Inleiding tot Die Bybel
1.0 Inleiding
Anders as wat meeste Christene glo, was die Bybel nie van die begin af daar nie. Die Bybel het met die verloop van tyd ontplooi. Met hierdie lesing gaan ons poog om met net ‘n vlugtige kykie hierdie proses van ontwikkeling waar te neem.
2.0 Handgeskrewe Aantekeninge op Manuskripte
Die Bybel is oorspronklik op lang velle perkament geskryf en dan op hout rollers afgerol. Dit was “Manuskripte” genoem wat beteken “met die hand geskryf”. Hierdie manuskripte was baie duur en was alleenlik aan die mense voorgelees. In Latyn is die woord vir hand, ‘manus, en vir skryf, ‘scribere’. So dit beteken letterlik om met die hand geskrewe.
2.1 Perkament
Aanvanklik is velle van “rein” diere gebruik en later is perkament vervaardig uit die papirusriet. Hierdie perkamente is voorberei uit die velle van diere. Die Ou Testament is in Hebreeus en Aramees geskryf en die Nuwe Testament in Grieks.
2.2 Rolle
Verder was hierdie opgerolde velle of perkamente dan ook “rolle” genoem. Met ander woorde dit was vol geskrewe stukke perkament of (later) papier wat opgerol is om maklik gehanteer te kan word. Dit was dan ook ‘n Boekrol genoem.
Psalm 40 : 8 “Toe het ek gesê: ‘Kyk, ek kom; in die boekrol is dit my voorgeskrywe”.
3.0 Die werk van Joodse skrywers
Die Joodse skrywers het baie versigtig te werk gegaan met die oorskryf van die Hebreeuse manuskripte. Elke nuwe afskrif moes van ‘n goedgekeurde manuskrip afgeskryf word.
3.1 Mondelingse bydraes gedurende skrywe
Hulle moes elke woord hardop uitspreek voordat dit neergeskryf was. Geen woord uit hul geheue was toegelaat om neergeskryf te word nie. Met groot sorg het hulle verseker om waar menslik moontlik geen foute te maak nie.
3.2 Die gesindheid van die Joodse skrywers tydens hulle
Bogenoemde moes hulle penne eerbiedig afvee voordat hulle die Naam van God geskryf het, en daar benewens moes hulle hul hele liggaam was voordat hulle “YHWH” kon skryf. YHWH was die woord vir die naam van God wat onuitspreekbaar was.
3.3 Foute word beperk
Die nuwe afskrifte is noukeurig gekontroleer en deur gegaan om vas te stel of daar enige foute was. Sou slegs een enkele fout gevind word, is die hele afskrif afgewys! In die Hebreeuse dokumente van die Ou Testament is die afwyking by die oorskryf van die geskrifte minder as eenduisendste van die hele teks getel! Hierdie mense was voorwaar ernstig en toegewyd aan hulle taak. Kan ons nie ook so word nie?
3.4 Die gebrek aan medeklinkers
Die Hebreeuse taal is oorspronklik geheel en al in medeklinkers (konsonante), sonder enige klinkers (vokale – spraakklank gevorm deur trilling van die stembande en verdere ongehinderde beweging van die lug deur die middel van die mond, A,E,I,O,U en Y) geskryf. Met ander woorde daar was geen spasies om die woorde te skei nie. Die Naam YAHWEH of YAHVAH is eenvoudig as “YHWH” geskryf. As ons die “Onse Vader” moes neerskryf, sou dit so gelyk het NSVDRWTNDHMLSLTNM. …….
4.0 Septuagint
Net voor sy dood het Alexander die Grote sy koninkryk tussen sy vier generaals verdeel. Hy het geen opvolger gehad nie. Egipte en later Palestina het na Ptolemeus gegaan. ‘n Groot aantal Jode het hulleself in Egipte en ander kultuur sentra gaan vestig. Terselfdertyd het hulle die boodskap en die hoop van die komende Messias versprei. Dit was gedurende hierdie tydperk, in ongeveer 270 v.C., dat die vertaling van die Ou Testament in Grieks plaasgevind het. Ook het dit die Apokriewe Boeke ingesluit. Die Apokriewe Boeke was sekere geskrifte wat nie in die Bybel opgeneem is nie. Die Septuagint is uit Hebreeus in Grieks vertaal. Die woord “Septuagint” is ‘n Latynse woord wat beteken “sewentig”. Dit was vernoem na die 70 Hebreeuse vertalers. Dit word ook na verwys in Romeinse syfers as “LXX”.
5.0 Die Vulgaat
Word ook genoem Vulgata. Die Latynse Bybelvertaling van Hieronymus. Ook die amptelike vertaling van die Roomse Katoliek Kerk. Dit beteken “om iets te vereenvoudig of publiek te maak”.
6.0 Die eerste gesaghebbende uitgawes van die Bybel
Die geskrewe Bybel was nie net daar nie. Dit het eeue geneem om dit in die vorm waarin dit aan ons bekend is, te ontwikkel. Lesing 3 en 4 sal dit bevestig en soos met enige iets was goed is, het dit gepaard gegaan met ‘n pynlike groei proses.
6.1 Die ‘Groot Bybel’
Thomas Cromwell het Hendrik (Henry) VIII oorgehaal om ‘n lisensie vir die uitgee van die Bybel in Engels toe te staan. Dit is deur John Rigers gedoen en het as die “Matthéüs-Bybel” bekend gestaan. In 1539 is ‘n herdruk (new edition) deur Coverdale uitgegee en dit het bekend gestaan as die “GROOT BYBEL”.
6.2 Die Geneefse Bybel
In 1560 het die “GENEEFSE BYBEL” verskyn. Die Geneefse Bybel was ‘n baie belangrike uitgawe om die volgende redes:
· Die makliker leesbare Romeinse skryfwyse is gebruik.
· Dit was die eerste Bybel wat ten volle in verse verdeel is.
6.3 Die “King James” – uitgawe
In 1611 het die “King James” – uitgawe verskyn. Dit is die vertaling wat vandag nog deur die meeste van die Engelstalige mense gebruik word. Sewe-en-veertig geleerdes, met magtiging van Koning Jakobus (James), het ‘n uitgebreide studie van vroeëre vertalings en uitgawes gemaak. Ou Hebreeuse en Griekse geskrifte is bestudeer ten einde die beste resultate te verkry. Driehonderd-en-vyftig jaar lank was dit die beste uitgawe.
7.0 Wan voorstellings van die Bybel
Sommige mense het geglo dat die Bybel ‘n verslag is van die mens se godsdienstige ontdekkings en van sy vooruitgang in sy soeke na ‘n beter begrip van God. Dit is nie waar nie! Die Bybel is ‘n verslag van God se openbaring van Homself en van Sy koms na die aarde as die Messias of God in Sy Gesalfde Liggaam Christus Jesus.
8.0 Die Bybel kan beskou word as ‘n tipe van ‘n “fotoalbum”
Die Bybel is God se foto album en bevat die foto’s van baie heiliges en sondaars. Daar is op elke bladsy ‘n foto van Homself. Wat ons sien wanneer ons die Bybel oopslaan, is die “aangesig van Jesus Christus”. Dit is dan ook hier waar Tipologie so ‘n groot rol speel
“Hy is die Beeld van die onsienlike God”
II Kor. 4:6. ‘Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn – dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus”.
Kol. 1:15 “Hy is die beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van hele skepping”.
9.0 Die kern van die Bybel
Soos die planete rondom die son beweeg, so is die kern van die Bybel, Jesus Christus. Die Bybel is die geskrewe Woord. Jesus is die lewende Woord. Die ganse geskrewe Woord is in die lewende Woord gesentreer.
10.0 Die Skepper van die Bybel
Jesus is die Skepper van die Bybel. Ons vind en ontmoet Jesus in elke gedeelte van die Bybel.
11.0 Jesus Christus in die Ou-Testamentiese Profesieë
Dit is so ‘n groot tragedie wanneer mense opsigtelik die OT verwerp. Tog, is hierdie Testament die wyser na gebeurtenis wat sou plaasvind. Baie van die voorspellings en profesieë word in die NT of bevestig of bewaarheid. Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde.
11.1 Die verwysing na Moses
Aan die einde van die Evangelie van Lukas verduidelik Jesus aan die Emmausgangers die gebeure rondom Sy kruisiging deur te begin met die profeet Moses:
Lukas 24 : 27 het”. “En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het”.
11.2 Al die profete bevestig Jesus as ons Saligmaker
‘n Studie van die Bybel bevestig dat al die profete Jesus gesien het as die Verlosser en
Saligmaker van die mens.
Hand. 10:43 “Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur Sy Naam ontvang.
11.3 Aangaande Sy koms en bediening
Die Ou Testamentiese profete het almal vooruit na Jesus Christus gewys en ‘n groot hoeveelheid inligting verskaf betreffende Sy koms en bediening. Ons sal ons by ‘n paar voorbeelde berus.
Genesis 3 : 15 Saad van die vrou
Jesaja 7 : 14 Sy maagdelike geboorte
Psalm 22 : 16 – 18 Sy hande en voete deurboor en klere verdeel
Jesaja 53 : 1 – 12 Christus se lyding op Golgota
11.3 Die persentasie profesieë aangaande Jesus
Daar is altesaam eenduisend profesieë in die Bybel – ongeveer agthonderd in die Ou- en ongeveer tweehonderd in die Nuwe Testament. Nie minder as driehonderd-drie-en- dertig daarvan sentreer om Jesus Christus nie.
12.0 Jesus Christus in die Ou-Testamentiese Tipes
Om die Bybel beter te verstaan of om dit op so ‘n wyse oor te dra dat dit heel maklik begryp kan word, word daar van tipes heel dikwels gemaak. Hier volg ‘n definisie van Tipologie. Hierdie onderwerp word as so belangrik geag dat dit as ‘n eerstejaarsvak in ons Kollege aangebied word.
‘Tipologie is die leer van die indeling van mense in tipes, in ‘n aantal soorte waarbinne die enkelinge ‘n klompie eienskappe gemeen het, onafhanklik van die groep waartoe hulle behoort’.
12.1 Ander voorbeelde van Tipologie in die Bybel
Die Ou Testament bevat baie tipes wat vooruit na Jesus Christus wys. Dit is moontlik om ‘n lang lys met voorbeelde op te stel: Adam, Aäron, Isak, Jona, Josef, die Paaslam, die vrystede, die Tabernakel in die woestyn, die Hoëpriester en sy kledingstukke, ens. dien as voorbeelde.
Ook bevat die Ou Testament baie tipes waarvan Jesus Christus gewoonlik die heel belangrikste is. Ons sal nie poog om almal op te noem nie, en slegs na ‘n paar voorbeelde verwys:
12.2 Jakob se Leer
Hier kan ons kyk na ‘n paar voorbeelde waar die woord ‘leer’ aangewend word in die studie rondom Tipologie.
12.2.1 Leer of trappe
Die woord “leer” beteken eintlik trap. Jakob het trappe met engele wat op en af klim, gesien. Daar kom geen ander leer in die Skrif voor nie. Hierdie ‘leer’ het tot by God gestrek.
12.2.2 Die leer van God
Jesus Christus is ‘n duidelike tipe van hierdie leer.
Joh. 1:52 verduidelik dit as volg: “En Hy sê vir hom : Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopen sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens”.
Jesus is die leer waarmee God na die mens afgekom het. God was in Christus op die aarde. Indien daar geen maagdelike geboorte was nie, het God nie afgekom nie.
12.2.3 Hierdie leer is vir die mens onontbeerlik
Jesus kon ons uit die hemel liefhê, maar Hy het ons nie van daar af gered nie. Die ‘leer’ raak beide die hemel en die aarde. Dit is op aarde opgestel deur Sy maagdelik geboorte, en reik tot by die hemel met Sy Hemelvaart. Die mens kan op geen ander wyse die hemel binnegaan nie.
13.0 Jesus Christus as ‘n tipe van organiese produkte
Organiese landbouprodukte word voortgebring sonder die gebruik van kunsmis of plaagdoders.
13.1 Manna
Manna was Israel se woestynvoedsel. Dit was ‘n wonderwerk, natuurlik.
Exodus 16:4 “ Toe sê die Here vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat (daily quota) van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie”.
13.1.1 Jesus die manna
Jesus Christus is die tipe van die manna soos aangeteken in Johannes 6:30-58. Manna het vanuit die hemel geval. Christus is die brood wat van die hemel af neerdaal. Die Israeliete het nie nodige gehad om ‘n begrip van die manna te hê nie – hulle kon net eet. Al wat ons hoef te doen is om Christus aan te neem, en daarin hoef ons nie te twyfel nie.
Die manna was slegs ‘n klein rukkie op die grond beskikbaar, terwyl die drie-en- dertig jaar van Christus se lewe ‘n kort tydperk in vergelyking met die ewigheid is.
Die manna was toe beskikbaar en nog nooit weer nie. Christus het net eenkeer as Verlosser na die aarde gekom.
14.0 Jesus Christus in die Ou-Testamentiese offerandes en slagoffers
Daar is vele voorbeelde van offerandes in die OT. Ook is daar gereeld voorvalle waar slagoffers, offerdiere wat tot ere van ‘n godheid op ‘n altaar geoffer word, na verwys word.
14.1 Offerandes en slagoffers
Al die offerandes en slagoffers wat so gereeld in die Ou Testament voor kom, wys vooruit na Jesus Christus. Hy word die offerande, en die Lam geslag.
14.2 Verskillende tipes offerande
In Genesis vind ons die offerande vir die individu – Isak (Gen. 22 :13) In Eksodus vind ons die offerande vir die huis – Paasfees (Eks. 12 : 3)
In Levitikus vind ons die offerande vir die volk (Lev. 4 : 13-15) In Johannes vind ons die offerande vir die wêreld (Joh. 3 : 16)
15.0 Jesus Christus in die Nuwe Testament
Die hele Nuwe Testament bestaan uit ‘n verslag wat handel oor die lewe en bediening van ons Here. Hy het verlossing vir die mensdom op aarde bewerkstellig. Elke afdeling van die Nuwe Testament bied aan ons inligting aangaande ‘n sekere aspek van Sy lewe en bediening.
15.1 Die Evangelies
Daar is vier Evangelies in die NT, en hulle is as volg:
15.2 Matthéüs
Matthéüs het vir die Jode geskryf en Jesus as hul Messiaanse Koning voorgehou.
Sagaria 9:9 “Verheug jou grootliks, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ‘n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ‘n esel – op ‘n jong esel, die vul van ‘n eselin”.
Matt. 21:5 “Sê vir die dogter van Sion: Kyk jou koning kom na jou toe, sagmoedig , en
Hy sit op ‘n esel, ja, ‘n jong esel, die vul van ‘n pakdier”.
15.3 Markus
Markus het vir die Romeine geskryf en het Christus as die ware, besige, medelydende, en gehoorsame Dienaar en Seun van God voorgehou. Hy is al die tyd besig om te sien na die fisiese en geestelike behoeftes van Sy mense. Hier sê God vir ons: “Daar is my Kneg”.
Jes. 42:1 “Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel ‘n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring”.
Markus 10:45 “Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ‘n losprys vir baie”.
15.3.1 Lukas
Lukas het vir die Grieke geskryf en Christus as Seun van die Mens voorgehou. Hier sê God vir ons: “Daar is die mens”.
Sagaria 6:12 “En sê vir hom dit: So spreek die Here van die leërskare: Kyk, daar kom ‘n Man wie se Naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van die Here bou”.
Lukas 12:8 “ En Ek sê vir julle: Elkeen wat My sal bely voor die mense, hom sal die Seun van die mens ook bely voor die engele van God”.
15.3.2 Johannes
Johannes het vir ons geskryf en Christus met Sy Goddelikheid en sy vleeswording as die Seun van God voorgestel.
Jesaja 40:9 “O Sion, verkondiger van goeie boodskap, klim op ‘n hoë berg! O Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie! Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God!”
Johannes 9:11 “Hy antwoord en sê: Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my oë gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Silóam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien”.
15.4 Handelinge en die Sendbriewe
In Handelinge en die Sendbriewe sien ons Jesus Christus as die Een wat uit die graf opgestaan het, lewendig en dienend in Sy Kerk. Die geskrifte van die Ou Testament, die historiese opstanding, die apostoliese getuienisse, en die oortuiging , en krag van die Heilige Gees is alles bevestigende getuienisse dat Jesus beide Heer en Christus is.
15.5 Openbaring
In Openbaring is Jesus die Koning van Konings en Here van Here, asook die opgestane Christus in wie al die mag en glorie op hemel en aarde gesetel was. Hy sal ook die aarde oordeel. Om die waarheid te sê, die boek is in sy geheel die “Openbaring van Jesus Christus”.
16.0 Slot
Daar is geen ander boek wat in soveel verskillende tale gedruk is nie, nog minder is daar enige boeke wat so gereeld gelees word soos die Bybel nie. Meer inligting aangaande die Woord van God verskyn in die lesings wat gaan volg.
Lesing 2
1.0 Inleiding
Aan die einde van die vorige lesing is daarna verwys dat die Bybel is die boek wat die meeste gedruk is van alle boeke wat nog ooit die lig gesien het. Hoekom? Ons gaan met hierdie les kortliks van die redes aan u voorhou.
2.0 Die Bybel
Die Engelse woord “Bible” kom van die Griekse woord “Biblos” en “Biblion” en dit beteken “Die Boek”. Met ‘n konkordansie word Bybelstudie ‘n verruklike ervaring. Maak gebruik van die volgende: Youngs, Vines, Strongs en Afrikaanse konkordansies, asook kleurpotlode in die voorbereiding van u studies. Die Bybel staan ook bekend as die volgende:
2.1 Boekrol
Psalms. 40:8: “Toe het ek gesê: Kyk, ek kom; in die BOEKROL is dit my voorgeskrywe”
Heb. 10:7 “Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom – in die BOEKROL is dit van My geskrywe – om u wil te doen, o God”.
2.2 Die Boek
Daar word ook van “Die Boek” gepraat.
Markus12:26 “En wat die dode betref, dat hulle opstaan – het julle nie gelees in DIE BOEK van Moses, in die gedeelte oor die doringbos, hoe God vir hom gesê het: Ek is die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob nie?”
Hand. 7:42 “Maar God het Hom afgewend en hulle oorgegee om die leër van die hemel te dien, soos geskrywe is in DIE BOEK van die profete: Julle het tog nie aan My slagoffers en offers gebring gedurende veertig jaar in die woestyn nie, o huis van Israel?”
Lukas 3:4 “Soos geskrywe is in DIE BOEK van die woorde van Jesaja, die profeet, waar hy sê: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit”
Hand. 1:20 “Want daar staan geskrywe in DIE BOEK van die Psalms: Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En: Laat ‘n ander een sy opsienersamp neem”
Lukas 20:42 “En Dawid self sê in DIE BOEK van die Psalms: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand”
2.2 Die Woord van God
Van al die name wat vir die Bybel gegee is, is die mees betekenisvolle, indrukwekkendste, voltooide en mees omvattendste naam:- DIE WOORD VAN GOD. Dit weergee die gedagte dat die Bybel God is wat met die mens spreek. Dit beteken Goddelike gesag en kom dikwels in die Ou Testament en ongeveer veertig keer in die Nuwe Testament voor.
Markus 7:13 “So maak julle dan DIE WOORD VAN GOD kragteloos deur julle oorlewering wat julle bewaar het; en dergelike dinge van dieselfde aard doen julle baie”
Rom. 10:17 “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur DIE WOORD VAN GOD”
Heb. 4:12 “Want DIE WOORD VAN GOD is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart”
2.3 Die Skrif(te)
Die verwysing na “DIE SKRIF” kom eenkeer in die Ou Testament voor:
Dan. 10:21 “Nogtans sal ek jou te kenne gee WAT GESKRYWE IS in die boek van die waarheid; en daar is nie een wat hom saam met my dapper gedra teen hulle nie, behalwe julle vors Migael”
Dan kom dié titel twee en vyftig keer voor in die Nuwe Testament.
Matt. 22:29: “Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle DIE SKRIFTE nie ken nie en ook nie die krag van God nie”
Rom.1:2 “Wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige SKRIFTE”
Lukas 24:27 “En Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al
DIE SKRIFTE die dinge wat op Hom betrekking het”
II Tim. 3:16 “DIE HELE SKRIF is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot onderwysing in die geregtigheid”
Joh. 5:39: “Julle ondersoek DIE SKRIFTE, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is die wat van My getuig”
II Pet. 3:16 “Net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander SKRIFTE, tot hul eie verderf”
Hand.17:11 “En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessalonika; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag DIE SKRIFTE ondersoek of hierdie dinge so was”
2.4 Die Ou en Nuwe Testament
Die woord “Testament” beteken “Verbond”. Hierdeur kon God Sy verbond bewys wat bestaan het tussen Hom en Sy volk. Die Ou Testament of Verbond (Covenant) was op die berg Sinai gegee en dit handel in verband met die roeping en geskiedenis van die Israelitiese Volk.
Die Nuwe Testament of Verbond is in die Oppersaal gebore verklaar aan ons die geskiedenis en toepassing van die verlossingsplan God in die Here Jesus Christus.
Lukas 22:20 “Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die
NUWE TESTAMENT in my bloed wat vir julle uitgestort word”
II Kor. 3:6 “Wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n NUWE TESTAMENT, nie van die letter nie, maar van die gees want die letter maak dood, maar die gees maak lewend ”
Heb. 12:24 “En by Jesus, die Middelaar van die NUWE TESTAMENT, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel”
Heb. 9:15 “En daarom is Hy Middelaar van ‘n NUWE TESTAMENT, sodat terwyl daar
‘n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang”
2.5 Die Godspraak (Die Orakel, woorde van God)
“Orakel” het oorspronklik beteken die plek waar die Woord van God gehou was en vanwaar dit gekommunikeer het. Hierdie benaming word ongeveer veertien keer in die Ou Testament aangetref en vier keer in die Nuwe Testament (Old King Jamesvertaling).
II Sam. 16:23 “En die raad wat Agitófel in dié dae gegee het, was asof ‘n mens DIE WOORD VAN GOD geraadpleeg het. So was elke raad van Agitófel vir Dawid sowel as vir Absalom”
Heb. 5:12 “Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die EERSTE BEGINSELS VAN DIE WOORDE VAN GOD moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie”
Rom. 3:2 “Groot, in alle opsigte: ten eerste tog seker dat aan hulle DIE WOORDE VAN GOD toevertrou is”
Psalm 28:2 “Hoor die stem van my smekinge as ek U aanroep om hulp, as ek my hande ophef na die BINNESTE VAN U HEILIGDOM”
Hand. 7:38 Dit is hy wat in die vergadering in die woestyn was saam met die Engel wat met hom op die berg Sinai gespreek het, en saam met ons vaders; hy het DIE LEWENDE WOORDE ontvang om aan ons te gee
I Petrus 4:11 “As iemand spreek, laat dit wees SOOS WOORDE VAN GOD; as iemand dien, laat dit wees soos uit die krag wat God verleen, sodat God in alles verheerlik kan word deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en krag toekom tot in alle ewigheid. Amen”
2.6 Die Voorskrif
Die Voorskrif is die voorgeskrewe waarhede.
Lev. 5:10 “En die ander een moet hy as ‘n brandoffer VOLGENS VOORSKRIF berei. So moet die priester versoening doen weens die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word”
Dit beteken “in bewaring geplaas” en het te doen met die gedrag en gewete van die mens.
Deut. 33:9 “Wat van sy vader en sy moeder gesê het: ek sien hom nie, en sy broers nie erken het en van sy seuns niks geweet het nie; want hulle het U WOORD BEWAAR en verbond gehou”
2.7 Die Verordeninge
Deut: 11:1 “Daarom moet jy die Here jou God liefhê en altyd sy ordening, sy insettinge sowel as sy VERORDENINGE en sy gebooie onderhou”
Hierdie term beteken vasgestelde verpligtinge en is van die stamwoord “om te graveer”
afgelei.
Hierdie verordeninge is deur die hand van God vasgestel en gegraveer.
Jes. 49:16 “ Kyk, Ek het jou in die handpalms GEGRAVEER; jou mure is gedurig voor
My”
Sag. 3:9 “ Want kyk, die steen wat Ek voor Josua neergelê het – op die een steen is daar sewe oë; kyk, EK SAL SY GRAVEERSEL GRAVEER spreek die Here van die leërskare, en Ek sal die skuld van hierdie land op eendag uitdelg”
2.8 Die Gebooie
Gods woord is met GESAG gegee en is by ons gelaat as ‘n pand. ‘n Pand dien as sekuriteit.
Om nie die Woord van God te gehoorsaam nie, is ‘n daad van rebelsheid, en God het
‘n hekel in rebelsheid.
I Sam. 15:23 “Want weerstrewigheid is ‘n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens…….”.
Eksodus 15:26 “en gesê, As jy getrou na die stem van die Here jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na SY GEBOOIE en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want ek is die Here wat jou gesond maak”
2.9 Die Oordele
God se oordeel is in oneindige wysheid gemaak. Daardeur moet ons geoordeel word. Die Bybel is ‘n gids wat regverdig en reg is.
Lev. 19:15 “Julle mag geen onreg doen in die gereg nie. Jy mag vir die geringe nie partydig wees nie en die aansienlike nie voortrek nie. Met geregtigheid moet jy oor jou NAASTE OORDEEL”
3.0 Die verdeling van die Bybel
Die Bybel is op verskillende wyses verdeel om die hantering daarvan te vergemaklik, naslaanwerk en studies te bespoedig, dit interessant te maak, om orde daar te stel, onderwerpe geredelik te identifiseer, ens.
3.1 Die Testamente
Daar is twee, naamlik: – Die Ou en Nuwe Testamente
3.2 Ou Testamentiese verdeling
Die Bybel in die Afrikaanse verdeling van die Ou Testament het 39 boeke.
3.2.1 Verdere indelings
Die eerste vyf boeke van die Bybel, naamlik, Genesis; Exodus; Levitikus; Deuteronómium en Númeri, word ook genoem die Pentateug.
3.2.2 Die Geskiedenisboeke
Daar volg nou die twaalf geskiedenisboeke en hulle is: Josua Samuel I & II Esra
Rigters Konings I & II Nehemia
Rut Kronieke I & II Ester
3.2.3 Die Poëtiese boeke
Die geskiedenisboeke word gevolg deur die 5 boeke van Poësie, en hulle is: Job Spreuke
Psalms Prediker Hooglied van Salomo
3.2.4 Die Boeke van Profesie
Die Ou Testament eindig met die sewentien profetiese boeke, en hulle is: Jesaja Jeremia Klaagliedere
Esegiël Daniël Hoséa Joël Amos Obadja Jona Miga Nahum Hábakuk Sefánja Haggai Sagaria Maleági
3.3 Nuwe Testament verdeling
Die Afrikaanse verdeling van die Nuwe Testament bevat 27 Boeke en bestaan uit die volgende:
3.1 Die Evangelies
Die Nuwe Testament open met die vier Evangelies, nl: Matthéüs Markus
Lukas Johannes
3.2 Die Geskiedenisboek
Die Handelinge van die Apostels is die enigste geskiedenisboek van die Nuwe
Testament.
3.3 Die Sendbriewe
Nou volg die een-en-twintig sendbriewe geskryf deur verskillende skrywers. Romeine I Korintiërs Judas
Galasiërs II Korintiërs I Johannes Kolossense Efesiërs II Johannes I Timotheus I Tessalonisense III Johannes II Timotheus II Tessalonisense Titus
I Petrus Filippense Jakobus
II Petrus Hebreërs Filémon
3.4 Die Profetiese boek
Die Nuwe Testament eindig met die enigste Nuwe Testament Profetiese boek, naamlik: Openbaring
3.5 Hoofstukke
Daar is 1189 hoofstukke in die Bybel. Dit is ‘n vertalersverdeling, gedoen deur
Stephen Langdon.
3.5.1 Verse
Daar is 31,163 verse in die Bybel. Hierdie is ook ‘n vertalers-verdeling deur sir Robert Stevens in 1550. Die Geneva Bybel van 1560 was die eerste Bybel wat in versvorm gedruk is. Daar is 3,566,480 letters in die Bybel.
Lesing 3
1.0 Inleiding
In die volgende lesing sal ons kyk na die pogings wat aangewend was om die Bybel suksesvol te vertaal in Nederlands en Engels. Vereers gaan ons vasstel hoedat die Bybel in Duits vertaal was.
2.0 Vertalings voor die Hervorming
Soos in Nederland en Engeland was daar in die Middeleeue sporadiese pogings om die
Vulgaat in Ou Duits te vertaal.
2.1 Die Monsese Mattheus
Die bekendste voorbeeld is die ‘Monsese Mattheus’, uit die Monsee klooster in Oostenryk. Die Monsese Mattheus het op vele plekke die Latyn verstaanbaar gemaak. Daar is byvoorbeeld die haan van Petrus wat kraai in plaas van ‘sing’ ens.
2.2 Talle klein of gedeeltelike vertalings
Veral sedert 1300 begin daar talle gedeeltelike Duitse Bybelvertalings verskyn. In 1325 verskyn drie Ou Testamentiese en twee Nuwe Testamentiese, vyf Evangeliese en twintig Psalmboeke. Hieruit blyk daar ‘n groot begeerte om die Bybel in Duits te besit. Tog, is dit alles net ‘n druppel in die emmer, want daar is geen kommunikasiemiddele nie en baie min mense kry met hierdie vertalings te doen..
2.3 Die weerstand vanaf die kant van Katolieke kerk lui
Daar was ook geweldige weerstand van die Roomse Katolieke priesters wat beweer het dat die vertalings swak is en dat dit die Bybel geheimenisse vulgêr maak. Die eenvoudiges word vermaan om met die ‘duidelike skrif’ tevrede te wees. Die leke word slegs net wat nodig is deur die Priesters geleer.
Die Pous Gregorius VII gebruik selfs die argument dat God met opset sekere moeilike gedeeltes in die Bybel geplaas het om sodoende kennis vir die leke weg te steek. Pous Innocent gaan so ver as om te vra dat leke wat die Bybel wil verstaan, gestraf moet word!
2.4 Die Mentel van Straussberg uitgawe
In Helde word daar die eerste Duitse Bybel deur Mentel in Straussberg uitgegee, maar dit is ook ‘n baie swak vertaling. Hierdie uitgawe het van drukfoute gewemel. Die Roomse Katolieke Vulgaat was as bron dokument gebruik was vir hierdie vertaling, verder was die vertaling deurspek met foute en so sleg afgeskryf dat dit dikwels nie ontsyfer kon word nie. Ook was die Duits letterlik vol onverstaanbare Latynse uitdrukkings.
Byvoorbeeld ‘die snelle God’ (quick God) in plaas van genadige God. Gebede word gegiet inplaas van gedoen. Bowendien is die Bybel so groot dat niemand dit kon hanteer nie. Dit was 2 Voet by 1 voet groot, met 405 dik bladsye. Die prys was byna gelyk aan ‘n span osse. Geen wonder dat die Duitse volk deurentyd gesmag het na ‘n bekostigbare Duitse vertaling van die Bybel nie.
3.0 Martin Luther en sy Vertaling
Luther vertel hoe verwonderd hy was toe hy as Priester die eerste volledige Bybel te sien gekry het. Hy het slegs die sogenaamde kerklike geskrifte geken.
3.1 Luther vind ‘n genadige God
Vanaf Maart 1509 moes hy in Wittenberg eksegese (Teksverklaring of Uitlegkunde) doseer. In 1513 word hy doktor in Teologie en hy ontvang die leerstoel van Eksegese. In hierdie tyd en op grond van sy ontdekking van die Bybel ‘vind hy ‘n genadige God’.
3.2 Sy aanvanklike denke
Aanvanklik het hy nooit gedink dat die volk die Bybel in hulle taal moes besit nie. Die rede was dat hy sy opvoeding deur die Vulgaat gehad het en eers gedink het dat die Bybel veiliger in die hande van die priesters was.
3.3 Die verskillende verklaringswyses
Ook was daar geglo dat daar 4 soorte verklaringswyses vir die Bybel was. Daar was ook die letterlike verklarings, en die leek het nooit geweet watter verklarings wyse hy moet toepas by sekere gedeeltes nie. Hoe meer Luther met die Bybel omgegaan het des te meer ervaar hy hoe onbetroubaar die Vulgaat was.
3.4 Die Bybel moet letterlik verklaar word
In 1517 spreek hy hom met veragting uit teen al die verklarings wyse en voer aan dat die Bybel alleenlik letterlik vertolk kan word. Dit wil sê, lees eenvoudig wat daar staan. Bowendien is elke mens vry en geregtig daarop om persoonlik toegang tot God te verkry en in besit van Sy Woord te wees.
3.5 Die uitvaardiging van die 95 stellings en ‘n eie Duitse Bybel
In Luther groei die opvatting al hoe meer dat elke mens asook vroue en kinders hulle eie Bybel moes besit. Een waarin hulle ook hul eie naam kon skrywe. Nadat hy die 95 stellings uitgevaardig het, sien Luther dat dit des te meer noodsaaklik is dat elke persoon self van die genade leer en van die waarheid van sy stellings bewus word.
3.6 Hy begin om homself voorberei
Luther se vriende spoor hom aan om self hierdie taak op sy skouers te neem. Vroeg reeds besef hy egter dat hy die grondtale moes ken. Aanvanklik lê hy die Psalms uit aan sy studente en hy skaf vir homself ‘n Hebreeuse woordeboek aan. Hy kom al hoe meer en meer onder die besef van die rykdom van die Hebreeuse taal. As hy ‘n wandeling neem dan loop hy Hebreeus hardop en lees. Tot aan die etenstafel lees hy die Hebreeuse Bybel. Daarna begin hy ook met Grieks en hy begroet die Hebreeuse Nuwe Testament van Erasmus in 1516 met groot vreugde. Met die verskyning van Erasmus se Nuwe Testament gebruik hy dit onmiddellik. Hy loop ook spesiale Griekse klasse by Melanehton (Swarts).
3.7 Sy gebruik van die Latynse en Duitse tale
Luther moes ook Duits leer van weë die feit dat hy as geleerde net Latyns gebesig het. Op daardie stadium dink hy soos baie ander geleerdes dat die Duitse taal minderwaardig is, en het hy sy eie moedertaal verag. Hoewel hy tot aan die einde van sy lewe met die vertaling van die Duitse vertaling besig bly, praat hy Latyns op sy sterfbed.
3.8 Hy moes eers sy eie moedertaal leer praat
Plotseling besef Luther dat as hy ‘n Bybel aan die Duitse volk wou gee, hy hulle taal moes ken en daarom het hy hom dikwels vermom, na die mark of die straat gestap en dan fyn na die woordkeuses geluister. Vir hom het dit belangrik geword om die moeder in die huis, die kind op straat en die man op die mark se taal te leer ken.
3.9 Sy verdere bydrae tot die Duitse taal
Hy besluit om sy vertaling in Hoog Duits, dit wil sê die Duits wat in die diplomatieke wêreld gebruik word, te skryf. Natuurlik was hoog Duits nie voldoende om heeltemal aan bv. die standaarde van ander vertalings soos die Franse Bybel reg te laat geskied nie. Om daarvoor op te maak leer hy talle woorde en skep sommige van sy eie. Vandaar dat dit dikwels beweer word dat hy die skepper van die Duitse taal was, ‘n bewering wat in ‘n relatiewe sin waar is.
3.10 Sy voltooiing van die Nuwe Testament
Uiteindelik durf hy eerste die Nuwe testament aan en voltooi dit in die ongelooflike tyd van 6 – 10 weke. In Katolieke kringe is dit verkleineer en is beweer dat hy slegs die Ou Duitse vertalings afgeskryf het. Alhoewel hy hulpmiddels gebruik het, was die Ou Duitse Bybel nie deel daarvan nie. Bowendien was die Ou Duitse vertalings so swak dat hy hulle geïgnoreer het.
3.11 “Das Neue Testament Deutsch”
Op 21 September 1522 verskyn Luther se Nuwe Testament: ‘Das Neue Testament Deutsch’. Baie noem dit die ‘September Testament. Behalwe vir die Nuwe Testamentiese boeke bevat dit ook inleidende en verklarende aantekeninge waarin Luther se humor ook nie ontbreek nie. Hoewel hierdie Nuwe Testament ongeveer R7 gekos het, is die oplaag binne drie maande uitverkoop. Binne vier maande het die 3de uitgawe reeds verskyn en na twee en ’n half jaar is 80 uitgawes van die September Testament gemaak. Luther het sy vertalings telkens verbeter, ja, selfs tot net voor sy dood.
3.12 Sy probleem met sekere Nuwe Testamentiese boeke
Luther het ook ‘n ingrypende besluit oor die nuwe testament kanon geneem, naamlik oor watter boeke wel tot die Heilige Skrif behoort. Sy reël was: ‘Was Christum Treibat’ (Wat Christus verkondig). Hy ondervind probleme met 4 Nuwe Testamentiese boeke omdat hy nie seker is of die apostels of hulle metgeselle hulle geskryf het nie. Hierdie boeke is: Hebreërs, Jakobus, Judas en Openbaring. Hy sluit hulle nie uit sy vertaling nie, maar voeg hulle afsonderlik genommerd aan die einde van die Nuwe Testament. Wat die Jakobus brief betref, ontwikkel Luther ‘n geweldige verset en noem dit ‘n ‘strooi brief’. Die rede is duidelik want Luther het die saligheid sonder die goeie werke ontdek en nou blyk dit asof Jakobus die saligheid op grond van die werke leer. Hy het egter later tot ander insigte gekom.
3.13 Hy begin die Ou Testament
Intussen begin hy ook met die vertaling van die Ou Testament wat hom uiteindelik 12 jaar sou neem. Dis te verstane want die Ou Hebreeuse terme en begrippe bied groot probleme. Hy ontsien geen opoffering nie. Hy gaan byvoorbeeld by ‘n slagter al die dele van beeste en skape leer met die oog om die wette in Levitikus beter te verstaan.
3.14 Sy probleme met die boek Job
Veral met Job swoeg Luther baie lank. ‘Skynbaar kan Job my vertaling nog minder duld as die skrale troos van sy vriende’, het hy op ‘n tyd geskrywe. Sy oorspronklike Job teks is bewaar en dit blyk daaruit dat hy woorde en sinne soms 13 keer verander het! In 1534 kan sy volledige Bybel verskyn, en verskyn onder die naam ‘Bibila -das ist die ganze heilige Sckrift Deutsch’.
3.15 Sy ander werk
In die 24 jaar vanaf 1522 tot by Luther se dood in 1546, het daar nie minder as 377
Bybel drukke verskyn nie. Nie almal was volledige Bybels nie.
4.0 Roomse Katolieke Kerk se reaksie op Lutherse vertalings
Die Bybel word in Duitsland met ongekende vreugde begroet. Selfs enkele Roomse geestelikes het dit verwelkom.
4.1 Die Hertog Georg van Sakse
Die berugste voorbeeld hiervan is die bitter vyand van Luther, ene Hertog George van Sakse, wie Luther se Bybel in sy gebied verbode verklaar het, maar homself die sonderlinge voorreg veroorloof om ‘n Lutherse Bybel te besit en te lees!
Die gevolg van Luther se vertaling was dat die Duitsers nou een taal kry. ‘n Taal wat deur Luther oneindig verryk is. Hy het dikwels daaroor geglimlag dat hy teengegaan is maar dat sy vyande die taal gebruik wat hy help maak het.
4.2 Die katolieke Emser Bybel
Die Roomse Katolieke kerk het besef dat hulle self ‘n Duitse Bybel sou moes uitgee as hulle nie wou toelaat dat hulle eie mense ook Luther se Bybel sou lees nie. Aanvanklik was daar allerlei bewerings gemaak dat Luther se Bybel vals sou wees en oor die 14,000 ketterse leuens sou bevat. Uiteindelik (in 1527) het Emser, ‘n Roomse Katoliek, ‘n Nuwe Testament uitgegee. Dit was ironies, want eers koop Emser houtsnee prente wat deel van Luther se uitgawe was en dan word dit bevestig dat hy sy teenstander se werk net so afgeskryf het. Ook interessant dat die illustrasie van Emser by Openbaring 14:8, waar die groot stad Babilon val, ‘n illustrasie blyk te wees van die stad Rome en die pouslike geboue!
4.3 Die vertaling van die Vulgaat in Duits
Emser wou eers die Vulgaat in ere herstel deur dit in Duits te vertaal. Ondanks sy beweringe dat Luther se Bybel vol foute is, gaan hy gaandeweg daartoe oor om sy teenstander se werk net so af te skrywe. Hy gaan selfs sover om op talle plekke met Luther saam te stem terwyl dit teenstrydig die Vulgaat was. Emser voeg selfs in Rom. 3 : 30 teen die Roomse opvattings, Luther se woordjie ‘nur’ daarin. (‘Nur’ beteken alleen, op grond van geloof geregverdig). So kry die Roomse Kerk prakties Luther se vertaling in die hande, alhoewel dit ‘n baie swakker vertaling is. Luther het dikwels sy vreugde oor hierdie saak uitgespreek.
4.4 Die werk van Dietenberger
Na Emser wend Dietenberger ‘n poging aan om Luther se Ou Testament te beveg deur ‘n eie Ou Testament in Duits te publiseer. Maar hy doen ironies genoeg dieselfde wat Emser gedoen het en skryf Luther se Ou Testament net so oor. Daarna gaan daar vele stemme op vir ‘n eie Roomse Katolieke Bybel wat nie by Luther ‘gebedel’ is nie. ‘n Sekere Eck onderneem hierdie taak maar kom uiteindelik maar weer met Emser se Nuwe Testament voor ‘n dag.
4.5 Die kritiek oor die Bybelvertaling van Eck
Oor Eck se Bybel oordeel ‘n Katolieke biograaf: ‘Dit is die swakste van alle Bybelvertalings in die Duitse taal en die taal is die eienaardigste Duits van die 16de eeu’.
Selfs Dietenberg se Bybel het in 26 jaar drie uitgawes beleef.
5.0 Latere vertalings in Duits
Sedertdien het vele ander Bybelvertalings in Duits verskyn. Ook volgens die jongste Nestle- Kittel tekse. Maar vir vele Duitsers is daar nog maar net een Bybel, die van Luther wat altyd bekend sal staan as die meesterstuk van die Duitse klassieke letterkunde.
6.0 Slot
Die Bybel in ‘n volk se eie taal bly maar ‘n kosbare besitting. Tog so jammer dat daar vandag so min waardering is vir die opoffering en deursettingsvermoë van sovele Bybelvertalers. Mag hierdie derde lesing vir ons as beide dosente en studente net nog ‘n groter liefde ontwikkel vir die Woord van God.
Lesing 4
1.0 Inleiding
Soos ons volk in Suid-Afrika gesmag het om die Bybel in eie taal te kon besit het ook dieselfde verlange in Holland geheers.
1.1 Bybelvertalings in Nederland
Tot en met die veertiende eeu was die Bybel in Holland die Roomse Latynse VULGAAT maar die gewone mense het dit in ‘n steeds groeiende mate nie meer verstaan nie, en ‘n Bybel in hulle eie taal begeer. Die amptelike kerk was radikaal daarteen gekant omdat die Vulgaat toegewyd en onskendbaar was. In 1229 word daar ook teen Bybelvertaling ‘n verbod uitgereik en die Inkwisisie tree streng op in hierdie verband. (Die Inkwisisie was ‘n orde in die Roomse Katolieke Kerk wat misdrywe teen die geloof en sedes van die lede van die kerk ondersoek het.
Hulle was ‘n godsdienstige regbank wat kettery in die kerk moes opspoor en straf).
2.0 Vertalings voor die Hervorming (Reformation)
Daar was verskeie pogings om die Bybel in Nederlands te vertaal voor die hervorming. Ons verwys kortliks na ‘n paar van hulle.
2.1 Die Karolingies Psalm
Die oudste stuk Nederlandse vertaling wat daar is, is die sogenaamde ‘Karolingies Psalm’ uit ongeveer 500 n.C. Dit was eintlik ‘n hulpmiddel by die gebruik van die Vulgaat.
2.2 Die ‘Heiland’ Gedig
In die 9de eeu ontstaan die sogenaamde ‘Heiland’ (Die ou Germaanse woord
‘Heiland’) wat ‘n Saksiese gedig is oor die lewe van Jesus. Tog bevat dit plek-plek stukkies van Germaanse mitologie en Jesus word voorgestel as ‘n Germaanse Koning.
2.3 Die ‘Rymbybel’
In 1270 ontstaan die sogenaamde ‘Rymbybel’ van Jakob van Maerlant. Dit is nie ‘n vertaling nie maar lê die grondslag vir ‘n eie Bybel in Hollands. Sy beryming van die Psalms is lank in kerke gesing en dit word beweer dat die Psalms en Gesange spore van Maerlant toon.
2.4 Die ‘Histories Bybel’
In 1360 ontstaan die sogenaamde ‘Histories Bybel’. Dit bevat die geskiedenis boeke van die Ou Testament.
2.5 Die ‘In Delft’ weergawe
In 1477 verskyn die eerste gedeelte van die Bybel in Hollands in drukvorm naamlik ‘In
Delft’ en wel van die ‘Histories Bybel’.
3.0 Vertalings onder die invloed van die Hervorming
Omdat die Bybel nou nie meer net in die hande van die Roomse Katolieke geestelikes was nie, het die soeke na ‘n volledige Hollandse Bybel net in erns toegeneem.
3.1 Desiderius Erasmus
In Maart 1516 verskyn daar in Switserland die eerste moderne uitgawe van die Nuwe Testament in Grieks (‘n gedrukte uitgawe). Die samesteller van die teks was ‘n Hollander uit Rotterdam – Desiderius Erasmus. Dit is wel nie ‘n vertaling nie, maar het
‘n geweldige invloed op alle Bybelvertalings daarna. Voor hierdie uitgawe van die Nuwe
Testament in Grieks, het die kerk vir ‘n 1000 jaar lank eenvoudig die Vulgaat weer en weer geskryf, sonder om ooit die Grieks te raadpleeg. Later volg daar weer ‘n weergawe wat die Nuwe Testament betref, en wat direk uit die Grieks vertaal word.
3.2 Textus Reseptus
Luther gebruik dan ook Erasmus se teks vir sy Nuwe Testament wat in 1552 verskyn. Erasmus se Griekse Nuwe Testament kry later die naam ‘Textus Reseptus’ en dit is hierdie teks wat die Afrikaanse Bybel vertalers ook vir hulle Nuwe Testament gebruik het. Namate die hervorming ook in Holland aankom, ontstaan die drang by die volk om ook ‘n Bybel in hulle eie taal te besit en daar word op drie maniere probeer om dit te doen, naamlik:
3.2.1 Die gebruik van die vertaling van Luther
Deur die vertaling van Luther direk in Hollands oor te vertaal.
3.2.2 Die gebruik van die Latynse Vulgaat
Deur die Vulgaat in Nederlands te vertaal met verbeterings uit Erasmus se teks.
3.2.3 Die bydrae van die Raad van Sensors.
Van Roomse kant die vertaling van die Vulgaat in Nederlands met verbeterings deur ‘n raad van Sensors.
3.3 Jacob van Liesveldt
Die vertaling van die werk van Luther in Hollands is gevolg deur die werk van ‘n bekende man, naamlik Jacob van Liesveldt. Hy baseer dan ook sy werk net op dié van Luther. Sy uitgawe van 1542 word absoluut beroemd omdat dit hom die marteldood gekos. Op 56 jarige leeftyd word hy in 1545 onthoof. Dit was nou ontstellend gevaarlik om ‘n Bybel te vertaal maar, ten spyte van die omstandighede, gaan dit eenvoudig voort.
3.4 Zwingli
In 1556 verskyn die eerste Gereformeerde Bybelvertaling. Dit was die verwerking van die sogenaamde Bybel van Zürich uit die pen van Zwingli. Dit was ‘n baie beter vertaling as die van Leisveldt, maar omdat laasgenoemde die marteldood gesterf het, word sy Bybel selfs in die Gereformeerde Kerk meer gelees.
3.5 Desus-Aus-Bybel
In 1562 verskyn die sogenaamde ‘Desus-Aus-Bybel’ ook soms die ‘Uilspieëlbybel’ genoem. Dit was ‘n samevoeging van die Lutherse en Switserse Bybels. Dit het selfs ook die Kantaantekeninge van Luther gehad. By ‘n teks uit die Apokriewe Boeke het Luther spottend geskrywe van ‘Uilspieël Vincentius’. Laasgenoemde was ‘n persoon van Kalensbergh, wie glad nie die Hollanders geken het nie, vandaar die naam die
‘Uilspieëlbybel’. Alhoewel hierdie ‘Uilspieëlbybel’ ‘n besondere swak vertaling was, bly dit jare lank die amptelike Bybel in Nederland tot met die koms van die Statebybel.
3.6 Die daarstelling van die Statebybel
As gevolg van die bestudering van die ou tale en daarmee saam gaan baie stemme op wat roep vir ‘n goeie Nederlandse Bybel vertaling uit die grondtekste.
3.6.1 Die opdrag van die State Generaal
In 1594 gee die State Generaal (Hollandse woord vir Premier) die opdrag aan Philips van Marnix van St. Algelegonde om saam met vyf ander persone ‘n standaard vertaling daar te stel. Marnix was reeds bekend vir sy berymings van die Psalms. Ongelukkig sterf hy in 1598 voor die boek Genesis voltooi is.
3.6.2 Vertragings
Daar is verdere faktore wat meebring dat die vertaling vertraag word. In 1618 by die Nasionale Sinode van Dordt, word hierdie feit erken.
3.6.3 Die Sinode stel ses vertalers aan
Die voorsitter van die Sinode, Ds. Johannes Bogerman, lewer ‘n vurige pleidooi vir ‘n gesaghebbende Hollandse vertaling. Die sinode besluit om die taak aan ses geleerdes op te dra, waarvan Bogerman een was.
3.6.4 Die Deux-Aes-Bybel word onderhou
Verder word ook besluit dat daar uit die grondteks vertaal moes word, maar dat daar tog so na as moontlik aan die Deux-Aes-Bybel gehou moet word.
3.6.5 Die Apokriewe boeke moet nie uitgelaat word nie
Verder moet die Oosterse kleur van die Bybel behou. Die Apokriewe boeke moet agterna volg met ‘n afsonderlike bladsy telling.
3.6.6 Jare van intense vertaling
Die Sinode verwag dat die taak binne 4 jaar afgehandel moet word. Tog duur dit
16 jaar vir die Nuwe Testament en 19 jaar vir die Ou Testament om vertaal te word.
3.6.7 Die omstandighede tydens die vertaling
Die hele Bybel word eers voltooi in 1637. Aangaande die vertraging verduidelik die vertalers dat hulle werk, te Leiden, gedoen was onder haglike toestande.
Daar was ‘n pesepidemie in Leiden en die gebou waar hulle gewerk het was naby ‘n begraafplaas geleë. Daagliks word tot 100 mense ter aarde bestel ten aanskoue van die vertalers. Ten spyte van hierdie omstandighede skenk die Here hulle gesondheid en kan hulle hierdie gedenkstuk tog voltooi.
3.6.8 Die naam ‘Statebybel’
Die Bybel dra die Naam ‘Statebybel’ omdat die State Generaal dit gevra het en die staat ook die koste gedra het van 75,000 gulde.
3.6.9 Foute in die eerste vertaling
In die eerste uitgawe was daar talle foute omdat een van die vertalers komitee naamlik Hommius, dit nagelaat het om die verbeterings van die vertalers in die teks aan te bring. In 1655 verskyn daar selfs ‘n brosjure van die ‘Verbetering en der drukfoute en die mistelling en’. Die foute is gaandeweg reggestel en vir 3 eeue bly dit die amptelike Bybel van Holland.
3.7 Die Invloed van die Statebybel
Dit is naas Luther se vertaling een van die grootste werke wat ooit in die geskiedenis van ‘n volk verrig is. Dit is ‘n monument van taal en styl en dit het die ganse volkslewe beïnvloed. Die Nederlandse taal kon nie sonder hierdie Bybel verstaan word nie.
3.7.1 Sy invloed op die Afrikaanse Volksgeskiedenis
Ook die Afrikaanse Volksgeskiedenis en taal is in besonder verweef met hierdie Statebybel. Vanuit die Voortrekker waens se wakiste is dit gebruik in die huis, die skool en op die kansel tot in 1933.
3.8 Die nuwe vertaling van die Nederlandse Bybelgenootskap
Die vertaling van die Statebybel het vir die Nuwe Testament die ‘Textus Reseptus’ gebruik, terwyl vir die Ou Testament die sogenaamde ‘Ramberglana’ teks gebruik is. Intussen het daar baie verbeterde tekste wat op ouer getuienisse gegrond is, die lig gesien. Verder is daar veral deur die studie van die ‘Papiri’ baie nuwe lig gewerp op vele Bybelse begrippe en daarom het ‘n nuwe vertaling weer noodsaaklik geword.
3.8.1 Die nuwe vertaling
Byna drie eeue na die Statebybel, begin die Nederlandse Bybelgenootskap in
1926 met ‘n nuwe vertaling. Ongeveer twee dosyn vertalers word benoem. In
1939 verskyn ‘n proef uitgawe van die Nuwe Testament. Weens die 1939 – 1945 oorlog verskyn die hele vertaling eers op 1 Desember 1951. Dit is seer sekerlik en ongetwyfeld een van die beste moderne vertalings wat daar is. Dit verskyn sonder die Apokriewe boeke en Kantaantekeninge.
4.0 Slot
Beide die Nederlandse sowel as die Engelse Bybelvertalings sou met verloop van tyd ‘n groot rol in die kerk in Suid Afrika speel.
Lesing 5
1.0 Inleiding
Soos ons volk in Suid-Afrika gesmag het om die Bybel in eie taal te kon besit het ook dieselfde verlange in Engeland geheers.
2.0 Bybelvertalings in Engeland
Die stryd om die Bybel in eie taal te bekom het seker die grootste vervolging in Engeland meegebring. Tog kan niks die liggolwe van die onfeilbare Woord van God keer nie. As lig deurbreek moet die duisternis wyk
2.1 Die ‘Angel-Saksiese’ Vertalings
Die Engelse volk het Angel-Saksies gepraat, maar die amptelik Bybel was die Roomse Latynse Vulgaat. Enkelinge het hier en daar omskrywings in Angel-Saksies gemaak. Byvoorbeeld biskop Egbert het die Evangelies in Anglo Saksies oorgesit in die 8ste eeu. In die laat 9de eeu doen koning Alfred dieselfde met die tien gebooie, die Psalms en sekere Ou Testamentiese gedeeltes. In 1226 het die Aartsbiskop van Keutelberg, Stephen Langton, die Vulgaat in hoofstukke verdeel. Dit was nie beskou as baie geslaagd nie, maar tog word dit tot vandag toe in alle Bybels gehandhaaf.
2.2 Die ‘Wycliffe’ Bybelvertaling
John Wycliffe was ‘n rondreisende prediker in die voor-Reformatoriese tyd in Engeland. Hy het oral teen die skreiende misstande van die Roomse Kerk gepreek en was besonder besorg dat die Vulgaat vir die gewone mens ‘n geslote boek was. Hy slaag daarin om twee manne te inspireer om hom te help om die Vulgaat in Engels te vertaal. Hierdie twee manne was Hereford wie gehelp het met die Ou Testament en Purvey wie gehelp het met die grootste gedeelte van die Nuwe Testament. Die Wycliffe Bybel was dus die eerste volledige Bybel in Engels, naamlik DIE NUWE TESTAMENT IN 1390 en DIE OU TESTAMENT 1382. Dit was baie gewild en vele hand afskrifte word gemaak. Die skryftrant daaruit is tot vandag toe standaard Engels. Hierdie vertaling bevat een Apokriewe boek, die sogenaamde brief van Paulus aan die Laodisense.
2.2.1 Die gesindheid van ‘n regering
In 1401 tree daar ‘n geweldige teenkanting teen hierdie Bybel in, en die Parlement proklameer ‘n wet dat elkeen van die Wycliffe Bybels verbrand moet word. Vele mense sterf op brandstapels omdat hulle dit bly lees het. Die Sinode van Oxford van 1408, verbied enige persoon om enige vertalings in Engels te maak. Twintig jaar na die Wycliffe Bybel verskyn het, word die bene van Wycliffe opgegrawe en verbrand en in die Swiftrivier gegooi terwyl Hereford en Purvey in die gevangenis gewerp word.
2.3 Die ‘William Tyndale’ Vertaling
Tyndale is die grootste naam in die geskiedenis van die Engelse Bybel. Hy was die eerste persoon wat probeer het om die Bybel direk uit die Hebreeus en Grieks in Engels te vertaal. Hy is in besonder aangespoor deur die verskyning van die eerste gedrukte Hebreeuse Ou Testament in 1448 en die eerste gedrukte Griekse Nuwe Testament in 1516. Ongelukkig het die hervorming nog baie min invloed in Engeland gehad en Tyndale moes sy werk buite Engeland verrig. Met die hulp van ‘n Londense handelaar, Monmouth, is hy in 1524 na Hamburg waar hy die Nuwe Testament binne ‘n jaar voltooi het en dit aan ‘n drukker in Keulen oorhandig het.
2.3.1 Tyndale vlug vir sy oortuigings
Die koning van Engeland se agent in Europa, ene Coeklaeus, het Tyndale se werk probeer stopsit. Tyndale vlug na Worms en daar word sy drukwerk voltooi. Hy verskeep 16 000 eksemplare in die geheim na Engeland maar Coeklaeus vind dit egter uit en die koning en Kardinaal Wolseley laat hierdie Bybels by Paulcross verbrand. Gelukkig ontkom ‘n paar eksemplare en daar is vandag twee van hierdie publikasies in Engeland te sien.
2.3.2 Tyndale sterf ‘n marteldood
Die verbranding van hierdie Bybels bring egter groot finansiële steun vir ‘n Engelse vertaling tot stand. Tyndale hersien sy Bybel en laat ‘n veel groter oplaag druk wat dan ook in Engeland versprei word. Dié word ook later amptelik verbrand.
Tyndale word later gevange geneem en vir 16 maande lank op die wreedste wyse verhoor. Op 6 Oktober 1536 word hy ter dood veroordeel en word verbrand nadat hy eers verwurg is. Sy laaste woorde was: ‘….Lord, open the King of England’s eyes’.
2.3.3 Die gevolge van Tyndale se werk
Tyndale het ‘n geweldige taak verrig vir die Engelse volk. Tagtig persent van die later ‘Authorised Version’ bevat sy fraserings en uitdrukkings. Hy het ‘n besondere kennis van Grieks sowel as Hebreeus gehad en was geseënd met ‘n unieke gawe van styl en uitdrukkingsvermoë. Dit kan met gesag beweer word dat Tyndale ‘The Kings English Bible’ gemaak het. Wat Luther vir die Duitse volk met sy Bybel bereik het, dit het Tyndale vir die Britse volk gedoen.
2.4 Die ‘Coverdale Bible’ vertalings
Bogenoemde het in 1535 verskyn en is genoem die ‘Treacle Bible’ na aanleiding Jeremia 8:25. Dit is geweldig ironies dat hierdie Bybel aan die Koning van Engeland opgedra is, en dan ook deur hom aanvaar was. In werklikheid was dit niks anders as ‘n verwerking van Tyndale se Bybel nie. In 1557 verskyn daar weer ‘n uitgawe van Tyndale se vertaling en dié word ook aan die koning opgedra, en wat hy dan ook aanvaar. Dit kry die bynaam van ‘Bugs Bible’ omdat Psalm 91:5 lees: ‘Thou shalt not need be afraid for bugs by night’.
2.5 Die King James Bible (Authorised version)
In 1604 gee King James (Jakobus) I toestemming dat ‘n nuwe Bybel onder sy beskerming vertaal word. ‘n Komitee van 54 vertalers, uit alle erkende kerke, word benoem met die opdrag om die Bybel uit die oorspronklike tale te vertaal maar dat hulle ook die Vulgaat moet raadpleeg. Die eerste uitgawe verskyn in 1613 en is vir 3 eeue lank die erkende Bybel van Engeland. ‘n Oplaag van 1000 verskyn in 1631 maar dit word dadelik vernietig omdat die woord ‘not’ tydens die druk proses verlore geraak het en dit lees toe: ‘Thou shalt commit adultry’. Hulle noem dit ‘the wicked Bible’ Die drukker word voor die hof gesleep en word gevonnis om ‘n boete van R300 te betaal.
2.5.1 Gevolge van die King James vertaling
Vir 300 jaar dink niemand aan nog ‘n uitgawe nie en die King James Version word ‘The Bible’ genoem. Tog word die kern van hierdie vertaling geskoei op die werk van Tyndale. Tussen 1900 – 1950 alleen verskyn nie minder as 11 000 romanse wat hulle titels uit hierdie Engelse Bybel neem. ‘n Fout in hierdie Bybel wat nooit reggemaak is nie, is Matt. 23:24 ‘Ye blind guides, which strain at a gnat and swallow a camel’. Dit moet lees ‘out’ en nie ‘at’ nie.
2.6 Die ‘Revised Version’
Teen die einde van die 19de eeu (1870) het Biskop Samuel Wilberforce die idee uitgespreek dat ‘n nuwe vertaling op grond van twee faktore nodig is. Eerstens, as gevolg van die ontdekking van vele oorspronklike manuskripte, en ook omdat die Grieks en die Hebreeuse tekste veel suiwerder was. Tweedens, as gevolg van die feit dat die taal van die ‘King James’ verouderd en selfs onverstaanbaar geword het. Daar word toe ‘n groep vertalers uit Engeland en die V.S.A. benoem. Die Nuwe Testament verskyn in 1881, die Ou Testament in 1885 en die Apokriewe boeke in 1895.
Die ou vreemde woorde van die ‘King James’ word verander, byvoorbeeld ‘knave’ word
‘boy’ ‘cracknel’ word ‘cake’, ‘Qunch’ word ‘living’, ‘botch’ word ‘boil’, ‘Holy Ghost’ word
‘Holy spirit’, ‘Sheol’ word ‘hell’. Ook word Johannes die Doper se kop nie op ‘n
‘charper’ ingebring nie, maar op ‘n ‘platter’. ‘Our Father which art in heaven’ word ‘who art in heaven’, ens.
2.6.1 Die gevolge van die ‘Revised version’
Die ‘Revised Version’ is baie getrouer aan die oorspronklike tale as die K.J.V. Tog het die R.V. die nadeel dat dit nie so digterlik is as die K.J.V. nie. Gevolglik is die K.J.V. tot vandag toe meer bemind by die ouere mense terwyl die R.V. merendeels deur predikante en Bybel studente gebruik word.
2.7 Die ‘New English Bible’
In 1948 word daar in Engeland uit talle kerke ‘n komitee benoem om die moontlikheid van ‘n nuwe moderne vertaling te bespreek. Dit was die Kerk van Skotland wat hierdie begeerte eers uitgespreek het. Die Komitee besluit dat ‘n nuwe moderne vertaling uiters noodsaaklik is en vertalers uit verskillende kerke word benoem om daarmee te begin. In 1961 op die 350ste herdenking van die K.J.V. word die Nuwe Testament van die N.E.B. gepubliseer. Van hierdie vertaling van die Nuwe Testament word vier miljoen eksemplare binne 12 maande verkoop. Die Ou Testament word in 1970 gepubliseer en die totale oplaag word binne 1 maand uitverkoop.
2.7.1 Kenmerke van die ‘New English Bible’
Die N.E.B. is ‘n moderne, alledaagse Engels. Byvoorbeeld Jesus se vyande sê:
‘This fellow Jesus’. (Joh. 6:62). Op ‘n ander plek word daar gelees ‘This is more than we can stomach’. Ander kenmerke van hierdie N.E.B. is dat die tradisionele swart buiteband vervang is met ander kleure. Wat die teksverse betref, word dit nie meer geplaas soos in die ander uitgawes nie, maar aan die kantlyn.
3.0 Moderne vertalings in Amerika
In Amerika verskyn die moderne ‘Good News for Modern Man Bible’. Dit is ‘n sagteband met skematiese tekeninge. Hierdie is ook ‘n blitsverkoper en word beskou as een van die beste stappe om die Bybel versprei te kry.
4.0 Die Roomse Kerk se moderne vertalings
In die lig van die geweldige verspreiding van maklike tekste van die Bybel, het die Roomse Kerk besef dat iets gedoen moet word om tred te hou. Hulle het besef dat vernuwing noodsaaklik is. Hierdie vernuwing word ‘Aggionament’ genoem en beteken ‘by die tyd’. Hulle gee ‘n moderne vertaling uit en noem dit die ‘The Jerusalem Bible’. Dit bevat geen Kant aantekeninge of verwysings nie.
5.0 Slot
Hierdie lesing gee ons ‘n kort maar tog openbarende insig van wat dit gekos het om nou die
‘Woord van die Here’ te kan lees, vir sekere volke. Dit word verlang om dit te lees en daarna te luister en dit dan op te volg met gehoorsaamheid aan wat God wel van ons verlang. Moet nooit die Bybel as vanselfsprekend aanvaar nie.
Lesing 6
1.0 Inleiding
Die volgende kan as belangrik geag word.
1.1 Die besit van ‘n goeie Bybel
Enige persoon moet in besit van ‘n goeie Afrikaanse Bybel wees, verkieslik die 1933 vertaling. Met ‘n “goeie Bybel” word bedoel ‘n uitgawe wat sterk gebind en duidelik gedruk is. Daar moet geen stremming op die oë wees wanneer daar gelees word nie. Indien moontlik vermy enige studie Bybel waarvan die omslag van versterkte papier (karton) gemaak is. Probeer om ‘n leër uitgawe aan te skaf, of laat u Bybel met leer gebind word.
1.2 Nuwe vertalings
‘n Bybel wat in moderne taal geskryf is, is ‘n uitstaande bate. Daar is verskeie moderne uitgawes van die Bybel beskikbaar. Die “Bybel in praktyk” uitgawe besit uitstekende aantekeninge aangaande die Woord wat van groot hulp kan wees. In Engels is daar die “Amplified Bible, Living Bible, NIV en NKJV” wat aanbeveel kan word. As studente dit kan bekostig, kan hulle elk of self meer van die verskillende uitgawes aankoop. Deur die een met die ander te vergelyk, kan beter insig aangaande die Woord verkry word.
1.3 Konkordansie
Die besit van ‘n goeie konkordansie is onontbeerlik. Ook hier is daar verskeie weergawes waaruit gekies kan word. Die volgende uitgawes word aanbeveel: nl, “Strongs, Youngs, Crudence, Vines of Nave”. Die belangrike aspek hier is dat dit ‘n boek sal wees wat ‘n volledige opsomming van al die verse oor ‘n spesifieke onderwerp bevat en waarin enige besonderse woord regdeur die Bybel nagespoor kan word. Deur na die Griekse en Hebreeuse vertalings te verwys, kan dit ‘n uitstekende bron van verdere openbaring wees. Voor enige aankope bespreek die aangeleentheid met of die Prinsipaal of enige van die ander dosente. Hulle sal u met die nodige raad kan bedien.
1.4 Aantekeningboek
Bybel studente moet in besit van ‘n goeie aantekeninge boek wees. Om ‘n goedkoop aantekeninge boek aan te skaf, is nie net onekonomies nie, maar as gevolg van herhaaldelike gebruik val dit na ‘n kort periode van gebruik uitmekaar uit. ‘n Los blad aantekeninge boek van goeie gehalte kan vir ‘n leeftyd hou.
2.0 Die nodige Geestelike voorbereidings vir Bybelstudie
Diegene wie nie wedergebore is nie kan nie geestelike waarhede geredelik begryp nie.
2.1 Wedergeboorte
Bybel studente moet verkieslik ‘n wedergebore gelowige wees. Dit is belangrik om persoonlik kontak met die Skepper van die Bybel te hê, want daardeur kan ons Sy Woord soveel beter verstaan.
I Kor. 2:11 “Want wie van die mense weet wat in ‘n mens is, behalwe die gees van die mens wat in hom is? So weet ook niemand wat in God is nie, behalwe die Gees van God”.
2.2 Die inspirasie van die Bybel
Bybel studente moet ten volle oortuig wees van die goddelike inspirasie van die Woord van God. Die Bybel is nie net nog ‘n boek nie. Dit is die Woord van God. Ons moet die Bybel met ‘n geboë hoof en gebuigde knie benader, in ander woorde jou gesindheid is belangrik. Wanneer ‘n Bybel student ‘n stelling van God bevraagteken, moet hulle hul met toegewyde studie en gehoorsaamheid aan die openbaring van die Heilige Gees onderwerp.
2.3 ‘n Liefde vir die Woord
Leer om vir die Bybel lief te word. Om ‘n suksesvolle student van die Bybel te wees, moet daar ‘n ware begeerte om die Bybel te leer ken, bestaan en ontwikkel word.
2.4 Gebed en insig
Bid vir insig. Die kennis wat die student gaan opdoen, sal van die openbaring van God en die verheldering van die verstand deur die Heilige Gees afhang. Vir hierdie rede is dit belangrik dat die student om leiding en begrip sal bid. “Obtain a teachable spirit”
2.5 Gehoorsaamheid
Bybel studente moet gewillig wees om die stem van die Heilige Gees te gehoorsaam. As ons die Woord wil ken, moet ons die wil van God bepaal en dit met oorgawe gehoorsaam. ‘n Opstandige gees maak dit ‘n onmoontlik taak om die Woord volkome te begryp.
2.6 ‘n Leefwyse van studie
Daar moet gereeld en onophoudelik studeer word. Nie net gedurende die tydperk as kollegestudent nie, maar vir die res van u lewe. Dit moet ‘n leefwyse word. Vordering in u Bybelstudie word moontlik gemaak, deur gereelde studie beplanning, organisasie, beheer, leiding, en selfdissipline.
3.0 Die voordele van Bybelstudie
Geen saak behoort aangepak te word is daar nie duidelike voordele daaraan verbonde is nie. Die volgende is van toepassing op ernstige studie van die Woord.
3.1 Persoonlike Geloof
Ons groei in die geloof deur Bybelstudie. Die bron van ons geloof is wat God gesê en beloof het.
Rom. 10 : 17 “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van
God”.
3.2 ‘n Gereinigde Heilige Lewe
Die Woord van God het reinigende krag. Moody het hierdie stelling gemaak:
“Die Bybel sal jou van sonde weghou of sonde sal jou van hierdie Boek af weghou”. Hoe waar!
3.3 Voorbereiding vir Diensbaarheid
Dit is onmoontlik om ‘n suksesvolle persoonlike werker te wees as u nie weet hoe om die Woord aan te wend nie. Dit is die Woord, en nie ‘n argument nie, wat ‘n siel na Christus toe lei. Dit is die Heilige Gees en nie die individu wie die oorredingswerk doen nie. Om ‘n siele wenner te wil wees moet ons die Woord ken.
Efes. 6 : 17 “En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees – dit is die Woord van God”.
3.4 Krag in die Bediening
Wanneer u die Woord van God gebruik, sal daar krag in u bediening wees. Die Woord is baie waardevol vir die verkryging van insig in Bybelse leerstellinge, vir weerlegging, teregwysing en onderwys in geregtigheid.
3.5 Kennis
Daar bestaan geen groter bron van teologiese kennis as die Woord nie. ‘n Toegewyde
Bybel student is ook ‘n persoon van kennis en insig.
3.6 Voordele van Bybelstudie
Voordele van Bybelstudie word deur die Bybel self genoem
3.6.1 | Bybelstudie sal ons daarvan weerhou om teen God te sondig. Psalm 119:11 “Ek het u woord in my hart gebêre, dat ek teen U nie sal sondig | |
nie”. | ||
3.6.2 | Bybelstudie beskerm ons teen valse leerstellinge | |
Hand. 20:29 Want ek weet dit, dat na my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. | ||
Hand. 20: 30 Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan. | ||
Hand. 20: 31 Daarom moet julle waak en onthou dat ek drie jaar lank nag en dag nie opgehou het om elkeen met trane te vermaan nie. | ||
Hand. 20: 32 En nou, broeders, dra ek julle op aan God en aan die woord van sy genade, wat magtig is om julle op te bou en julle ‘n erfdeel te gee onder al die geheiligdes”. | ||
3.6.3 | Bybelstudie bring blydskap | |
Jer. 15:16 “Toe u woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart; want u Naam is oor my uitgeroep, HERE, God van die leërskare! | ||
3.6.4 | Bybelstudie bring vrede | |
Psalm 85:8 “Laat ons u goedertierenheid sien, o HERE, en gee ons u heil!” | ||
Lesing 1 – 10 | Blds 29 van 54 |
3.6.5 Bybelstudie stel die bose aan die kaak
I Joh. 2:22 “Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën”.
3.6.6 Bybelstudie is ‘n bron van gebedsverhoring
Joh 15:7 “As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
3.6.7 Bybelstudie bring wysheid
Psalm 119:98 “U gebooie maak my wyser as my vyande, want hulle is myne vir ewig”. Psalm 119:100 “Ek het meer verstand as die ou mense, want ek bewaar u bevele.
Psalm 119: 130 “Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.
3.6.8 Bybelstudie maak ons volkome
II Tim. 3:16.“Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid”,
II Tim. 3:17 “sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus”.
Die belangrikheid van Bybelstudie kan nie oorbeklemtoon word nie.
3.7 Reëls by Bybelstudie
Enige goeie saak is noodwendig gebonde aan streng selfdissipline.
3.7.1 ‘n Wedergeboorte-ondervinding
Bybelstudie is ‘n opregte soeke na geestelike waarheid. Die mens kan nie hierdie geestelike waarheid deur sy eie beperkte wysheid bekom nie. Geestelike waarheid kan slegs deur geloof en geestelike toewyding en openbaring bekom word.
3.7.2 Voorbereiding
Ondersoek jou eie hart eers voordat jy met Bybelstudie begin. God se teenwoordigheid kan nie na willekeur binne gehaas word, om dan weer net so gou verlaat te word nie. Bevry eers jou gedagtes van die dinge van die wêreld, en soek dan Sy aangesig. Probeer om alleen en ongesteurd te wees in jou soeke.
3.7.3 Eenvoudige Vertolking
By die vertolking van die Bybel moet hierdie beginsel gehandhaaf word, nl. “as die eenvoudige sin maak, hoef ons na geen ander vertolking te soek nie”.
‘n Teks behoort letterlik opgeneem te word tensy dit nie in letterlike verband gebruik kan word nie.
3.7.4 Oorweging van Verband
‘n Teks moet verband hou met die onderwerp onder bespreking.
Elke woord moet in sy konteks in elke sin oorweeg word. ‘n Sin moet in die lig van die paragraaf oorweeg word. ‘n Paragraaf moet in sy verband in die hoofstuk bestudeer word en die hoofstuk in sy verhouding tot die hele Boek.
Daar kan een stap verder gegaan word deur die Bybel in verhouding tot alle kennis te beskou, nl: geestelik of tydelik. Die Bybel behoort ons middelpunt of die hart van alle kennis te wees.
3.7.5 Drievoudige Benadering
‘n Teks uit die Skrif mag drievoudige betekenis hê, nl,
· Sy primêre betekenis.
· Sy geestelike betekenis soos dit op ons lewens van toepassing is.
· Sy simboliese of profetiese betekenis.
‘n Voorbeeld hiervan is die boodskappe gerig aan die sewe kerke in die tweede en derde hoofstukke van Openbaring.
· Ons vind die primêre betekenis in die beskrywing van die kerke van daardie tyd en die vermanings tot hulle gerig.
· Die geestelike betekenis is die toepassing van hierdie boodskappe op ons eie lewens.
· Die profetiese betekenis vind ons wanneer ons die kerk geskiedenis nagaan en ontdek dat elkeen van hierdie kerke ‘n sekere tydperk in die kerkgeskiedenis beskryf en verteenwoordig.
4.0 Slot
Die Woord van God is kosbaar en leer om dit lief te kry. Maak dit ‘n kleinood.
II Tim. 2:15 “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
Lesing 7
1.0 Inleiding
In lesing 6 het ons begin om die kyk watter stappe geneem moet word ter voorbereiding van ‘n leefwyse van die studie in die Bybel. Ons gaan nou verder in die soeke van wat gedoen kan word om ‘n suksesvolle student van die kosbare Woord van God te word.
2.0 Maniere om te werk te gaan
Daar is verskeie metodes om te begin.
2.1 Keuse van ‘n boek en dan die hoofonderwerp en sleuteltekse
Besluit om een spesifieke boek te leer en te bemeester. Die Evangelie van Johannes, Genesis en Spreuke, in daardie volgorde, is ‘n uitstekende wyse om te begin.
Lees die gekose Bybelboek deur en probeer dan om die hoof onderwerp van die boek te bepaal. Skryf dan kortliks u bevindinge neer. Bevestig die hoof onderwerp met sleutelverse. Skryf hierdie Bybelversies uit en wend dan die sleutelverse in konteks aan.
2.2 Die skrywer
Leer wat u kan omtrent die skrywer. Wat word aangaande die skrywer se persoonlikheid en lewensgeskiedenis in die boek self aan ons meegedeel? Dit is hier waar die aankoop van ‘n goeie ‘studie Bybel’ van onskatbare waarde kan wees. Versamel verdere inligting aangaande die skrywer deur te verwys na ander literatuur. Waar moontlik verklaar of gee die betekenis van die naam van die skrywer, byvoorbeeld Alexander – verdediger.
2.3 Plek van skrywe
Waar is die boek geskryf? Vra u self seker vra. Waarom dan juis dan daardie spesifieke plek? Wat was die omstandighede, ens? Indien moontlik bepaal die geskiedenis van hierdie plek. Waar moontlik gee die betekenis van die pleknaam, byvoorbeeld Gilgal – sirkel.
2.4 Wanneer is dit geskrywe?
Wanneer is die boek geskryf? Bepaal, die hoofstuk en vers indien hierdie inligting in die boek self voorkom. Waar daar verskille is verwys na die menings van die verskillende navorsers. Moenie enige polemiek vrees nie, maar moet ook nie onnodige argumente uitlok nie. Leer om ‘n goeie debat te kan voer, deur te leer hoe om te luister na ander se vertolking van ‘n skrifgedeelte. Sou daar verskille wees, kyk of die ander nie oor ‘n beter of getrouer weergawe beskik nie. Moet ook nie vrees om as verkeerd bewys te word nie. Op hierdie wyse kan jy die volle waarheid bekom.
2.5 Wie is die gehoor?
Aan wie is die boek geskryf? Wat is die rede dat die skrywe dan juis aan hulle gerig was. Is hulle omstandighede soortgelyk aan die wat ons vandag ondervind? Wat is hulle sienings, optredes, kultuur en gewoontes? Sou na enige van die vier voorafgaande onderwerpe verwys word, wat is of sou die uitwerking op jou, en diegene aan wie u hierdie inligting later sal oordra, wees?
2.6 Die rede vir die skrywe van die boek
Watter probleem of uitstaande gebeurtenis in die lewens van die mense het die bestaan van die boek nodig gemaak? Vors dit na, en wat kan daaruit geleer word?
2.7 Inligting wat nie verstaan word nie
Maak ‘n lys met kolomme van hoofstukke, verse, sinsdele, woorde, en ander uitdrukkings wat beskryf word van dit wat u nie verstaan of kan verklaar nie. Enige gebeurtenis wat ongewoon of anders is, moet ondersoek word om dan sodoende by die regte antwoorde of verklarings uit te kom.
2.8 Bepaal die definisies van moeilike woorde
Definieer alle moeilike woorde en sinsdele. ‘n Definisie is ‘n noukeurige omskrywing of bepaling van ‘n woord of uitdrukking. Maak seker dat u elke betekenis goed verstaan, om dan later in meer eenvoudige taal aan ander te kan oordra. Moet nooit die hooi te hoog ophang nie.
2.9 Kan Jesus in die boek gesien word?
Wat leer hierdie boek ons aangaande Jesus Christus? Kan verskillende tipes van Jesus geïdentifiseer word? Wend die beginsels van Tipologie aan.
Daar is meer aangaande die lering van Tipologie in ‘n tweede jaar kursus.
3.0 Hoe om ‘n hoofstuk van die Bybel te studeer
Daar is 1189 hoofstukke in die Bybel. Baie van hulle, soos Psalm 23 en I Kor. 13, is geslagte lank al baie gewild. Dit is jammer dat sommige hoofstukke nie beter verdeel was nie. Skrifkenners voel dat l Kor. 12-14 een hoofstuk moet wees. Wat is u mening? In die geheel is hoofstukke geskikte eenhede vir studie
Net soos in die geval met die keuse van ‘n boek, kan daar nou oorgegaan word met die studie van ‘n spesifieke hoofstuk van die Bybelboek.
3.1 Bepaal die inhoud van die hoofstuk
Waaroor handel die hoofstuk? Lees ‘n hoofstuk die eerste keer vlugtig deur. Skryf dan
‘n paragraaf oor die hoofgedagte wat die hoofstuk wil tuisbring. Leer goeie gedissiplineerde studie metodes vroeg aan in u soeke na ‘n leefwyse van Bybelstudie.
3.2 Bepaal die sleutelvers
Watter een is die sleutel versie in die hoofstuk? Skryf dan daardie versie ten volle uit.
3.3 Bepaal die name en karakters
Watter mense word in die hoofstuk genoem? Maak ‘n lys van die mense met inligting oor elkeen. Kan hierdie hoofstuk ons iets leer aangaande Jesus Christus? Onthou, die hele Bybel wentel om Hom.
3.4 Is daar enige opdragte betrokke?
Wat is die opdragte wat gehoorsaam moet word? Is hulle redelik, aanvaarbaar, verstaanbaar en uitvoerbaar? Sou u gewillig wees om self daaraan te voldoen?
3.5 Is daar enige beloftes?
Wat is die beloftes? Is hulle vervul? Indien nie, is hulle op vandag van toepassing? Moet ons hulle aanneem?
3.6 Is daar ‘n les in vir ons?
Wat is die lesse wat ons moet onthou? Daar is ‘n les vir elkeen van ons opgesluit in elke vers van die Bybel. Sou u tydens ‘n studie periode dit nie kan bepaal nie, vra die Meester raadgewer om u by te staan.
3.7 Sinsdele
Maak ‘n lys van die woorde en sinsdele wat vir u van besondere betekenis is, en wat in die hoofstuk herhaal word. Alle moeilike woorde en die betekenis van sinsdele moet nagegaan word. Maak gebruik van ‘n konkordansie of Bybel woordeboek.
4.0 Hoe om ‘n Bybelleerstelling te bestudeer
Die hoofdoel van Bybelstudie is om die leerstellings van die Bybel te verstaan en dit op ons eie lewens van toepassing te maak. Vir die jong student is dit dalk wys om by die leerstelling soos dit in een boek aangeteken is, te begin en die studie van daar af uit te brei. Alle stellings in enige studiemateriaal moet herhaaldelik deur die Woord bevestig word. Wees versigtig om nooit ‘n leerstelling wat net eenmalig in die Woord voor kom te aanvaar nie.
4.1 Nagaan van verwysings
Versamel alle verwysings wat betrekking het op leerstelling. Spoor al hierdie skrifgedeeltes op deur van ‘n konkordansie of Naslaanbybel gebruik te maak. Dit word aanbeveel dat al hierdie versies uitgeskryf sal word.
4.2 Vergelyk alle verwysings
Vergelyk al hierdie verwysings. Wat het hulle in gemeen? Waar verskil hulle van mekaar? Kan hulle verduidelik word?
4.3 Die rol van verband en konteks
Plaas die verwysings in hul onmiddellike verband en die algehele patroon van Bybelse waarheid. Bestudeer elke verwysing in die lig van sy konteks.
4.4 Die leerstelling
Definieer die leerstelling. Pas die leerstelling op persoonlike ondervinding toe. Hoe kan dit op ons lewens toegepas word? Skryf ‘n paragraaf om die leerstelling kortliks op te som.
5.0 Hoe om ‘n Bybelse Biografie te bestudeer
Die studie van Bybelse persoonlikhede is baie interessant. Belangrike geestelike lesse kan uit die ondervindings van Bybelse karakters geleer word. In die Bybel kom daar 2930 afsonderlike individue voor. Mans en vrouens, oues van dae asook jonges, helde en lafaards, kragtiges en swakkes, en die lys word net langer.
5.1 Karaktereienskappe
Watter karaktereienskappe kom na vore? Is daar ‘n swakheid tydens sekere krisisse of word heldemoed ten alle tye aan die dag gelê?
5.2 Mense met dieselfde name
Ons moet versigtig wees om by die studie van ‘n Bybelse karakter nie mense met dieselfde name te verwar nie. Daar is dertig verwysings na die naam Sagaria, twintig met die naam Natan, vyftien met die naam Jonatan, agt met die naam Judas, sewe met die naam Maria, vyf met die naam Jakobus en vyf met die naam Johannes. Daar is bv.
‘n groot verskil tussen Johannes die Doper en Johannes die geliefde apostel, of
Jakobus laasgenoemde se broer en Jakobus die broer van Jesus.
5.3 Die betekenis van ‘n naam
Wat is die betekenis van die individu se naam? Slaan die naam in ‘n Naslaanbybel of Bybelse woordeboek na. Hier kan die Young konkordansie van groot hulp wees. Die naam sê dikwels baie oor die betrokke persoon. Wie was sy voorgeslagte?
5.4 Onderrig en ontwikkeling.
Watter geleenthede het die karakter met betrekking tot onderrig en ontwikkeling gehad? In ‘n studie van Esra en Nehemia, vind ons dat Esra onderrig het aangaande die wet en hul morele verpligtinge, terwyl Nehemia verantwoordelik was vir ekonomiese ontwikkeling en sekuriteit met die bou van die mure van Jerusalem.
5.5 Krisisse
Stel was watter godsdienstige en tydelike krisisse het in hul lewens voorgekom? Hoe het hulle dit hanteer en was dit opgelos?
5.6 Vriende en vyande
Wie was die persoon se vriende en vyande? Watter invloed het hulle op hom gehad? Byvoorbeeld, Paulus was eers ‘n vyand van die kerk en het toe later een van sy grootste ondersteuners geword. Sy vriende van weleer het hom nou meedoënloos vervolg.
5.7 Mislukkings, foute en oorwinnings
Watter mislukkings en foute het in hierdie persoon se lewe voorgekom? Was hierdie mislukkings as gevolg van menslike, hoogmoedige, verwaande of nederige optredes. Was dit gebaseer op onkundige, wyse optredes, en was gewilligheid te bespeur? Speel verskonings ‘rol? Dink maar aan Petrus met sy verloëning van Christus en hoe hy dit later verwerk het.
5.8 Belangrike bydraes
Watter belangrike bydraes is deur hierdie persoon, van wie u besig is om ‘n studie te maak, gemaak tot die verspreiding van die Evangelie van Jesus Christus? Dien sy of haar lewe vir ons as ‘n bron van inspirasie of as ‘n waarskuwing.
5.9 Lesse uit die karakter se lewe.
Watter lesse uit hierdie lewe is vir u van besondere betekenis?
6.0 Hoe om byvoorbeeld ‘n wonderwerk in die Bybel na te vors
Dit moet vir die student ‘n plesier wees om navorsing te kan doen. Die soeke na waarheid, openbaring en bevestiging moet na uitgesien word.
6.1 Die doel van wonderwerke
Wonderwerke is die goddelike teenwerking van ‘n normale gang van sake. Dit dien nie slegs, op ongewone wyse, as bewys van Gods mag nie, maar dit bring ook ‘n belangrike waarheid na vore.
6.2 Wonderwerke in die Bybel
Daar is 62 wonderwerke in die Ou Testament aangeteken. Verder is daar 38 Primêre wonderwerke en 40 sekondêre wonderwerke van Christus. Ook word daar verwys na
15 wonderwerke van die apostels. ‘n Studie van hierdie gebeurtenisse kan tot veelseggende betekenisse lei. Gebeur hierdie wonderwerke vandag nog, en indien nie, waarom?
6.3 Opsommings
Maak ‘n opsomming van die wonderwerk. Noem die wyse waarop die wonderwerk aangedui word. Behels dit verwondering, mag of het dit ‘n doel? Wat onthul die wonderwerk omtrent die karakter van God? Deur watter opdrag, optrede of gebed is die wonderwerk voortgebring? Wie was betrokke?
7.0 Die studie van Bybelse gelykenisse
‘n Gelykenis kan ‘n ware verhaal of ‘n denkbeeldige verhaal wees wat vertel word met die doel om ‘n geestelike les tuis te bring. Moenie probeer om ‘n leerstelling op ‘n gelykenis te bou nie, maar gebruik liewer die gelykenis as ‘n illustrasie van die leerstelling wat lankal reeds langs ‘n ander weg bevestig is. Neem die volgende in ag:
· Watter geleentheid het tot die vertel van die gelykenis aanleiding gegee?
· Noem die besonderhede en gewoontes wat deur die gelykenis na vore kom.
· Bestudeer die betrokke lewenswyse.
· Aan wie is die gelykenis vertel?
· Watter belangrike les leer dit vir ons?
· Help die verband mee tot begrip van hierdie gelykenis?
· Waar elders in die Bybel vind ons hierdie waarheid?
· Hoe kan u hierdie waarheid op u eie ondervinding van hierdie huidige lewe toepas?
· Maak gebruik van ‘n huidige alledaagse situasie en skryf ‘n gelykenis om dieselfde waarheid oor te dra.
8.0 Slot
Deur die studie van die Bybel ‘n lewenslange lewenswyse te maak sal dit die persoon wie dit met toewyding en selfdissipline toepas, tot hoëre hoogtes en diepere dieptes van die wonderlike verborgenhede van die Woord lei. Groot bevrediging en welslae sal so ‘n persoon se voorland wees. Jesus sal ‘n werklikheid word, en jou kennis sal lei om ander te onderrig, vermaan en by te staan.
Lesing 8
1.0 Inleiding
God het veertig manne gebruik om die Bybel te skrywe oor ‘n tydperk van ongeveer 1600 jaar. Alhoewel daar so baie mense oor so ‘n lang tydperk gebruik is, is dit tog duidelik dat daar slegs een skepper daarvan was. Die Bybel is die gevolg die Een Ewige God se handeling met die mens. ‘n Eerbiedige en noukeurige studie van die Bybel sal die SKEPPER van die Bybel aan die student bekend stel.
2.0 God het slegs drie maal Self geskryf
Ons lees van slegs drie geleenthede waar God Self geskryf het.
2.1 Met die gee van die Tien Gebooie
Die tien gebooie wat op die berg Sinai op kliptafels geskryf is:
Eksodus 31:18 ‘En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God’.
2.2 By die paleis van Bélsasar
Toe Bélsasar die goue en silwervoorwerpe, wat sy vader Nebukadnesar uit die tempel van Jerusalem weggevoer het, laat kom het sodat sy vroue en byvroue daaruit kon drink, dit wil sê. vir onheilige doeleindes aanwend, volg die oordeel op die muur van die paleis.
Daniel 5:5 ‘Op dieselfde oomblik het daar vingers van ‘n mens se hand te voorskyn gekom en teenoor die kandelaar op die kalk van die muur van die koninklike paleis geskrywe, en die koning het die deel van die hand gesien wat geskrywe het’.
2.3 Jesus se genadeboodskap
Die boodskap van genade wat deur Jesus in die stof van die vloer van die tempel geskryf is:
Johannes 8:6 ‘….maar Jesus het neergebuk en met die vinger op die grond geskrywe’.
Die eerste geleentheid waar God geskryf het, was toe Hy Sy WET aan ons gegee het. Dit is deur die mens verbreek. By die laaste geleentheid was dit ‘n besondere genadedaad, wat die mense weereens onder hul voete vertrap het.
2.3.1 ‘n Moontlike vierde voorbeeld?
Daar is moontlik ‘n vierde voorbeeld van waar God geskryf het. Hier skryf Hy op die vleeslike hart van die mens.
II Kor. 3:3 “Omdat julle duidelik ‘n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie maar op die vleestafels van die hart”.
3.0 Die Bybel is deur inspirasie geskryf
II Tim. 3:16 ‘Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid’.
As elke skrifgedeelte deur God geïnspireer is, kan daar geen skrifgedeelte wees wat nie deur God geïnspireer is nie.
II Petrus 1:21 “Want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie, maar, deur die
Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek’.
4.0 Definisies van verskillende konsepte met die studeer van die Bybel
Wanneer daar blootstelling aan die Woord van God plaasvind, dan kom daar onwillekeurig verskillende konsepte na vore. Ons gaan net vlugtig na sommige verwys.
4.1 Inspirasie
“Inspirasie” Beteken letterlik “deur God geasem”. Dit is van die Griekse Woord “Theopneustos” afkomstig en beteken “God het uitgeasem”. Dit is die sterk, bewustelike inaseming van God in die mens om die mens bevoeg te maak om uiting aan die waarheid te gee. Dit is God wat deur die mens spreek en die Bybel is die Woord van God, asof God elke enkele woord daarvan met sy eie lippe gespreek het.
Ons kan nie die wyse waarop die Heilige Gees die skrywers in staat gestel het om die taak te volbring verduidelik nie. God het ‘n uitverkore instrument, ‘n menslike persoonlikheid, aangestel en het daardie menslike persoonlikheid as Sy stembande gebruik.
4.2 Die omvang van Inspirasie
Ons glo in volkome of volledige inspirasie. Gedeeltelike inspirasie is foutief. Daar is diegene wat sê dat die Bybel God se Woord bevat. Ons glo dat die Bybel die Woord van God is. Daar is ‘n groot verskil tussen hierdie twee stellings: Die Bybel bevat die Woord van God of die Bybel is die Woord van God. Kom ons maak seker dat ons die verskil ken.
4.3 Waarom ons in die volkome Inspirasie van die Bybel glo
Jesus het Sy volle bekragtiging aan die Ou Testament gegee.
Matt.5: 18 ‘Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie’.
4.3.1 God is die Argitek van die Bybel
Hoewel dit 66 boeke bevat, wat deur 40 skrywers oor 1600 jaar geskryf is, het dit net
EEN SKEPPER.
4.3.2 Die rol van tipes, simbole en seremonies
Die tipes, simbole en seremonies dui op die goddelikheid daarvan, bv. Christus in die Tabernakel. Bybel profesieë waarmerk dit as goddelik.
I Petrus 1:10 ‘Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors,
I Petrus 1:11 en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna’.
4.3.3 Die letterlike vervulling van profesieë
Baie Bybelse profesieë is letterlik in ons eie leeftyd vervul.
4.3.4 Die goddelikheid van sedelike norme
Sedelike norme van die Bybel bewys dat dit Goddelik is.
I Petrus 1:16 ‘Omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig’.
4.3.5 Die Outeur van die Bybel
Die Skepper van die mens is ook die Outeur van die Bybel. Die Bybel besit die vermoë om die Skepper aan die mens te openbaar.
4.3.6 Die openbaring van God se plan van redding
Die Bybel openbaar die enigste metode van redding, so eenvoudig en tog so ingrypend.
4.3.7 Die vrugte van die Bybel
Die vrugte van die Bybel is Goddelik. Wanneer dit korrek aangewend word bring dit altyd die goeie voort.
4.3.8 Die tydsduur van die Bybel
Die Bybel sal die heelal oorleef.
Psalm 119:89 ‘Vir ewig, O Here, staan U woord vas in die hemele’.
4.3.9 Die diepe bevestiging vir die kind van God
Die kind van God weet dit is Goddelik. Dit word verwys na as: “DIE BOEK”. Dit is in meer tale as enige ander boek vertaal. Biblioteke is vol van boeke wat geskryf is om dit uit te lê. Wysgere erken die Bybel.
4.4 Letterlike Inspirasie
“Letterlike Inspirasie” beteken dat elke woord in die oorspronklike geskrifte geïnspireer is. Foute kon deur die vertalers begaan word, maar die oorspronklike geskrifte was nie foutief nie. As die Bybel letterlik geïnspireer is, behoort daar nie – kan daar nie – foute wees nie. God kan nie ‘n fout begaan nie. As dit aan die anderkant nie volkome en letterlik geïnspireer is nie, gaan ons van die veronderstelling uit dat sommiges gedeeltes van God is terwyl ander gedeeltes suiwer menslik is. In laasgenoemde geval kan ons seker wees dat daar foute te bespeur sal wees. Indien slegs die gedagtes deur God geïnspireer is, bevat die Bybel die Woord van God, maar is dit nie die Woord van God as sulks nie. Dit is natuurlik foutief. Ons glo slegs in letterlike inspirasie.
4.4.1 Redes vir letterlike inspirasie
Die Skrywers bevestig dit self:
Moses – Eks. 20:1 “Toe het God al hierdie woorde gespreek”.
Eks. 24:4 “Moses het al die woorde v/d Here opgeskrywe”. Eks. 25:1 “Toe het die Here met Moses gespreek en gesê”.
Dawid – II Sam. 23:2 “Sy Woord is op my tong”.
Jesaja – Jes. 1:2 “Want die Here spreek”.
Jeremia – Jer. 1:4 “Die Woord van die Here het tot my gekom”.
Jer. 1:9 “Hiermee lê Ek My Woorde in jou mond”.
Esegiël – Eseg. 1:3 “Die Woord van die Here het uitdruklik tot Esegiël gekom”.
Amos – Amos 1:1 “Die woorde…wat hy gesien het aangaande Israel”.
Johannes – Open. 1:1 “Die openbaring van Jesus Christus wat God aan hom gegee het”.
4.5 Die skrywers van die Bybel het dit self nie altyd verstaan nie
Die Skrywers het nie altyd verstaan wat hulle geskryf het nie. God het die woorde verskaf maar nie altyd die betekenis daarvan nie.
4.5.1 Petrus
Petrus skrywe:
I Petrus 1:12 Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is – dinge waarin die engele begerig is om in te sien’.
Hulle bediening was nie op hulself van toepassing nie, maar op ons.
4.5.2 Daniël
Daniël het nie alles verstaan wat hy geskryf het nie, want hy verklaar:
Daniël 12:8 ‘En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge?
Daniël 12:9 En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, Want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe’.
4.5.3 Dawid
Het Dawid geweet van die klere wat geskeur sou word en die hande en voete wat deurboor sou word? Dit stem ons tot diep nadenke. Hoekom? Hy skryf in:
Psalm 22:16 ‘My krag is verdroog soos ‘n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.
Psalm 22:18 .Al my beendere kan ek tel; hulle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!’.
4.6 Openbaring
“Openbaring” is die handeling van God waardeur Hy feite wat nie voorheen deur die mens geken is nie, direk oordra. Deur openbaring word nuwe waarhede ontdek, terwyl dit inspirasie is wat toesig hou oor die uitdra van daardie waarheid. Alles in die Bybel is nie openbaar gemaak nie, maar alles is geïnspireer.
4.7 Verheldering
“Verheldering” is die inwerking van die Gees op die denke van die mens, sodat hy geestelike dinge kan verstaan. Geestelike verheldering vind plaas deurdat die Heilige Gees toegelaat word om op die denke van die mens in te werk.
Matt.16:17 “Toe antwoord Jesus en sê vir hom: ‘Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is”.
I Kor. 2:14 “Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word”.
Openbaring is ‘n goddelike onthulling van God se gedagte. Verheldering is ‘n goddelike handeling met die mens se gedagte. As ons van Waarheid praat, is “openbaring” die gepaste woord om te gebruik. As ons van die gedagte en hart van die mens praat, is “verheldering” die korrekte woord om te gebruik. Die openbaring van Waarheid verhelder die mens se gedagtes en hart.
5.0 Om die Bybel as figuurlik te beskou is foutief
Die Bybel sou foutief gewees het as dit nie letterlik geïnspireer is nie. Daar word op eenvoudige woorde klem gelê, bv.
Heb. 12:27 ‘En hierdie woord: nog een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly’.
Haggai 2:6 ‘Want so sê die Here van die leërskare: ’n Rukkie nog, ‘n kort tydjie, dan sal Ek die hemel die aarde en die see en die droë grond laat bewe’.
5.1 Daar is die klem op blote letters
Daar word klem op ‘n blote letter gelê, bv Gal. 3:16 – Saad nie Sade nie”.
Gal. 3:16 ‘Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus’.
6.0 Die Wetenskap van die Bybel
Die Wetenskap van die Bybel is volkome korrek, hoewel baie gewilde idees van daardie tyd foutief was: by voorbeeld plat aarde, ens.
6.1 Die getuienis van Christus
Die getuienis van Christus bewys dat die Bybel letterlik geïnspireer is. In Matt. 5:18, lees ons van elke – “jota of titel”. Hier moet ons dink aan bv. die dwars strepie van die “t” of die kolletjie op die “i”. Dit is hierdie soort van ‘detail’ wat vir die Here baie belangrik is. Dus alle dinge wat geskryf is, moet vervul word.
6.2 Die Goddelike van sy menslike
As sommige gedeeltes van die Bybel Goddelik was en ander menslik, hoe sou ons tussen die twee kon onderskei? Dit sou haas onmoontlik wees.
7.0 Skynbare teenstellings in die Bybel
As ons ‘n stelling in die Bybel vind wat skynbaar ‘n ander stelling weerspreek, moet ons bid en die Here vra om dit vir ons duidelik te maak. Dit verg nougesette studie van die Woord. Volgehoue studie verg selfdissipline en laasgenoemde moet aangeleer word. Dit is in hierdie gevalle waar ons werklik die Heilige Gees leer ken as ons Raadsman.
7.1 Twee weergawes van die Bergrede
Matt. 5:1 ‘En toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het Sy dissipels na Hom gekom’.
Lukas 6:17 ‘En Hy het met hulle afgeklim en op ‘n gelyk plek gaan staan’.
Weerspreek hierdie twee skrifgedeeltes mekaar? Het Jesus die rede op die berg of op ‘n gelyk plek gevoer? Watter een is korrek? Die antwoord is eenvoudig: Daar was TWEE predikasies – die een het op die berg plaasgevind en die ander een op ‘n gelyk plek. Die eerste was die dissipels teenwoordig en in die ander geval het Jesus gespreek tot die skare.
Let daarop dat Matthèüs nie by die eerste bergrede, wat in sy Evangelie aangeteken is, teenwoordig was nie. Hy was wel teenwoordig toe die rede op die gelykte herhaal is. Dit word duidelik wanneer ons die volgende skrifgedeeltes bestudeer:
Matt. 9:9 “En toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy ‘n man met die naam van Matteüs by die tolhuis sit; en Hy sê vir hom: ‘Volg My’. En hy het opgestaan en Hom gevolg”,
7.2 Paulus se skynbare fout
Kon Paulus ‘n moontlike fout in 1 Korinthiërs gemaak het?
Num.25:9 ‘En die wat deur die plaag gesterf het, was vier-en-twintig duisend’.
1 Kor. 10:8 ‘En laat ons nie hoereer soos sommige van hulle gehoereer het nie, en daar het op een dag drie en twintigduisend geval’.
Daar is geen teenstelling hier te bespeur nie. In Numeri word die som van die wie gesterf het, aangegee, maar die Apostel Paulus het onder goddelike inspirasie geskryf dat 23,000 op een dag gesterf het. Die ander duisend het op ‘n ander dag gesterf.
7.3 Matthèüs se skynbare fout
Matt. 27:9 “Toe is vervul wat gespreek is deur Jeremia, die profeet, toe hy gesê het: En hulle het die dertig silwerstukke geneem, die prys van die gewaardeerde wat hulle gewaardeer het vanweë die kinders van Israel”.
Sagaria 11:12 “Daarop sê ek vir hulle: As dit goed is in julle oë, gee dan my loon; en so nie, laat dit dan staan. Toe het hulle my loon afgeweeg: dertig sikkels silwer”.
In die boek van Sagaria lees ons dat Jesus vir dertig silwerstukke verkoop is, terwyl daar niks daarvan in die boek van Jeremia verskyn nie. Daarom meen sommige mense dat Matthèüs hier ‘n fout begaan het. Maar dit moet onthou word dat Matthèüs onder goddelike inspirasie geskryf het en dat Jeremia hierdie woorde gespreek het.
7.4 Dawid tel die mense
11 Sam. 24:9 “En Joab het die getal van die getelde volk aan die koning gegee; en Israel was agthonderdduisend weerbare manne wat die swaard uittrek, en die manne van Juda vyfhonderduisend man”.
I Kron. 21:5 “En Joab het die getal van die volkstelling aan Dawid gegee; en die hele Israel was elfhonderdduisend man wat die swaard uittrek, en Juda vierhonderd-en-sewentigduidend man wat die swaard uittrek.”
Die verklaring vir die skynbare teenstelling wat ons hier vind, is slegs die volgende: Samuel het ons meegedeel dat die weerbare manne wat die swaard uitgetrek het 800,000 getel het, terwyl Kronieke aandui dat die hele Israel 1,100,000 was. Daar was 300,000 manne van Israel en
30,000 van Juda wie blykbaar nie weerbaar was nie (Die verskille tussen die twee stelle syfers).
7.5 Geslagsregister van ons Here
Matt. 1:1-17. Aan Josef (die aardse vader van Jesus) se kant kan die geslagslyn teruggevoer word na Abraham om Christus as die wettige erfgenaam van die troon van Israel aan te toon.
Lukas 3:23-38. Aan Maria (die maagd uit wie Jesus gebore is) se kant kan die geslagslyn teruggevoer word na Adam, om Christus se ware menslikheid te beklemtoon, en om Hom as die beloofde saad van die vrou uit te wys.
Gen. 3:15 ‘En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt’.
7.6 Die Opskrif aan die Kruis
Daar word dikwels van hierdie verse as teenstellend gepraat omdat elkeen se bewoording verskil. Wanneer ons dit egter as ‘n geheel beskou, val die verskille weg.
Matthèüs 27:37 Dit is Jesus die Koning van die Jode
Markus 15:26 Die Koning van die Jode
Lukas 23:38 Hy is die Koning van die Jode
Johannes 19:19 Jesus die Nasarener die Koning van die Jode
Totaal: Hy is Jesus die Nasarener, die Koning van die Jode.
Die opskrif het sonder twyfel volledig op die kruis verskyn, en slegs gedeeltes daarvan is in die
Evangelies aangeteken.
7.7 Die bekering van Saulus
Hoekom sou die gebeurtenis soos beskryf in dieselfde boek dan verskil?
Hand. 9:7 ‘En die manne wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan terwyl hulle wel die stem hoor, maar niemand sien nie”.
Hand. 22:9 ‘En die wat saam met my was, het wel die lig gesien en bang geword, maar die stem van Hom wat met my gespreek het, nie gehoor nie’.
Die verklaring hiervan is dat die manne by Saulus die lig gesien het en die klank van ‘n stem gehoor het, maar vir die manne het die klank van die stem nie verstaanbare woorde bevat nie. Jesus het tot Saulus gespreek en hy was die enigste een wat verstaan het wat gesê is.
8.0 Slot
Enige studie en ondersoek in die Bybel verg inspirasie, selfdissipline, diepe ondersoek, openbaring, verheldering, gebed en die hulp van die Heilige Gees.
Lesing 9
1.0 Inleiding
Wanneer die Bybel bestudeer word, word ons getref deur hoeveel keer getalle ‘n rol speel in die Woord van God. Alle besonderhede aangaande die Skrif is belangrik. Dit is dan ook hier waar syfers en getalle hulle belangrike bydrae maak. Sonder getalle en syfers sal ‘n groot gedeelte van die feite en inligting in die Bybel besonder vaag wees.
2.0 Die belangrikheid van getalle
Elk van die nommers 1-13 het ‘n geestelike mening. Deur hierdie getalle te verdubbel of verdriedubbel, bevestig net sterker die oorspronklike waarheid van hierdie getalle. Daarmee wil daar nie te kenne gegee word dat net hierdie getalle ‘geestelik’ is nie, maar ons sal ons net by hierdie aantal vir die huidige berus. Die betekenis van getalle bly dwarsdeur die Bybel konstant. Wat dit beteken het in Genesis, bly dieselfde tot in Openbaring. Die geestelike betekenis is baie keer verskuil, ja, weggesteek, in vergelyking met ander getalle. Dit is ook interessant dat baie van hierdie getalle te vind is in die tabernakel en dié se toebehore.
Dit word herhaal dat in hierdie lesing word alleenlik die getalle een tot dertien kortliks bespreek.
2.1 Die wysheid van versigtigheid
Ons moet egter versigtig wees om nie ‘n studie van getalle belangriker te ag as wat God dit bedoel het om te wees nie. Sulke optrede sal geheel en al verkeerd wees en enige allesomvattende leerstellings aangaande die berekening van verskillende getalle in die Bybel kan met die grootste agterdog bejeën word. Dit is genoeg om te weet dat God ‘n sekere betekenis en waarde heg aan elke getal wat in die Bybel verskyn. Hierdie wete kan net ons geloof versterk. Verder weet ons dat daar slegs Een Skepper van die Bybel is, en dat die Skrif die produk van Een Outeur is.
3.0 Die syfer EEN
Die getal een is ‘n primêre syfer en al die ander getalle steun op EEN. Al die ander getalle word deur EEN voorafgegaan en geproduseer. Die getal een is God se getal, want God is Een. Sonder Hom kan daar niks bestaan nie. Die getal een staan alleen en is onafhanklik van die ander syfers. God is onafhanklik; maar ons bly afhanklik van Hom. God is die EEN wie ‘n oplossing vir elke probleem het. Sy Woord is aan ons in die EEN en ENIGSTE BOEK, nl. die Bybel gegee.
4.0 Die syfer TWEE
Die getal twee is die getal van verdeling en skeiding. Dit is ook die getal van getuienis. Die
Nommer twee bevestig dat daar ‘n verskil kan wees.
God het die nag van die dag geskei. Daar bestaan ‘n verdeling tussen die gereddes en onbekeerdes. Die menslike ras is in TWEE groepe verdeel. Daar is die eerste Adam wat gefaal het; daar is ‘n tweede Adam wat redding gebring het.
I Kor. 15:45 “So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword;
die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees.
I Kor. 15:46 Die geestelike ewenwel is nie die eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.
I Kor. 15:47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel”.
Daar word dikwels na die syfer TWEE in die Skrif verwys. Die volgende dien as voorbeelde: Ou en Nuwe Testament
Wet en Genade
Die smal en die wye poort
Nou en die breë weg
Kaïn en Abel Ismaël en Isak, Elia en Elisa, ens.
5.0 Die syfer DRIE
Die getal DRIE is die getal van eenheid, goedkeuring en volkomenheid. Dit is ook die getal van Goddelike volmaaktheid en volkome Getuienis.
Daar is die drievoudige beproewing vir die mens, nl:
begeerte van die vlees, begeerte van die oog en grootsheid van die lewe.
Die mens het ook DRIE vyande, nl. die wêreld,
die vlees en die duiwel.
Die mens bestaan uit drie komponente, nl:
liggaam, siel en gees.
Daar is drie wat op aarde getuienis dra, nl: Gees,
water en bloed.
6.0 Die syfer VIER
Die getal VIER is die skeppings getal. Dit gaan voort vanaf drie en is afhanklik van die getal drie. Dit hou ‘n besondere verband met die aarde. Op die vierde dag van die skepping het God al die materiële komponente voltooi.
Daar is vier rigtings: Noord, Oos, Suid en Wes
Daar is vier seisoene: Lente, Somer, Herfs en Winter
Daar is vier soorte grond in die gelykenis van die saaier, nl. die aan die kant van die pad,
die klipperige,
die doringagtige en die goeie grond.
Daar is vier Evangelies wat die lewe van ons Here op aarde weergee. Hulle is: Matthëus, Markus, Lukas en Johannes.
Diere beweeg op vier pote
Lasarus was vir vier dae dood in die graf
Petrus het ‘n laken met vier hoeke sien neerdaal
Paulus Op pad na Rome, gedurende die storm, het gesien hoe hulle vier ankers uitgooi
In Openbaring het vier engele op vier hoeke van die aarde gestaan en het die vier winde van die aarde vasgehou
7.0 Die syfer VYF
Die nommer VYF is kenmerkend van God se genade. Dit is ook die getal van die kruis, versoening en lewe.
Op die vyfde dag is die lewende wesens wat beweeg, waar die waters van wemel, volgens hulle soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soort geskape.
Die pilare van die buite hof van die Tabernakel was vyf elle mate uitmekaar en vyf elle mate hoog.
Die altaar van akasiahout in die tabernakel van Moses was vyf el lank en vyf el breed
Die skuldoffer wat die vyf vorste van die Filistyne aan God moes gee was vyf goue geswelle en vyf goue muise (l Sam. 6:4)
In Jesaja 9:5 word vyf benamings aan ons Here gegee: Wonderbaar,
Raadsman, Sterke God, Ewige Vader en Vredevors.
Jesus neem vyf brode en voed vyfduisend.
In die gelykenis het die een dienskneg vyf talente van sy meester ontvang
Die bad van Betésda het vyf pilaargange gehad Daar was vyf wonde van Jesus aan die kruis. Daar is die vyfvoudige bediening:
Apostels, Profete, Evangeliste, Pastore (herders) en Leraars.
8.0 Die syfer SES
Die getal SES is die getal van die mens. Dit is ook die getal van die dier en is satanies. Dit is hierdie getal wat die mens se onvolkomenheid aan die lig bring.
Die mens is op die sesde dag geskape en vir ses dae van die week was dit van hom verwag om te arbei.
Lea het vir Jakob ses seuns gebaar
Moses was vir ses dae op die berg Sinai toe hy die Tien Gebooie ontvang het
Israel kon vir ses dae van die week manna in die woestyn optel
Die goue kandelaar het ses arms bevat
In II Sam. 21:20 lees ons van die lang man uit Gat wat ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet gehad het Goliat was ses elle mate lank; sy wapenuitrusting het uit ses stukke bestaan; en die punt van sy spies het 600 sikkels yster geweeg.
Nebukadnesar het ‘n beeld van 60 el hoog en ses el breed opgerig.
Ses verskillende musiekinstrumente is bespeel om die tyd van aanbidding van die beeld aan te dui.
Die getal van die mens in Openbaring 13:18 is ses ses ses.
9.0 Die syfer SEWE
Die getal sewe dui op Goddelike volheid, volmaaktheid en volkomenheid. Dit is een van die volkome getalle en is afkomstig van ‘n Hebreeuse woord wat beteken “om vol te wees”; of “om tevrede te wees”. Die nommer sewe word ongeveer 600 keer in die Bybel gebruik.
Jacob het sewe jaar elk vir Lea en Rachel gewerk
Josef moes die droom van Farao aangaande die sewe vet en sewe maer jare verduidelik
In Openbaring lees ons van sewe gemeentes, sewe kandelaars,
sewe sterre, sewe basuine, sewe oordele, sewe seëls, sewe engele, sewe skale, en
sewe nuwe dinge.
Daar is sewe “beter dinge” in Hebreërs. Daar was sewe gesegdes aan die kruis. God het op die sewende dag gerus.
Ons moet 70 maal 7 keer vergewe.
10.0 Die Syfer AGT
Die getal agt is die getal van die wederopstanding.
Die woorde “en hy het gesterf” kom agt keer in Genesis 5 voor.
Op die agtste dag was daar ‘n nuwe begin. (Die eerste dag van die week was ‘n opstandingsdag.)
Agt mense is uit die sondvloed gered.
‘n Israelitiese seun is op die agtste dag besny.
Dawid is die agtste seun van Isai, terwyl Salomo die agtste seun van Dawid was. Die skrywers van die Nuwe Testament was agt persone:
Matthëus, Markus, Lukas, Johannes, Paulus, Jakobus, Petrus en Judas. In musiek bestaan ‘n oktaaf uit agt note.
Die numeriese waarde van “Jesus” is 888
Die getal NEGE is die getal van oordeel en finaliteit.
Jesus is nege uur in die oggend aan die kruis vasgespyker en het op die negende uur van die dag gesterf.
3 X 3 = 9
Dit neem ‘n vrou nege maande om haar baba te baar.
Ons lees in Galasiërs 5 : 22 en 23 van die nege vrugte van die Gees. Vers 22 “Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, en selfbeheersing.
Galasiërs 5 : 23 “Teen sulke dinge is die wet nie.Die gedeelte spreek ook van finaliteit, omdat niks meer ontbreek nie”.
Net so is daar die nege gawes van die Gees, soos aangeteken in I Kor. 12 : 8-10.
I Kor. 12:8 “Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;
I Kor. 12:9 aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;
I Kor. 12:10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale”.
12.0 Die syfer TIEN
Die getal TIEN is nog een van die volkome getalle. Dit spreek van volmaaktheid in die goddelike orde, menslike verantwoordelikheid en herstel.
Die menslike liggaam het vyf vingers aan elke hand en tien altesame. Die tien tone spreek van menslike verantwoordelikheid in goddelike wandeling.
In die Tien Gebooie sien ons die volledigheid van God se aanspraak. Die volledigheid van God se oordeel word in die Tien plae gesien.
Die mens se verantwoordelikheid in rentmeesterskap is om een tiende aan God te gee.
13.0 Die syfer ELF
Die getal ELF is die getal van wanorde en dit wat nie volkome is nie. Dit is een meer as tien tog een minder as twaalf.
In Matt. 20:6 sien ons dat dit was gedurende die elfde uur dat die manne ledig gestaan het en nie gewerk het nie
Elf spreek van die wanorde net voor die middernagtelike uur.
Toe Judas vir Jesus verloën het, was daar slegs elf dissipels oor, en dit spreek van onvolkomenheid.
14.0 Die syfer TWAALF
Die getal TWAALF spreek van volmaakte regerings bestuur. Die Here het twaalf dissipels gekies.
Daar was twaalf stamme van Israel.
Daar was twaalf toonbrode
Die muur van die Nuwe Jerusalem het twaalf fondamente. Die stad het twaalf pêrel poorte
Die boom van die lewe dra twaalf vrugte vir elke maand van die jaar. Die blare van hierdie boom is tot genesing van die nasies.
15.0 Die syfer DERTIEN
Dit is die getal van rebellie, om terug te val en geloofsversaking (apostacy)
Nimrod, die rebel, was van die dertiende geslag na Adam. Ismael was dertien toe hy besny is.
In die boek Ester was dit op die dertiende dag van die twaalfde maand dat die vyande van die
Jode verslaan was.
Ephraim was die dertiende stam
Lesing 10
1.0 Inleiding
Alhoewel die leerstelling van Dispensasie in kerk kringe bevorder word kom die woord dispensasie gladnie in die Bybel voor nie. En die afleidings daaroor is vir ons dus twyfelagtig. Des nie teenstaande gee ons vir volledigheids onthalwe ‘n opsomming van die belangrikstes. Ons wil net graag studente daarvan bewus maak dat hulle dus die dispensasie lering nie as onbetwisbare aanvaarbare Bybelse waarheid erken of daaroor twis nie.
‘n Dispensasie is ‘n tydperk waartydens God op ‘n besondere wyse met die mens se sonde en sy verantwoordelikheid ten opsigte van sonde handel.
1.1 Die betekenis van die Woord
In die NT word die woord op twee maniere aangewend. Dit verwys na gesag in die konteks van skikking of gesag in die konteks van rentmeesterskap of administrasie. Een van die Afrikaanse woordeboeke verklaar die woord “dispensasie” as “bedelings tydperk of era beskikking”. Dit beteken verder ook die vrystelling of ontheffing of opskorting van ‘n reël, asook rentmeesterskap.
I Kor. 9 : 17 “Want as ek dit vrywillig doen, het ek loon maar as ek dit onwillig doen, is
‘n rentmeesterskap aan my toevertrou”.
Dispensations could refer to the law or arrangement of a house. It means ‘stewardship, office or commission, words which involve the idea of administration’ (Nave’s bld 237). In Efesiërs 1:10 verwys dit na God se saligheids plan.
Efes. 1:10 “Om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge
wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig”.
1.2 Die toets van gehoorsaamheid
Gedurende ‘n dispensasie word die gehoorsaamheid van die mens getoets aan ‘n besondere openbaring van die wil van God.
2.0 Die verskillende dispensasies
As ons die Verdrukking as ‘n afsonderlike dispensasie beskou, is daar sewe dispensasies in die Bybel waarna verwys kan word. In hierdie studie oorweeg ons al sewe die dispensasies. Daar is diegene wie die Verdrukking sou beskou as ‘n dispensasie, en hierdie mense mag dan nie saamstem met die verdeling wat gaan volg nie. Dit is hulle voorreg om te verskil maar geen polemiek sal deur ons hieroor bedryf word nie.
2.1 Dispensasie van ONSKULD
2.1.1 Tydperk:
Die aantal jare is nie bekend nie. Dit het by die skepping van die mens begin en het met die sondeval geëindig. Verwys in die Woord van God na Gen. 1 : 26 tot Gen. 2 : 23.
2.1.2 Die mens se verantwoordelikheid
Die mens moes kies of hy in die Woord van God wil glo, of in die weë van Satan wou wandel.
2.1.3 Die gevolge van die mens se keuse
Die mens het misluk en moes die gevolge daarvan dra. Die mens het gekies om vir satan eerder as God te glo. As gevolg van hierdie besluit het die oordele van God oor die mensdom, die aarde en satan gekom. Die noodsaaklikheid van ‘n Verlosser is besef en die belofte van ‘n Verlosser word geskenk.
2.2 Dispensasie van GEWETE
2.2.1 Tydperk
Hierdie tydperk het van die sondeval tot die sondvloed geduur. Dit was ‘n periode van 1656 jaar. Verwys na Genesis 3-7.
2.2.2 Die verantwoordelikheid
Die mens het nog steeds ‘n verantwoordelikheid gehad. Hy moes kies tussen kwaad en goed. Ongelukkig was die keuse om te volhard in die kwaad.
2.2.3 Die gevolge
Die mens misluk en moes die gevolge daarvan dra. Daar word baie gesondig en goddeloosheid neem toe. Die oordeel van God in die vorm van ‘n watervloed volg.
Tog sien ons hier duidelik die werking van God se genade. Hy laat toe dat agt mense gered word om sodoende ‘n nuwe dispensasie te begin.
2.3 Dispensasie van ‘n MENSLIKE REGERING
2.3.1 Die Tydperk
Hierdie bedeling begin met die sondvloed en eindig met die bou van die toring van Babel. God het neergedaal en deur hulle verskillende tale te gee, letterlik ‘n Babelse verwarring veroorsaak. Hierdie periode duur 427 jaar.
2.3.2 Die verantwoordelikheid
Aan Noag is die verantwoordelikheid gegee om namens God te regeer. Alhoewel hy ‘n regverdige man was, kon Noag tenspyte van goddelike waarskuwings en die Sondvloed nie die mensdom keer om sy sondige weë te volg nie.
2.3.3 Die gevolge
Noag het bewys dat die mens onmagtig is om homself, en daarby ook om ander te regeer. Die bou van die Toring van Babel was ‘n beplande politieke en godsdienstige opstand teen God. Die gevolg was, die mislukking van die mens om sy planne ten uitvoering te bring, die verwarring van tale en die verstrooiing van die mens oor die aarde.
2.4 Dispensasie van BELOFTE
2.4.1 Die Tydperk
Hierdie tydperk strek oor die periode vanaf die roeping van Abraham uit Ur van die Chaldeërs tot en met die uittog van die 3,000 000 Israeliete, onder leiding van Moses, uit Egipte. Hierdie tydperk duur vir 430 jaar. Verwys na Gen. 11: 10 tot 15: 21.
2.4.2 Die mens se verantwoordelikheid
Abraham moes in die land wat God aan hom gegee het, vertoef het. Wat ookal jou omstandighede is, moet nie van ‘n goeie idee gebruik om jou optredes te regverdig nie. Bly waar jy is, wees stil en aanskou dan die grootheid van God. In gehoorsaamheid aan die Woord van God lê jou heil. Dit was ‘n verkeerde stap van Abram om na Egipte te gaan. Egipte is ‘n tipe van die wêreld. Die kind van die Here moet homself nie maklik daar bevind nie.
2.4.3 Die mislukking van die mens.
Abraham trek God se woord in twyfel en gaan na Egipte om voedsel te vir sy mense te kry. Deur sy optrede gee hy die aanduiding dat in tye van nood daar na Egipte gevlug moet word. Dit het dan ook later daartoe gelei dat die hele huis van Jakob na Egipte afgetrek het. Die gevolg was slawerny in Egipte is sonde en afgodery.
Ten spyte van dit alles sien ons nog steeds God se groot genade in werking. Dit lei tot die bewaring van Israel gedurende die tydperk van hulle slawerny en die wonderbaarlike verlossing van ‘n volk met die Exodus uit Egipte.
2.5 Dispensasie van die WET
2.5.1 | Die tydperk Hierdie bedeling het vanaf die tyd by die berg Sinai tot met Jesus se dood aan | |
die kruis op Golgota geduur. Dit was in ander woorde vanaf die uittog (Eksodus) | ||
tot die kruisdood van Christus. Hierdie periode duur 1491 jaar. | ||
2.5.2 | Die verantwoordelikheid: | |
God het met die leiding van Sy kneg Moses, aan Israel die taak opgelê om die | ||
wet te onderhou en te bewaar. Dit het ingesluit die Tien Gebooie, maatskaplike | ||
en burgerlike wette. Die Wet het volmaaktheid vereis. | ||
Psalm 19:8 “Die wet van die Here is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die Here is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige”. | ||
2.5.3 | Die mislukking van die mens | |
Niemand kon nie die wet onderhou nie. Die enigste Een wat wel die wet kon onderhou en bewaar is deur Jode gekruisig. Die Jode was so verblind in hulle slaafse navolging van die wet dat hulle nie eers kon sien dat die groot belofte van God, nl. die Messias in hulle midde was nie. Nie net alleen het Hy die Wet volmaak onderhou nie, maar het Hy ook gesterf vir die oortreding van die Wet. Christus het gely sodat ons dit gespaar kon word. | ||
Lesing 1 – 10 | Blds 52 van 54 |
2.6 Dispensasie van GENADE (Heilige Gees en Kerk dispensasie)
2.6.1 Die tydperk
Hierdie periode sal strek vanaf die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag tot en met die wederkoms van Christus. Laasgenoemde het nog nie plaasgevind nie, dus het hierdie dispensasie nog nie tot ‘n einde gekom nie.
2.6.2 Die mens se verantwoordelikheid
Die mens moet in die Here as sy Verlosser en Redder glo. Die Evangelie van Jesus Christus moet gehoorsaam word. Al wat die mens dus moet doen is om na Jesus te kom en sodoende lewe in oorvloed deelagtig te wees.
2.6.3 Die mislukking van die mens en die gevolge daarvan
Ongelukkig het die mens net homself, geld en plesier lief en word Jesus Christus verwerp. Die gevolg is dat God hul oorgee tot ongeloof en ewige oordeel.
2.7 Die dispensasie van die KONINKRYK
2.7.1 Die tydperk
Hierdie tydperk duur vanaf Christus se terugkeer na die aarde tot en met die Groot Wit
Troon oordeel. Dit sal duur vir eenduisend jaar.
2.7.2 Die mens se verantwoordelikheid
Die mens moet die Koning gehoorsaam, hom aan Jesus onderwerp en Hom aanbid.
2.7.3 Die mislukking van die mens en die gevolge daarvan
Gedurende hierdie tydperk sal baie van die mens gehoorsaamheid veins (huigel of valslik laat blyk). Aan die einde van hierdie periode, wanneer hy weereens ‘n keuse gebied gaan word, sal hy nog satan bly volg! Dit is ‘n konsep wat die regverdiges nooit sal kan verstaan nie, maar tog sal dit nog gebeur.
Die gevolg is ‘n ewigheid in die hel met sy algehele en aanhoudende pyniging deur vuur.
3.0 Krisisse volg op elke dispensasie
Vanuit die voorafgaande sien ons dat elke dispensasie het of sal op ‘n wêreld krisis uitloop. Die volgende tabel dien as verduideliking:
Dispensasie Gevolg
Onskuld: Uitdrywing van die mens uit die Tuin van Eden
Gewete: Die sondvloed
Menslike Regering: Babelse verwarring
Belofte: Slawerny van die uitverkore volk
Wet: Die kruis van Christus Genade: Die wegraping van die Kerk (Verdrukking): Satan se binding
Koninkryk: Vuur van die hemel
4.0 God het met elke Dispensasie neergedaal Die volgende tabel bevestig dit kortliks: Dispensasie Die optrede van God
Onskuld: God het na die tuin afgegaan
Gewete: God praat met Noag
Menslike Regering: God sê, :Laat ons neerdaal”
Belofte: “Ek het neergedaal” (brandende bos) Wet: Vleeswording van Christus
Genade: Die Here sal neerdaal (Verdrukking): Koms na die aarde Koninkryk: Steeds op aarde
5.0 Die belangrikheid van Dispensasies
5.1 Die verdeling
Dispensasies is van die grootste belang met die verdeling van die Woord van God. Feite en kulture van een dispensasie het nie noodwendig betrekking op die huidige of ander dispensasies nie. Stellings moet in konteks hanteer en gemaak word. Met die grootste omsigtigheid moet feite toegepas word. ‘n Waarheid uit die verlede mag nie summier as vanselfsprekend in die teenswoordige van toepassing gemaak word nie. Ja, al sou dit herhaaldelik bevestig kan word of dat die geskiedenis homself herhaal of weer kan herhaal.
5.2 Die wysheid van korrekte aanwending
‘n Stelling wat tot ‘n toekomstige dispensasie behoort mag of mag nie huidig van toepassing wees nie. Die bron mag die profesie van ‘n erkende profeet of selfs die Woord van die Here wees. Byvoorbeeld, Die 144,000 waarna verwys word in die boek Openbaring behoort tot die tydperk van die verdrukking en nie tot die Kerklike tydperk nie. Die Jehovas Getuies sekte wend dit so aan.
5.3 Waak en Bid
Die is vir hierdie rede dat die studie van ‘n vak soos Eskatologie (die leer van laaste dinge, omtrent die einde van wêreld, die wederkoms van Christus en die opstanding van die dooies) maklik daartoe kan lei dat wilde afleidings en selfs stellings deur beide teoloë en leke gemaak word. Ons moet waak en bid en sorg dat die Woord van God reg gesny word.
6.0 Slot
Dus is Dispensasionisme die teorie van God se optrede met die mens en waar sekere gebeurtenisse in spesifieke periodes verdeel kan word. Dit is die planne of strategieë van God met die wêreld. Dit kan dan ook verwys na ‘n stadium van God se onderhandelinge met sy skepsels.
NEEM DIE TOETSE