sel leier self moet kyk.

      Alle mense (sel leiers) worstel ook net soos andere met oplossing van hulle eie probleme en omstandighede en faktore ook in hulle eie lewens.  Te veel klem is in die verlede gelê op die ‘sterk mens beeld’. Die lewe vereis en leer ons dit en al te veel word vereis  dat elke saak ‘gewen’ moet word. Dikwels het hierdie druk om ‘suksesvol’ te wees al menige leier se ondergang beteken. Dit is veral omdat daar drie opsies is wat geneem kan word en ons kyk nou na elke om daaruit ‘n moontlike rigting van optrede te probeer kry.

8.1 Fokus op self

      Te veel te fokus op self kan aanleiding gee tot wanbalans.  Fokus op eie swakheid en onvermoë verslaan ‘n leier dikwels voordat hy regtig in die stryd gewikkel is en vernietig sy eie selfbeeld. Fokus, aan die ander kant, op te veel van sy eie vaardighede en vermoëns het al menige leier in die lokval van egoïsme, selfbelang en eie belangrikheid laat beland.  Dikwels word hier ondervind dat so ‘n leier tot groot hoogtes uitstyg maar uiteindelik kom die val van verwaandheid en hovaardigheid. So ‘n persoon is ook gewoonlik langer suksesvol deur minimum kontak met sy groep lede buite die selektiwiteit.

      Baie geestelike leiers  funksioneer op hierdie vlak.  Ongelukkig is die ware geestelike groei van so ‘n sel groep net daar onder stimulasie van so ‘n leier.  Sodra so ‘n leier nie meer die pas aangee nie,  verval nie net die groep aktiwiteit in geheel nie maar soek individuele lede weer ander afleiding en daarvan is die wêreld  vol en maar te gretig om aan te bied.

8.2 Fokus op ander

      Hierdie toepassing is baie meer suksesvol op die langtermyn, maar het ook nadele.  As dit toegepas word aan die ‘vernietig jou eie ek of self’ (soos die populêre vertolking is van die Kerk al die jare was ten opsigte van Jesus se woord oor selfverloëning)  dan kan dit baie energie tap van die leier deur introspeksie.

        Hierom is ‘n baie gebalanseerde uitkyk nodig om eerlik te wees met jouself.  Dit is fataal om jou eie probleme te probeer weg wens of te ignoreer Aanvaar eerder swakhede, sonder om daaraan toe te gee. Besef eerder dat Hy jou wil gebruik en deur jouself vir Hom diensbaar te stel, Hy jou kan gebruik. Paulus verklaar ‘as ek swak is,  is ek sterk’  omdat hy erken dat God hom dan kan gebruik. Dit is dus nie nodig om jouself te martel nie en te vernietig nie,  ook nie om ‘n ‘sterk mens beeld’ te probeer na-aap nie.  Eerlikheid met jouself en teenoor ander is ‘n houding wat deur almal baie gou onderskei kan word en dit is nie ‘n houding wat naderhand onmoontlik is om voor te doen nie. Besef dat sonde stryd in jou eie lewe net so ‘n werklikheid is as in almal ander sin ook. ‘n ‘Super holy’ voorkoms en verwagting van ander om dieselfde te wees,   het heel dikwels ‘n wet en reëls bepaling wat nie net onmoontlik is om te behou nie, maar ook die ‘vryheid’ van die Evangelie begin bind.  ‘Gebruik net nie die vryheid om daardeur losbandigheid te bevorder nie!!’  Fokus op ander werk alleenlik as jy nie daardeur van jouself af probeer vlug nie en dan alleenlik as jou fokus nie gesentreer is op hulle negatiewe swakhede nie maar juis op die ontwikkeling van hulle positiewe elemente, naamlik ‘geloof hoop en liefde’.

8.3 Vaardigheid

      Die ontwikkeling van vaardigheid is ‘n plus punt vir elke leier.  Hiermee word nie net bedoel Bybelstudie nie, maar die toepassing, uitleef en groei van eie geloof, hoop en liefde.  Dit is alleenlik ‘n leier wat nie net alleenlik die Woord of Bybel reg sny nie,  maar ook reg toepas,  wat suksesvol kan wees,  en dan definitief nie vir die wêreld nie, maar vir die Ewige Koninkryk.  Dit vereis toewyding wat gehandhaaf moet word.

      Markus 7:7 ‘Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is’.

9.0 Die finale Toets vir ‘n Leier

      Om te weet wie Jesus is, is die belangrikste eienskap van ‘n leier en dit vereis ‘n openbaring van God self af.  Heel dikwels word geestelike leiers in die veld geplaas en hulle bereik ook dikwels baie sukses maar hulle feil as hulle getoets word aan Jesus se woorde na hulle belydenis.

      Matt. 7:22 ‘Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?

      Matt. 7:23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!’.

Dit is dus van primêre belang dat ‘n leier eers homself die vraag sal afvra soos Jesus vir Petrus gevra het

Lukas 9:20 ‘En Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Petrus antwoord en sê: Die Christus van God!’.

‘n Ware Sel leier moet Jesus erken as:

Joh. 20:28 ‘My Here en my God’.

En verder ‘n studie van God se Woord maak,  volhard in gebed,  toespits op lofprysing en ook ‘n begrip vir ander se behoeftes en probleme ontwikkel.

Voorbereiding vir Volgende Lesing 4

Lesing 4 sal ‘n Praktiese Lesing wees en Studente sal oor die volgende fases vir ‘n Praktiese Oefening voorbereid wees.

Selbediening Praktiese Oefening  van ‘n (Opening en Opwarmings Fase) waar die Dosent as die Sel Leier  optree en elke Student ‘n kans gee om oor vasgestelde  tema te praat ;  Sê byvoorbeeld ‘n kort lewensverhaling van elkeen se lewe tot sovêr.

Selbediening Praktiese Oefening  van ‘n Lofprysing (Mens tot God Fase) waar die Dosent as die Sel Leier  optree en elke Student ‘n kans gee om oor vasgestelde  tema te praat ;  Sê byvoorbeeld ‘n getuie te gee  oor wat in sy lewe gebeur het waar God met hom gedeel het of hom gered of genees het, of deur ’n lied te sing, of te bid, of sy geliefde skrif aan te haal en te vertel wat dit vir hom spesiaal beteken het.

‘n Paar studente kan ook byvoorbeeld praat oor die (Mens tot mens  Fase ) (Dit is om ander te motiveer om die Evangelie uit te dra) soos hy dit sien of soos hy dit verstaan uit die Bybel of soos hy dit self al toegepas het en wat die resultaat daarvan was.

Lesing 4

Prakties Selbedienining

1.0    (Opening en Opwarmings Fase)

Selbediening Praktiese Oefening  van ‘n (Opening en Opwarmings Fase) waar die Dosent as die Sel Leier  optree en elke Student ‘n kans gee om oor vasgestelde  tema te praat ; Sê byvoorbeeld ‘n kort lewensverhaling van elkeen se lewe tot sovêr.

2.0    (Mens tot God Fase)

Selbediening Praktiese Oefening  van ‘n Lofprysing (Mens tot God Fase) waar die Dosent as die Sel Leier  optree en elke Student ‘n kans gee om oor vasgestelde  tema te praat ;  Sê byvoorbeeld ‘n getuie te gee  oor wat in sy lewe gebeur het waar God met hom gedeel het of hom gered of genees het, of deur ’n lied te sing, of te bid, of sy geliefde skrif aan te haal en te vertel wat dit vir hom spesiaal beteken het.

3.0    (Mens tot mens  Fase)

‘n Paar studente kan ook byvoorbeeld praat oor die (Mens tot mens  Fase ) (Dit is om ander te motiveer om die Evangelie uit te dra) soos hy dit sien of soos hy dit verstaan uit die Bybel of soos hy dit self al toegepas het en wat die resultaat daarvan was.

                                                                          LESING 5

1.0    Liefde  (vervolg)

          Dit is om vir mekaar om te gee en te sorg.  Dink hierin aan ‘n marathon wat jy hardloop eerder as ‘n resies-wedloop.  Hier is dit eerder belangriker om te kyk hoeveel mense saam met jou die wedloop eindig as om te kyk hoevêr  jy voor die ander kan uitkom.  Dit is soos om  saam te hardloop teen  tyd eerder as teen mekaar.

1.1    Sorg

          Dit is om ander te help, mekaar se laste te dra.Dit kan vereers verdeel word in 6 naamlik:

    Om te verdra,

    Nie voor te skryf nie,

    Ook nie om te oordeel nie,

    Nie te vergelyk nie,

    Nie te beheer nie,

    Nie te ignoreer nie,

1.1.1   Om te verdra

          Verdra is om nie ‘n voorwaarde te stel nie.  Paulus sê

          Gal. 6:2 ‘Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus’.

          Om te verdra is om ruimte te gee vir ander.  Onthou almal is nie dieselfde nie en reageer ook nie dieselfde nie.  Om iemand te wil vorm om identies soos jy te dink,  te handel en op te tree is die hoogste vorm van egoïsme en selfverheffing.

1.1.2   Om nie Voor te skryf

          Deur aan ander voortdurend te wil voorskryf is om  wette te wil afdwing.  God se wet is liefde.

          Joh. 13:34 ‘’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê’.

          Dus om voor te skryf is niks anders as om wetties te wil wees nie. Veral gelowiges val baie in hierdie strik om deur hulle vertolking van sekere Skrifte ‘n wet op ander te wil plaas.

1.1.3   Om nie te oordeel nie

          Aangesien ons self  onder genade staan en deur die wet veroordeel word,  moet ons waak dat ons nie hierdie vryheid gebruik om dan oor ander se gebreke  ‘vonnis te vel’ (te oordeel) nie.

1.1.4   Om nie te vergelyk nie

          Ons is almal gemakliker as ons in geselskap  is van mense wat dieselfde as ons is.  Ons moet egter waak teen die versoeking om so eenders te wil wees dat ons geen ruimte vir verskil in unieke individualiteit wil aanvaar nie.  God se doel met ons is uniek vir elkeen.

    Ons is nie almal dieselfde nie en kan nie  ons patroon op ander wil afforseer nie.  Ons is geroepe om gelykvormig aan die beeld van Jesus te wees en nie aan mekaar se beeld nie.

1.1.5   Om nie te wil beheer nie

      Baie mense gebruik persoonlike oorheersing as ‘n manier om hulle wil te forseer, te beheer, te dreig, te manipuleer of selfs nog erger verskuilde emosionele afpersing.

1.1.6  Om nie te wil ignoreer nie.

      Dit word veroorsaak deur mense wie so besig is met hulle  eie sake dat daar nie juis tyd is vir ander nie.  Dikwels is hierdie  self fokus juis omrede ons as leiers so besig  is om vir ons eie selfbehoud, beeld  en saak te werk dat ons ander se stryd  ignoreer. Hierin  moet  leiers  leer  om  ook  hulle  eie  tekortkomings  en swakhede te aanvaar en te erken,  en ander daaroor te leer.  Dikwels sal so ‘n leier juis aanvaar en erken word eerder as die altyd ‘sterk beeld mens’.

1.2  Positiewe Uitbouing

      Daar is ‘n paar maniere om positief die uithouing van verbouings te benader en hulle word onder die volgende hoofde bespreek.

1.2.1 Deur regtig lief te wees

        Hierdie is ‘n ernstige openlike benadering om aan ander te wys jy stel belang jy gee om en jy wil betrokke wees tussen en saam met ander.

1.2.2 Deur ‘n meelewende en vriendskaplike uitreiking

        Om dit te bereik beteken tydens vergaderinge om openlike vrae te vra soos werklike ervaringe die afgelope week byvoorbeeld of oor ‘n spesifieke ervaring,   ondervinding, selfs trauma waarvan  jy as leier bewus is of gehoor het.  Moet  niemand egter forseer en gee verlengde geleentheid aan terughoudende of ingetoë lede.

1.2.3 Deur te luister wat iemand werklik sê

        So dikwels is ons ‘luister’ na ander sonder dat ons inneem wat die persoon werklik sê of wil sê.  Dikwels as ons luister is ons self eintlik besig om ons eie gedagtes in lyn te probeer kry.  Of nog erger is ons besig om mense net geestelik ‘korrekte’ antwoorde te wil laat gee.  As  mense eers agterkom dat net sekere antwoorde en stellinge deur die leier of groep aanvaar of vereis word, sal hulle alte gou in ‘n stereotiep verval en sal alle belangstelling dikwels ook daardeur begin verflou.

1.2.4   Deur verhoudings te bou

      Dit vereis die daadwerklike optrede om die volgende aktiwiteit van die groep te bepaal  of  voor  te  stel. Daar  is  verskeie  addisionele  aktiwiteite  waarmee verhoudings  gebou  kan  word. Dink  aan  groepspeletjies  (rustig  of  aktief, geestelik of fisies) groep uitstappies, etes (beide uiteet, bring en braai, bring elkeen  eie  gereg)  feesviering  verjaarsdae  en  of  ander  geleenthede  soos  ‘n goeie,  toepaslike  of  lerend  of  beskrywende  video  (met  groot  omsigtigheid gekies).

1.2.5   Deur openheid en vertroulikheid met mekaar te hê en daaroor ooreen te kom

      Dit vereis dat almal begrip en insae sal hê oor belangrike reëlings soos wanneer en waar byeenkomste sal wees,  wat die inhoud daarvan sal wees,  hoe lank dit sal duur dat daar ‘n openheid sal wees met mekaar, gepaard met eerlikheid dog sensitiewe terugvoering teenoor mekaar en dat alles wat in die groep gesê word (veral van en teenoor mekaar en ander)  vertroulik sal bly.

1.2.6   Deur positiewe en opbouende terugvoering te gee teenoor mekaar

      Hier sal die voorbeeld wat die groepleier stel gewoonlik deur die lede aanvaar en toegepas word.  Hier moet baie geduld en empatie gebruik word.  Onthou dat die vinnigste nie altyd die regte is nie byvoorbeeld ‘n kuiken kan geforseer word om uit die dop te kom deur die dop te breek (‘n metode wat die kuiken self ook gebruik)  maar dit veroorsaak die kuiken se dood.  Dit is egter belangrik dat daar wel terugvoering gegee moet word aan alle lede want sonder dit voel sulke lede dat die leier of die groep  hulle dalk nie aanvaar  of nodig het nie.

2.0 Werke

      Dit is om ‘n diens te lewer.  Dit sluit beide barmhartigheid sowel as getuienis in.  Getuienis sonder betrokkenheid om nood te verlig is net so erg as om te help maar geen ware getuie vir die Here te wees nie.

      Jak. 2:16 ‘en een uit julle sou vir hulle sê: Gaan heen in vrede, word warm, word versadig, maar julle gee hulle nie wat vir die liggaam nodig is nie – wat baat dit?’.

      Diens vereis betrokkenheid.  Hier is dit dikwels ‘n geval van ‘moet nie iemand   wat om te doen as dit nie vir hom moontlik is nie,  maar  wys hom liewer hoe om dit te doen of nog beter doen dit self as ‘n voorbeeld. Die gelykenis van die  barmhartige Samaritaan is hier vir die gelowige ‘n groot voorbeeld.

      Om kortliks saam te vat oorweeg die volgende:

      a)    Leef en toon die liefde wat jy bely

      b)   Wys die liefde wat jy sê dat God het c)       Wees die vrede wat jy sê God gee

      d)   Deel die vergifnis wat jy sê Jesus vir ons bewerk het

        e)   Wees dit wie jy sê jy is……..’n volgeling van Jesus (Jesus sê dat Hy nie   

           gekom het om gedien te word nie, maar om te dien).

      Die werke van geloof roep ons nie op om vir ander met woorde en preke tot diens te wees nie, maar met werke. Deur ons werke en diens bereik ons baie meer as deur ons woorde en kritiek al is dit ook positief. Werke is altyd die bewys van ons opregtheid,  woorde baie keer die ontduiking van ons verpligtinge.

      Oor werke kan daar boeke geskryf word, maar vir die doel van sel groepe gaan ons hier volstaan met die volgende;  in ‘n wêreld  vol van nood en lyding is die getuie van ‘n Christen duideliker in dit wat hy  doen as wat hy  .  Dit geld nie net binne die sel groep nie maar meer nog so buite die groep, daarom word ons genoem die sout van die aarde en die lig van die wêreld.  Sout wat laf is help niks,  ook so ‘n lig wat nie skyn in die duister nie.

Lesing 6

      Daar is basies 4 aksie metodes om die groei en sukses van sel groepe te bevorder.  Hulle sal onder die volgende hoofde behandel word.  Geloof, Hoop, Liefde, Werke.

      1Kor. 13 : 13 ‘En nou bly geloof, hoop, liefde – hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde’. Jak. 2 : 17   ‘Net so is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood’.

1.0 Geloof

      Geloof kan in twee verdeel word naamlik teorie en praktyk.  Dit is dikwels so dat geloof net as ‘n teorie, ‘n siening of ‘n leerstelling uitgeleef word.  Dit is ‘n baie onbevredigende oplossing vir ‘n mens se lewe. Werklike geloofs vervulling en ervaring is wanneer ‘n mens se vertolking van geloof hand aan hand gaan met jou eie lewe,  met ander woorde wanneer die Bybel nie net meer ‘n handleiding vorm in jou lewe nie, maar wanneer jou lewe verander, aansluit en inpas by die geloof van die Bybel.  Dit is volkome integrasie of samesmelting met die Woord. Baie belangrik,  en dit is waar baie mense op ‘n parallel lopende pad beland,  is om nie net ‘n goeie, selfs opofferende en voortreflike kerk gebonde gelowige te wees nie,  maar om waarlik ‘n dissipel van Jesus te word en te wees en te leef. Drie aspekte kom hieruit te voorskyn; naamlik die Verlede, Hede en Toekoms.

1.1 Die Verlede

      Alle mense het ‘n verlede.  Dit is gewoonlik die maklikste aanknopingspunt.  Daar kan vertel word van familie, skool, vriende, plekke, werk en kerk of geloof. Begin by maklike vrae, oor kinder herinneringe, verwagtinge, gebeure. Wat was die moeilikste as kind, wat was die maklikste?  Waar het jy skoolgegaan,Kerk, Sondagskool?  Wat was jou vroegste ervaring van God, van Geloof? Hoe voel jy oor God, oor jou geloof oor jou Kerk en oor Kerkleiers?  Wie het die grootste invloed in jou lewe en geloofslewe gehad?  Wie was jou grond legging onderwyser en hoekom?  Waar het jy al gereis? Vertel daarvan.  Of gebly? Gewerk?  Vertel die lekkerste vakansie wat jy gehad het? Vertel die grootste skok en trauma wat jy ervaar het?

1.2 Die Hede

     Wat  jy  nou  doen  en  wat  jy  nou  is. Waar  jy  werk? Jou  lewensbestaan  en afhanklikheid?  Verblyf?  Hoe jou lewe ingerig is?  Wat jy die graagste doen?  Wat vir jou die swaarste is om te doen?  Wat maak jou lewe sinvol?  Wat is jou grootste stryd? As jy jou lewe kon verander.  Wat jy die graagste sal wil doen?  Waarom?

1.3 Die Toekoms

     Waarheen is jy op pad?  Wat is jou verlangens en ambisie?  Waar sou jy wou leef as jy enig plek in die wêreld kon kies?  As jy drie wense kan wens wat sou jy wens?  As jy die belangrikste nuus opskrif in die wêreld kan skryf,  wat sou dit wees?  Wat is jou verwagting vir die toekoms?  Hoe dink jy gaan jou lewe verander en gebruik word in die toekoms?  Wat sou jy die graagste vir die Here wou doen?

      Om hierdie verhale van elkeen te hoor is opbouend en insiggewend,  leer mekaar om te  vertrou  en  mee  te  deel,  en  te  ontwikkel.

      Dit  is  belangrik  om  lewenspatrone, herhalings en skemas te ontdek in jou eie en in die lewe van ander.  Dit is dikwels nie maklik nie en ook kan dit baie pynlik wees,  daarom moet die grootste omsigtigheid, empatie en aanvaarding van groep lede verwag en gegee word. Onthou om lede aan te moedig om hulle lewens  te beskou, probleme of struikeling te laat besef,  te weet dat groep lede hulle aanvaar en dat God hulle vergewe.

2.0 Hoop

      Hoop is ‘n baie nou verwante en samehangende beginsel aan geloof.  Hoop spruit uit Geloof en is voortvloeiend uit Geloof as basis.  Dit is dus ook soos geloof baie na gekoppel in dit wat die Bybel  ons wil leer.  ‘n Mens  kan amper sê dat Geloof  die teorie  is en deur Hoop in die praktyk uit geleef moet word.  Waar geloof gewoonlik ‘n eenvoudige besluitneming verg om die skrif waarhede te aanvaar, alhoewel dit nie staties bly daarna nie maar ook gedurig moet groei,  is Hoop die verwagting, groei en meelewing vir die toekoms.  Geloof kan nie bespoedig word en daarom moet Hoop daarby gevestig word om die uiteindelike verwagting te bereik. Dit kan dalk so uitgedruk word dat as jy kennis verkry het dat ‘n eier deur ‘n broeimasjien uitgebroei kan word om die kuiken daaruit te kry dit niks sal help as jy die dop begin afbreek om die proses te bespoedig nie want daardeur sal jy net die vroeë dood van die kuiken veroorsaak. Hier kom  onbelemmerde  keuse, toewyding,  aanmoediging, versterking en ondersteuning ter sprake. Hoop kom dus deur mense te leer om te ontdek, saam te leer, saam uit te leef.

2.1 Ontdekking

      Dit is natuurlik uit die Skrif.  Vleeswording is baie belangrik vir hierdie lewe, maar ontdekking van die waarhede, en dit beteken nie kerklike dogmas, leerstellings en rituele of beginsels nie,  is van die aller belangrikste vir die Ewige Lewe.  Om egter te ontdek en te weet is so goed as om ‘n motor te hê maar nie petrol in te gooi om dit te laat loop nie.  Dit is dooie geloof, sonder hoop om van A na B te beweeg, van hierdie tydelike lewe tot die toekomstige ewige.  Hierdie lering of ontdekking is dus nodig om met die suiwere geloofsgehoorsaamheid die hoop te behou. Die Bybel word dus gebruik nie net vir die kennis alleen nie maar ook vir die toepassing.

2.2 Toepassing

      Dit geld vir hierdie lewe.  Mense moet hulle eie waarhede uit die Skrifte ontdek, en nie maar alleen die geskiedkundige feite en agtergrond daarvan leer en besef nie, maar die kennis gebruik vir die toekomstige uitlewing en dag tot  dag  toepassing.

2.3 Leer prosesse

      In die proses van lering sal baie groep lede soms antwoorde gee wat verkeerd is en dikwels gryp die leier dan in om die  ‘regte’  antwoord summier te verskaf. Maar ‘n mens verander nie iemand se verstand of gedagte deur sy mond te sluit of stil te maak nie. Dit is dus nodig dat geleenthede gegee sal word aan elkeen om dinge self te ontdek.

2.4 Gesamentlike Ontdekking

      Persoonlike kennis en sogenoemde openbaring aan die leier of enkeling in die groep as die uitsluitlike ‘raad of mededeling’  van God in isolasie  aan so ‘n persoon is dikwels

      ‘n mistasting. Waar dit wel so is kan die hele groep gesamentlike ‘geleer en oortuig’ word deur die verwante bewyse uit die ‘hele skrif’.

2.5 Lewens waarhede

      Mense word nie bevry deur die memorisering van spesifieke tekste nie.  Hulle ervaring en interpretasie van die tekste in ooreenstemming met lewensfeite en die liefde en deernis waarmee dit meegedeel word spreek dikwels dieper tot mense as blote ‘af forsering’  van ‘n leraar of leier se opinie.

2.6 Aanbieding

      Die ‘manier’ van aanbieding van Skriftuurlike waarhede ‘weerspreek’ dikwels dit wat ons wil sê.  Wat ons andere probeer leer weerspreek dikwels ons eie opregtheid terwyl die manier,  die styl, die woordkeuse, die verhouding,  die belangstelling en die plek of lokaal,  die verdeling van tyd, eintlik meer belangrik vir ander is.  Die ou, ou leuse van ‘practice what you preach’ of ‘leermeester leer jouself’        geld nog altyd. Ons eie lewe spreek dikwels harder as dit wat ons wil  ‘oordra’ of ‘leer’.

2.7 Verveeldheid

      ‘n Leier sal niks uitrig deur ‘n vervelige herhaling van gedagtes, lering van feite wat almal  reeds  ken,  onderrig  van  dit  waarin  niemand  belangstel  en  hoogdrawende stellinge en filosofieë aan te bied nie.  Deel mee dit waarin mense belangstel, vir hulle. Probeer altyd fris en vars en oorspronklik te wees in dit wat meegedeel word.

2.8 Vrae

      Groepleiers moet beplan  voor die tyd, al is dit net drie of vier vrae,  wat mense kan help om skrifte te ontdek of ervaar.  Moenie ‘raai-wat-ek-dink-speel’ nie en respekteer ander se opinies. Vermy om beterwetig te wees,  te langdradig,  vervelig, of ook te kort. Kry groep lede beurtelings almal aan die praat en moet nie dat sommige te lank wag nie want dan word dit al hoe moeiliker vir hulle om te praat.  Vra nie bedreigende vrae en liefs ‘oop’ vra soos ‘Waarom’ of ‘wat is jou mening’  eerder as ‘wat’,  ‘wie’,  ‘hoeveel’ ens.       Moet nie altyd  ‘ongemaklike’  stiltes probeer verbreek nie.  Gee lede ‘n kans  en moet nie altyd die ‘redder’  wil wees nie.  Moet nie bang of beangs of opgewonde raak as die gesprek in ‘n onverwagte rigting beweeg nie.  Gebruik woorde of sinne waarmee jy bekend is en vermy hoogdrawende of niksseggende teologiese terme.

2.9 Interpretasie

      Pasop dat jou interpretasie of verduideliking nie slaafs nagevolg word nie,  en gebruik alleenlik terme,  verduidelikings,  menings en vertolkings wat verantwoordbaar is.

Lesing 8

1.0    Groep lede

          Sonder deelname van groep lede verval die sukses van groep byeenkomste gou.

          Dit is daarom baie belangrik om individuele aandag aan verskeie sake te gee wat groep lede en hulle deelname kan beïnvloed.

1.1    Positiewe Lede

          Net soos ‘n positiewe leier onontbeerlik is vir die groep, so ook is positiewe lede van primêre  belang. Niks  is  meer  ontmoedigend  vir  ‘n  groepleier  as  negatiewe belangstelling  van  groep  lede  nie  en  dit  lei  dikwels  tot  ‘n  kwyning  en  uiteindelike stilstand van sel aktiwiteite.

1.2    Negatiewe Lede

          Ongelukkig is die invloed van negatiewe lede, selfs net een of twee, soos die van suurdeeg.  Geen wonder dat die Skrif sterk teen die uitwerking van suurdeeg waarsku nie. Sulke lede wil nie betrokke wees nie, wil nie deelneem nie, is gewoonlik ‘n toonbeeld van verveeldheid en kritiek, en baie gesteld dat sel byeenkomste nie langer as die kortste tyd moet duur nie.

2.0    Belangstelling

          Belangstelling is direk afhanklik van verwagting.  Persone wat min verwag sal ook nie veel wil doen nie.  Waarom woon persone so dikwels ‘n sel groep by sonder positiewe belangstelling? Hoekom sê hulle nie reguit dat hulle nie eintlik genoeg belangstel Nie? Baie male is die negatiewe  uitstraling  van  sulke  onbelangstellendes  dikwels  die  oorsaak  van  ook  ander onseker of twyfelende groep lede.

          Daar is verskeie redes waarom mense sel groepe bywoon en dikwels is die redes nie juis ‘n besondere belangstelling in die Woord, as sulks nie.

          In mense se Godsdienstige motiewe is daar altyd ‘n mengsel van motiewe van of opreg tot partykeer minder edel.  Gebruik ‘n paar minute om oor u eie belangstelling na te dink.  Dink veral  aan  bykomende  aspekte  wat  nie  altyd  dalk  primêr  is  nie  maar  nogtans  vir  u  ook belangrik is.

          Daar is gewoonlik drie redes waarom mense Sel groepe bywoon naamlik: plig, skuldgevoel en sosiale dryf of druk.

3.0    Energie

          Alle mense is bereid om bietjie of baie energie te spandeer vir elke saak waarby hulle by betrokke is.  Vir belangrike en genotvolle saak meer energie en vir die minder belangrike min energie. Die energie wat hulle spandeer hang af van die voordeel of resultate wat hulle daaruit kry of wat hulle daardeur kan bereik.             Baie kere is die bloot bywoning of teenwoordigheid van sommige lede by die sel groep al energie wat hulle bereid is om te gee.  Met ander woorde hulle blote teenwoordigheid is in hulle oë genoeg energie en hulle is nie enigsins bereid of van plan om positief verder te reageer of deel te neem nie.  Hulle staan tyd af maar wil niks doen nie.

4.0    Egoïsme of Self belang

          Hierdie is ‘n baie groot vernietiger van sel groepe.  Die self gesentreerde persoon is die een wat gewoonlik baie te sê en aan te beveel het.  Sy aktiewe deelname en aanbevelings (en ook dikwels kritiek) is vir hom die belangrikste rede om teenwoordig te wees.  Dikwels is dit ook die einde van sy belangstelling.                      Hy wil homself ten alle tye laat geld, en is gewoonlik ‘n verbete argumenteerder of stryer. Self is hy nie gewillig om met ander na ‘n oplossing, verklaring of beplanning te soek nie want hy alleen is reg.  So ‘n persoon kan baie skade aan groepe en hulle byeenkomste veroorsaak.

5.0    Hoe om mense te Motiveer in Sel Groepe

          Daar is basies drie faktore wat alle mense en dus ook groep lede beïnvloed naamlik: Behoefte om deel van ‘n groep te wees, behoefte aan die sin van die lewe en aanvaarding.  Ongelukkig is die onderwerp baie meer gekompliseerd as ‘n blote klassifikasie,  maar dit is ‘n benadering wat oorwegende positiewe resultate lewer in die meeste gevalle.

5.1    Voorsien in die behoefte van die Mens

          Om die dieper liggende behoefte van die mens te definieer is nie maklik nie.  Oor die belangrikste fisiese oorlewing sal ons nie veel sê nie bloot omrede ons gewoonlik nie veel daaraan kan doen in sel hoedanigheid nie. Versorging en voorsiening is seer seker die belangrikste faktor in enige mens se lewe en om hier te sê dat ‘n sel groep altyd hierop bedag moet wees en probeer help is die enkel belangrikste taak wat daar is.  Om egter ‘n sel groep te sien as ‘n liefdadigheidsorganisasie en hulpbron is baie onregverdig van enige lid, en is nie ‘n metode wat toegepas moet word vir die groei en uitbouing van die groep nie.  Dit bly egter baie belangrik nadat ‘n sel groep gevestig is.

          Die belangrikste is vir ons uitgespel in die bekende bergpredikasie in Matt. 6 : 19-33. Lees dit gerus.  Ons sal ons nou toe spits op Matt. 6 : 31- 33.

          Matt. 6 : 31  ‘Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?

          Matt. 6 : 32  Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het.

          Matt. 6 : 33  Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word’.

          Vir hierdie doel gaan ons na drie basiese behoeftes kyk.

5.1.1   Behoefte aan Sosiale Samesyn

          Dit is om saam met ander te wees en deur ander aanvaar te word. Ons het mekaar nodig, al maak ons soms mekaar kwaad, seer of stel ons mekaar teleur.

          Gen. 2 : 18 ‘Dit is nie goed dat die mens alleen is nie’.

          Daar is by die mens ‘n behoefte na ander mense,  hetsy ‘n lewensmaat, familie, bure,

          vriende,  kollegas,  geesgenote.  Is dit nou reg om geloof of die soek na die koninkryk van die Here hiermee ook te assosieer.  Ja, want dit was presies wat die

          ‘ Ekklesia’ of ‘Uitverkorenes van God’ in die ‘eerste gemeente’ gedoen het.

Hand. 2 : 6  ‘En dag vir dag het hulle eendragtig volhard in die tempel en van huis

          tot huis brood gebreek en hulle voedsel met blydskap en eenvoudigheid van hart

          geniet.

          Dus is die eerste motivering om lede of mense tuis te laat voel, mense te leer ken,

          bymekaar betrokke te maak,  hulle lewens met mekaar te laat deel, te praat oor hulle

          self en hulle omstandighede.

5.1.2   Behoefte aan die Sin van die Lewe

          Alle mense, of hulle nou bewus is daarvan of nie het ‘n soeke na die sin en betekenis van die lewe.  Dit behels antwoorde of soek na vrae soos waarom die lewe eintlik gaan?  Waar pas ek in?  Hoe vind ek God?  Hoe word ek gered? Waarom die teenslae,  soms tragedies in hulle lewens?  Waarom in myne?  Hoe hanteer of verwerk ek gebeurlikhede goed, kwaad of sleg?

          Gewoonlik is dit hierdie vrae wat in krisissituasies opduik.Alle mense kry te doen met die soeke na antwoorde, veral in tye van nood, tragedie of dood van naasbestaandes. Hierdie vrae gaan altyd gepaard met geloof en godsdiens. Sel groepe is die beste ingestel om gereed te wees met antwoorde, onderskraging en bystand.

5.1.3   Soeke na Erkenning en Aanvaarding

          Alle mense het ‘n behoefte na erkenning, aanvaarding, begrip, vertroue.  Hierdie potensiaal is so belangrik vir elkeen, maar dit word dikwels nie aangemoedig nie. In tye toe die lewenswyse en patroon vir mense minder ingewikkeld was,  was dit maklik om ‘n beroep, lewensuitkyk en godsdienstige uitkyk toe te pas.  Vandag is dit baie meer kompleks en het mense nodig om verseker te wees van hulle keuses.    Aansporing om hierdie soeke by God te vind gee uiteindelik ‘n vaste anker en maak so ‘n lewe meer sinvol en betekenisvol.

          Sel groep leiers kan baie kragtig ‘n bemoediging in hierdie rigting wees om mense toe te rus en te bemagtig in hulle eie lewens.

5.2    Motivering van Groep lede

          Om lede te motiveer is daar basies vyf maniere, of sisteme waarop mense positief reageer.  Dit is belangrik om te onthou dat almal nie gemotiveer sal word op dieselfde manier nie.  Wat vir my ‘n motivering kan wees mag iemand anders totaal koud laat. Moet jou dus nie net op jou eie voorkeur beroem of probeer toepas nie.

 5.2.1.  Meelewing en Begrip   Dit  word  verduidelik  met  woorde  soos  ‘gee’,  ‘dien’,  ‘onderskraag’,  ‘deel’,
 liefde’.  Opregtheid hierin en ‘n praktiese toepassing daarvan  werk vir baie as ‘n positiewe reaktor. Mense wat so met deernis en toewyding ander altyd probeer help, kan dikwels baie bereik en ander aanspoor om dieselfde te doen. So ‘n leier ‘wat omgee’ motiveer die groep geweldig baie.
5.2.2Samesyn en groep wees
  Mense word gemotiveer as hulle deel kan wees met die groep, saam met die ander, soos ‘n familie verkeer,  tuis te wees onder mekaar en by mekaar.           Vir  

Vir hulle is dit ‘goed om hier te wees’.So ‘n leier vir wie die aanvaarding en inskakeling van ander baie beteken (meer as sy eie afkeure en voorkeure) lok en motiveer baie wat net ‘goed voel om hier te wees’.

5.2.3   Uitdaging en Doelstelling

          Dit is vir persone wat lief is om te doen, avontuurlustig is, daarvan hou om iets aan te pak.  Leiers moet in gedagte hou dat daar altyd een of twee sulke lede teenwoordig kan wees. Hulle moet gestimuleer en aangemoedig word.  Hulle hou  van projekte, en word  baie  gou  vervelig as daar niks aangaan of  niks gedoen word nie.  Vertroue en aansporing om iets prakties of teoreties as ‘n taak aan te pak sal sulke lede baie motiveer.

5.2.4   Redelikheid en Aanvaarding

            Die  aktiwiteit  van  so  ‘n  groep  moet  duidelik  uitgespel  word  vir  hierdie  tipe    persoon.  Dit wat gesê en gedoen en geleer word moet redelik,  aanvaarbaar en         bewys word vir sulke lede.  As hulle oortuig is daarvan dan bly hulle getrou.

5.2.5   Lojaliteit

          Daar is ‘n groot groep mense vir wie lojaliteit en plig die grootste motivering bly vir ‘n saak.  Hulle sal gewoonlik nie maklik ja sê vir ‘n saak nie,  maar as hulle eers oortuig is sal niks hulle stuit of laat ophou nie.  Hulle vorm gewoonlik die kern waarop die groep altyd kan staatmaak. Vir hulle is ‘plig’ ‘toewyding

          ‘belofte’ van primêre belang en verwag dieselfde van leiers en mede groep lede.

6.0    Vyf Fasette

          Hierdie vyf fasette wat ons genoem het wat by verskillende lede voorkom moet baie deeglik in ag geneem word as ‘n leier hulle wil motiveer.  Motivering met toepassing van die verkeerde metode sal eerder negatief inwerk.   Dit is ook belangrik dat ‘n leier sal onthou dat alle mense nie op dieselfde geestelike vlak verkeer nie.  Daar mag ‘n tyd wees in iemand se lewe dat spesifieke kennis van die Bybel vir hom of haar baie belangrik is. Dalk is daar ook ‘n ander probleem wat geestelike groei vir ‘n persoon op daardie oomblik minder gunstig maak. Al hierdie aspekte moet deeglik in aanmerking geneem word deur ‘n sel leier.

          Om doodeenvoudig net dit te gee en doen wat vir jou as leier belangrik lyk of voorkom is nie altyd die regte manier nie.  Gee water en voedsel sonder om na te laat,  maar skep ruimte vir almal.

Lesing 9

Dit gaan in vyf hoofde ingedeel word.

1.0    Groep stigting fase

          Voordat ‘n groep gestig word is dit belangrik om ‘n paar vrae te vra.  Die doel van die groep? Wie is groep lede? Hoe om ander te bereik? Die plek waar die groep byeenkom? Hoe gereeld.

1.1    Doel

          Dit is nodig om presies te wees oor die oogmerke van die groep.  Lede wat presies weet waaroor dit gaan weet waarvoor hulle hul inlaat en sal op die ou end ook meer geneig wees om te volhard.  Eerlikheid, opregtheid en duidelikheid is die wagwoord.

1.2    Lede

        Wie gevra gaan word om deel van die groep te word is baie belangrik.  Baie maal is die keuse van groep lede in ‘n mate buite die leier se beheer. Daar moet egter baie gewaak word hieroor. Die goue reël is dat ‘n persoon wie nie ‘leerbaar’ is nie, ook dikwels die groep sal ontwrig en die leier moet baie versigtig hiervoor wees.

1.3    Benadering

          Stel dit duidelik en moet nie probeer om ‘n persoon in te trek met beloftes soos ‘dit sal baie min van jou aandag vereis’.  Hoe groter die verbintenis waarmee iemand homself beskikbaar stel, hoe meer sal sy uiteindelike betrokkenheid en deelname wees.

1.4    Plek

          Die gebruik van lokale en sale is gewoonlik nie intiem, warm, vriendelik en gasvry nie. Huise is die geskikste vir ‘n gelowige sel groep.  Die atmosfeer is meer geskik,  want al die aktiwiteite van die sel groep is betrokkenheid van lede in hulle eie omgewing en leef kringe. Baie belangrike reëling oor die ‘gasvrou’ van so ‘n sel groep is dat hoogstens net ‘koffie, tee en koeldranke’ aangebied moet word. Dit verhinder ‘n uiteindelike kompetisie om te onthaal of trakteer.

1.5    Tyd

          Lede moet saam hieroor besin. Probeer redelik spesifiek te wees en vermy te kort sessies asook te lank,  vervelige of moeilike onderwerpe neem tyd om af te staan aan byeenkomste.

2.0    Ontwikkelings fase

          Hierdie is ‘n baie belangrike fase en bepaal die verloop van die groep se voortbestaan.  Hier word  geskrewe  of  ongeskrewe  reëls  daargestel. Die leier  sal  in  die  meeste  gevalle onwillekeurig die norme daar stel.  Dit is belangrik om openhartig te praat oor hoe die groep sal funksioneer, optree en konflik hanteer. Die moeilikste is gewoonlik die reels wat nie uitgespreek word nie,  omdat dit ‘n ongewenste rigting mag gee en tot die vroeë ondergang mag lei.

2.1    ‘n Familie saak

          Omdat ‘n groep soos ‘n familie sal word is dit nodig dat norme daargestel sal word beide vir die gemak teenoor mekaar en die beskerming van mekaar.  Die leier sal hier die verantwoordelikheid hê om die norme te verwoord.  Vermy negatiewe reëls soos ‘ons meng nie in’ nie.  Dit is verkieslik dat sulke konfrontasie natuurlik nie ontstaan nie, maar om dit as ‘n reël in te stel belemmer die vrymoedigheid met mekaar. Stel liewers die reël in dat ons die reg sal erken van elkeen maar nie mag uitbuit of uitdaag nie.  Dit is natuurlik die leier se plig om sulke situasies te ontlont.

2.2    Reëlings en bestuur Vlak

          Dit is om duidelik elkeen te verwittig van reëlings soos waar en wanneer die volgende byeenkoms sal wees.  As die leier self nie hierdie sake kan of wil hanteer nie,  kan hy iemand afvaardig hiervoor. Dit sluit belangrike kontak en telefoon nommers en dat almal daarvan sal weet, en onthou, of herinner word. Die administrasies, rekords, verjaarsdae of ander belangrike reëlings, datums wat die groep kan beïnvloed of beter betrekkinge laat bou en behou kom hier ter sprake.

2.3    Sakelys en bestuur Vlak

          Hier gaan dit oor hoe en waarop die vergadering sy tyd en aandag sal toewy. Dit is ‘n ooreenkoms oor die werkverrigting  van  die  groep.Sy  doel en  oogmerke. Dit is belangrik dat volkome ooreenkoms en betrokkenheid hieroor en hierby verkry sal word. Dit gaan gewoonlik goed as die reëlings duidelik uit gestip was en almal weet hoe saamgewerk moet word.

2.4      Die Emosionele of Geestelike Vlak

             Hierdie is die moeilikste vlak en word dikwels nie verwoord of uit gestip nie,  maar dit gaan om die klimaat of styl van die groep werking. die ‘aanvaarding, erkenning en gemakliksheids vlak of veilige ervaring’  van die groep in geheel is vir elkeen hier van belang.  Dit maak jou tuis voel en om daar te wil wees.

3.0      Die Uitbouing fase

             Hier is die fase waar konflik hantering, verwerking en toepassing die groep positief of negatief (sukses of ondergang) kan beïnvloed.  Dit is nou tyd vir die leier om nie alles self te wil oplos of deurvoer nie. Die groep moet nou begin om mekaar te ondersteun en te dra, en verdra.  Kommunikasie sentreer nie nou net deur en tot die leier nie.  Die leier moet nou leer om nie op alles te wil reageer, te antwoord, te verklaar en rekenskap te wil gee nie.

3.1      Konflik

          Die leier moet nou nie meer probeer om self alle konflik te sublimeer of te smoor nie. Hy laat nou toe dat daar ‘n regverdige, gelyke en eenvormige beoordeling plaasvind. Hier is nie  ‘n wenner of verloorder nie.  Elkeen se inset is belangrik;  dit moet egter skoon en opreg bly.  ‘n Leier sal altyd die volgende gedagtes probeer handhaaf en ander dieselfde te leer.

3.1.1   Almal is nodig

          Almal maak foute,  maar almal is waardevol en nodig vir mekaar.

3.1.2   Konflik is nodig

          Dit is deel van menswees. Dit skep nuwe geleenthede, nuwe oordenking en nuwe toepassing of verandering.

3.1.3   Ander se foute

          Tydens konflik moet elkeen wegskram om die geleentheid te benut of ander se foute te vergroot,  op te diep of uit te basuin.  Hanteer dit skoon en regverdig. Die leier is hierin ‘n filisiteerder nie ‘n regter nie.

3.1.4   Drie Oplossings

          Elke mens hanteer konflik op twee maniere.  Die eerste is om as wenner uit die stryd te tree. Die tweede is om te onttrek. God se manier is om al twee die vorige oplossings te vergewe en bied aan dat saamgewerk moet word om die oplossing te deel met mekaar.

3.1.5   Vertrou die Here

          Dit is alleenlik moontlik as jy opreg, eerlik en regverdig ‘n oplossing begeer en nie jouself daardeur wil verryk of voordeel toe-eien nie.

3.1.6   Verander

             Dit moet onvoorwaardelik wees.  Baie maal gee ons toe sonder om werklik afstand te doen van ons eie egoïstiese ‘regsaak’  Om my opinie ten goede te verander maak my nie ‘n verloorder nie.

3.1.7 Hou die nagevolge in oë

             Die gevolge van my onversoenbare handeling op optrede mag die groep as geheel benadeel.  Uiteindelik benadeel ek my eie saak ter wille van my persoonlike wete.

3.1.8 Moet nie ignoreer nie

             Om die konflik uit te stel of te vermy of te ignoreer verleng dit nog net weer tot iewers in die toekoms.  Hou die Skrif in gedagte en ‘laat die son nie ondergaan oor jou toorn nie’. Dit benadeel net jou eie vrede en uiteindelike gesondheid.

4.0      Die Produksie fase

             Hierdie fase moet die uitbouing fase opvolg,  anders begin die groep ‘stagneer’.  Dit is tyd om na ‘buite die groep’ uit te reik. Die groep het mekaar gevind, geskaaf, aangepas en gelouter. Nou moet gesonde groei na buite plaasvind, anders sterf die groep ‘n stadige kwyn dood.  Die Engelse leuse van ‘use it or lose it’  is hier van toepassing.

4.1    Gebruik die GEES gawes

          Dit wat in die sel groep gebeur is moet nou toegepas word.  Identifiseer die lede se gawes.  Moedig hulle aan om dit te gebruik en beloon hulle met waardering vir hulle poging.

4.2    Identifiseer nuwe Leiers

          Elke gawe wat elkeen ontvang en ontwikkel het moet nou bemagtig word om op te tree. Hulle kan alleen optree as hulle die outoriteit het. Dit word nou toegeken en almal moet kennis dra daarvan.  Dit is nie ‘n ‘geheime sending’ nie.

4.3    Feestyd

          Beloon al die harde werk met voldoende tyd vir feesviering en dankbaarheid.

5.0    Ontbindings fase

          Om ‘n groep formeel te sluit is absoluut Noodsaaklik.  Dit het tyd geword om die nes te verlaat en te vlieg.

5.1    ‘n Afsluiting

          Om ‘n groep net eenvoudig te laat doodgaan laat lede met ‘n gevoel van skuld of onvoltooide besigheid. Dit  werk nadelig op almal se ego en trots. In stede van tevredenheid  en sukses op ‘n hoë noot en vlak af te sluit skep ons dan dalk neerlaag en frustrasie oor die eintlike doodsnikke.  Deur amptelik af te sluit gee dit aan elkeen kans om ‘n blaaskans te neem en dan ‘n nuwe groep te begin.

5.2    ‘n Nuwe Begin

          Moedig alle lede aan om ‘n nuwe begin op hulle eie te maak.  Stel dit duidelik dat jy as leier altyd beskikbaar sal wees,  nie om die nuwe groep te lei nie,  maar om die leier te help.  Die sel het gegroei,  dit moet verdeel en weer groei om aan die lewe te bly.  Moet dit nie probeer verhoed nie.

5.3    ‘n Ooreenkoms

          Maak ‘n definitiewe ooreenkoms om nie die nuwe sel groep se lede self te gebruik om ‘n  nuwe  sel  te  stig  nie, maar  laat  die  verdeling  met  wedersydse  erkenning  en instemming plaasvind.